Onafhanklikheidsdag – is die mensdom werklik vry?

Maart 20, 2014

ImageEk wonder soms hoeveel mense nog ag slaan op die viering van hulle land se Onafhanklikheidswording? Hiermee bedoel ek nie die skiet van “crackers” en “fireworks”, die drink van groot hoeveelhede watookal, die dik etery aan braaivleis en bredies, nie. Ek bedoel: Hoeveel mense sit nog en dink waaroor dit alles werklik gaan?

Ek meen dat die doel van ‘n propperse feesviering juis dit is: om terug te kyk na waar mense was, na wat alles gebeur het en na hoe dinge uiteindelik uitgedraai het (beter natuurlik, anders was daar geen fees nie), én om in die lig hiervan natuurlik ‘n oog te gooi na die toekoms (met die hoop dat dit nog beter sal gaan). Nou staan my vraag steeds: Hoeveel mense staan ‘n paar oomblikke af aan hierdie gedagtegang?

Ek kyk nou die dag weer na die Amerikaanse fliek Independence Day. Die plot van die film is natuurlik nie iets unieks nie: “Aliens” val die aarde aan, opsoek na grondstowwe en ander minerale. Die nasies van die aarde – natuurlik onder leiding van die VSA, hoe dan nou anders? – staan saam en veg teen hierdie bedreiging uit die ruimte. Enkele minute voor duisende vegvliegtuie die lug in opstyg, lewer die Amerikaanse president – hoe dan anders? – self ‘n vegvliegtuigpiloot – hoe dan anders? – die volgende toespraak: 

“Good morning. In less than an hour, aircraft from here will join others from around the world. And you will be launching the largest aerial battle in the history of mankind. “Mankind.” That word should have new meaning for all of us today. We can’t be consumed by our petty differences anymore. We will be united in our common interests. Perhaps it’s fate that today is the Fourth of July, and you will once again be fighting for our freedom…  We are fighting for our right to live. To exist. And should we win the day, the Fourth of July will no longer be known as an American holiday, but as the day the world declared in one voice: “We will not go quietly into the night!” We’re going to live on! We’re going to survive! Today we celebrate our Independence Day!”

Hierdie woorde raak ‘n snaar in elkeen van ons se harte – veral ons hier in Suider Afrika. Die meeste van ons het ‘n stryd om onafhanklikheid beleef en ook ‘n onafhanklikheidswording. Ons het ervaar hoe ander feesvier en vreugdevol dans in die strate. Sommige van ons het self ook ywerig aan hierdie feesvieringe deelgeneem. Die vreugde en blydskap het gekom as gevolg van die bevryding uit jarelange onderdrukking en ongeregtigheid op vele terreine. Ja, apartheid het selfs blankes onderdruk en daarvan weerhou om ten volle mens te wees.

Op 21 Maart vier ons die onafhanklikheidswording van Namibië. Dié dag het plaasgevind in 1990. Hierdie jaar staan sommige van ons stil en dink aan wat was – ongeregtigheid, onderdrukking, vervolging, onteiening, die skending van menseregte, die vertrapping van menswaardigheid (dié van die slagoffers sowel as dié van die oortreders). Ons sal ook dink aan diegene wat moes prysgee, én aan wat hulle prysgegee het, in hulle stryd teen hierdie onreg. Ons sal dink aan hoe dinge nou, na 24 jaar, is in vergeleke met toé en ons sal ‘n oog gooi na die toekoms en droom oor hoe dinge nog kan wees.

Onafhanklikheid herrinner ons dat die stryd teen onreg en verdrukking, teen ongelykheid en diskriminasie nog lank nie verby is nie. Daar is steeds “outcasts”, steeds diegene wat ander uitbuit tot hulle eie voordeel, steeds plakkershutte, hongeres, armes en diegene wat geen heenkome het nie. Daar is steeds vroue-wat-hulle-plek-moet-ken, kinders wat mishandel word, mans wat sukkel om werk te kry, jongmense wat swak opvoeding en onderrig ontvang. Daar is steeds “weirdo’s” en LBGT’s wat skewe kyke ontvang en beskinder word agter langmou hemde. Daar is steeds één-waarheid-en-dis-myne gelowiges, konserwatief én liberaal. Daar is steeds slawerny en mensehandel, die verkragting van die aarde en die vermorsing van natuurlike hulpbronne. Daar is steeds verslawing en die verbruikerskultuur…

Die viering van onafhanklikheid bring ons daartoe om die realiteit in die oë te staar: ons is nog lank nie onafhanklik nie! Dis alles ‘n illusie, ‘n drogbeeld, ‘n leuen. Ons is vasgevang in die sleurgang van die mensdom se geskiedenis; ons maak oor en oor dieselfde foute. Ons verloor herhaaldelik die droom en raak die pad kort-kort byster.

Jesaja, en ook van die ander profete, praat en sing en demonstreer hoe die mensdom lyk, hulle hou ‘n spieël voor ons op: vuil, kaalgat, verlore, selfgerig en eiesinnig, dikpens geëet en draaikop gedrink, in die modder van die put wat ons self gegrawe het. Ons is die slawe van ons eie onvermoë om hoër te kyk, hoër te streef en om ‘n hoër bewussyn te ontwikkel. Daar is iets beter as dít, as hierdie plek en tyd. Hulle skets ‘n woord-prent van hoe dinge kan wees: water in woestynland, bome en wingerde wat buig onder vrugte, lande ruig van koring en gars, spiese en swaarde word ploeë en sekels, lammers en leeus wat saam in die koelte rus, bere, wolwe en beeste wat ‘n kraal deel, kinders en slange wat mekaar kielie en streel, mense wat partytjie hou in die lanings langs die fonteine… 

Ons kan onafhanklik wees!

Ons kan vry wees van oorloë, hongersnood en armoede. Vry van diskriminasie en onreg, van kompiterende gelowe en gemeenskappe, van homofobie en haat, van neersien op ander en op onsself, van luukse huise en plakkerhutte, van onderdrukking op grond van taal, kleur, geslag of seksuele oriëntasie. Ons kan vry wees om lief te hê, alles en almal. Ons kan vry wees om waarlik één te wees en ook divers! Sonder wapens en asblikke vol kos, sonder skewe kyke en selfvoldane beter-weterigheid, sonder oorvol tronke en leë magies, sonder dood-ryp-in-die-winter en kaalvoet in die skool, sonder dronk pa’s en huilende ma’s, sonder fok-off en voetsek, sonder….

As ons wil…

Ons ís hier, en ons mag hier wees. Die mensdom het soveel potensiaal; ten goede én ten slegte. Volgens die geskiedenis kies ons al ewig die slegte. Tog is daar deur die eeue telkens flikkeringe van hoop. ‘n Lig wat skyn in die duisternis. ‘n Lig van aanvaarding en vrede en saamstaan ter wille van die mensdom self. Ter wille van mense, individue. Ter wille van omgee en solidariteit.
Oomblikke van onafhanklikheid! Oomblikke waarin mense nie afhanklik is van hulle selfgerigtheid en ego nie. Oomblikke waarin die eie belang plek maak vir die behoeftes en gevoelens van die ander. Oomblikke waarin ooreenkomste belangriker is as verskille. oomblikke waarin jy en julle, ons en hulle saamsmelt in die eenheid en diversiteit van slegs ons. Oomblikke van onafhanklikheid…

Die profete gesels hiervan, ja. Jesus van Nasaret se woorde en stories skets die prentjie van sulke oomblikke van onafhanklikheid; Sy lewe wys hoe dit in praktyk lyk. Sy dood is ‘n voorbeeld van onbevange onafhanklikheid! 

Die mensdom het nog ver om te gaan, maar dit alles kan by jou begin – en by my. Vry van ander se sienings en kommentaar, menings en oortuigings; los van my selfgerigtheid en eie belang kan ek. Kan ons. As ons wil…

 

My skok oor Belhar en eenwording!

Oktober 8, 2013

Image Ek was nog altyd ‘n ietwat impulsiewe mens, veral wanneer dit by sake kom wat my na aan die hart lê. Belhar en die eenheid van die NGK-familie is een so ‘n saak. Dit veroorsaak dat ek soms te vinnig praat en dinge kwytraak. Soos vandag weer…

Hier is wat ek vanoggend kwytgeraak het: https://www.facebook.com/NGKerk.Nam/posts/645130532187106. Ek het goed bedoel, maar na die tyd besef dat die ding te kripties is en dat dit moontlik hewig kritiek gaan uitlok. Dus skryf ek nou maar iets in ‘n poging om te verduidelik wat ek bedoel het.

Die NGK Verre-noord is geleë in die verre noorde van Namibië, noord van Etosha en tot teen die Angolese grens. Van Oshivello in die ooste tot Ruacana in die weste. Die wat destyds diens gedoen het in die SAW, het heel waarskynlik iewers hier ‘n draai gemaak in die ou Sektor 10, tydens die Grensoorlog 1966-1989. Die pastorie is geleë in Oshakati. 

Die gemeente besit geen kerkgebou nie. In Ondangwa hou ons tans diens is of ‘n skoll se klaskamer of in die begrafnisondernemer se winkel. In Ruacana kuier ons onder ‘n boom rondom ‘n vuur of sommer in die sitkamer van die Basingthwaites, onder die aircon! In Oshakati gebruik ons ‘n leë stoor wat Nexus, ‘n konstruksie maatskappy, vir ons leen. Ons het eintlik geen permanente plek van aanbidding nie, en in die verlede moes ons dikwels van een na die ander plek skuif.

In 1978 rig die gemeente ‘n kerk op vir die destydse NGKA hier in Oshakati. Later sou hulle ook op Onuno en Opuwo kerke oprig vir die NGKA, maar dit daar gelaat.
Vandag staan hierdie kerkgebou en agteruitgaan van verwaarlosing. Nie aspris nie, mind you. Daar is nie ‘n voltydse VGK predikant in die noorde nie, die een wat wel hier en daar iets doen is al lankal afgetree en op hoë ouderdom. Dus is die gemeente op Oshakati maar klein, te klein om genoegsaam geld in te vorder om die kerkgebou te onderhou. Dus, hulle het ‘n gebou maar geen predikant en ons, die NGK, het ‘n predikant maar geen gebou nie.

Ons besluit om hulle ‘n aanbod te maak vir die kerkgebou. Ons het immers historiese bande met die gebou en die gemeente, ons is in staat om dit te onderhou en hulle kan gratis daarvan gebruik maak.

Ons maak ‘n afspraak met die (afgetrede) predikant en sy kerkraad. Ds. Attie du Plessis, onlangs verkies as aktuarius van die VGK in Namibië sluit by ons aan. Ons gaan vir ontbyt na die plaaslike gastehuis en raak aan die gesels. 

Ek gaan nie die hele gesprek weergee nie, agv tyd en spasie maar… Gedurende die gesprek besef ek die volgende: a) Die NGK se goeie bedoelings is nie altyd so edel nie. Ons kan onsself maklik die rat voor die oë draai met ons ‘goeie bedoelings’. Ons sou in die proses van die verkryging van die eiendom, ander vervreem van hulle s’n. En dit net omdat hulle ekonomies in ‘n swakker posisie is. Dan is hulle dobberend en in dieselfde posisie as waarin ons onsself tans bevind. En dit kan nie evangelies reg wees nie! b) Die rede hoekom ons nie dink aan die eenwording van die twee gemeentes nie is as volg: 1) alhoewel ons eredienste en gemeente aktiwiteite veelrassig is, ‘behoort’ die NGK steeds aan witmense en nie aan God nie.   2) Daar is steeds ‘n gevoel van wantroue tussen die VGK en die NGK. Hulle wonder oor ons motiewe (julle wil alles oorneem en beheer en dan kyk ons weer in die boere se oë!) en ons is bang hulle loop ons in indien ons die plek huur en regmaak vir gebruik. Ds. Attie kon nie glo toe ek aan hom vertel dat my gemeente sukkel om my te betaal nie – ek het op daardie stadium maande laas ‘n volle salris ontvang. Dat die aanbod wat ons wil maak slegs moontlik is omdat ‘n besigheidsman bereid is om dit te finansier. Hierdie wantroue kan tog nie evangelies wees nie! Ongeag van die geskiedenis tussen die partye is dit ‘n klad op die christendom se naam. c) Beide partye het nodig om sekere paradigmaskuiwe te maak tov sy siening van die ander. Alle boere is nie dieselfde nie, net so min as wat alle Wambo’s of Basters of Kleurlinge dieselfde is. d) Dis ‘n veel moeiliker gedaan as gepraat om van kleur ontslae te raak. Ons kan sê net wat ons wil! Ds. Attie vertel vir my hoe hy onlangs ‘n vergadering of konfrensie vir NGK predikante bygewoon het en niemand het oor ete met hom gesels nie. Hy het alleen gesit. Geen NGK gemeente het hom al ooit gevra om by hulle te kom preek nie. Nog nooit! En geen VGK gemeente het my al ooit genooi om by hulle te kom preek nie. Selfs nie die een op Oshakati wat nie ‘n prediker het nie! Watse broederskap is dit? 

Nou hoekom gesels ons oor Belhar, as ons hierdie basies dinge nie regkry nie? Is dit nou ‘n nuwe wet wat ons aan lidmate wil kom voorhou? Het wette al ooit harte verander? Gesindhede reg gestel? Lewens in lyn gebring met die Evangelie?

Ons gesels oor Belhar, omdat Belhar juis nie ‘n nuwe wet is nie. Ons gesels oor Belhar omrede dit gebore is in die vuur van ongeregtigheid, onenigheid, on-eenheid, disharmonie en ongelykheid. Ons gesels oor Belhar omdat dit teenoor ons getuig van en ons uitnooi en oproep tot eenheid, rekonsiliasie, gelykheid en geregtigheid. En hierdie ons is nie slegs die NGK nie. Nee! Dis ook die VGK, die NGKA en die RCA. Ons almal oortree op een of meer van die bogenoemde punte, maar ons almal behoort aan God en daarom praat Hy met ons, ook deur die belydenis van Belhar. En dit is sy Woord.

Ek dink Ds Attie het ook iets van die bogenoemde besef – ek glo so. Daarom dat toe ons aan mekaar die volgende vraag stel: “Is jy oortuig dat die NGK/VGK werklik eenheid soek?”, ons beide negatief geantwoord het.

Ek glo egter dit was vir beide van ons ‘n voorlopige antwoord en dat ons miskien sou wou sê: “Nog nie.” Hopelik aanvaar die NGK die belydenis van Belhar as belydenisskrif. Hopelik luister ons almal dan opnuut na die waarheid wat daarbinne vervat is en antwoord ons dan positief op die uitnodiging van eenheid, rekonsiliasie en geregtigheid, sodat ‘n nuwe werklikheid kan aanbreek binne die gemeenskappe waarin ons leef.

 

*Hoewel ek nog altyd positief was oor Belhar, het ek dit altyd gesien as teen en vir die NGK en nie vir die familie nie. Nou sien ek dit nie meer so nie en is die lig skielik meer helder!

 

Maak reg dié kak, is my credo.

April 17, 2013

ImageEk is getroud met een van die oulikste vroue in die wêreld.

Sy is kort, het ‘n vinnige humeur en ‘n selfs vinniger hart vir liefde, omgee en vriendskap. Sy kan almal laat welkom voel, ryk en arm, baie praters en min praters, leke en akademici, heiden of gelowig… Sy het eenvoudig die ‘knack’ om mense te laat welkom, tuis, gemaklik en aanvaar te laat voel. Ongeag wie, wat, waar en wanneer. Haar geheim, so het ek agter gekom, is om eenvoudig te wees. Nee, nie ‘common’ nie. Eenvoudig soos in eenvoud. Sy praat eenvoudig, sonder fênsie woorde en leestekens. Sy tree eenvoudig op, sonder pretensies en voorgee. Sy is wie sy is, soos sy dit is. En so hanteer sy mense ook, eenvoudig en sonder voorrang, met genade, vreugde en vrede.

Sy hou my op die aarde. Veral as dit by praat kom. Soos in woorde praat. Ek praat predikanttaans en nie rég nie, meen sy. Daarom sal sy my gedurig herinner om reg te praat, met die regte stemtoon en die regte woorde. Nie soos ‘n dominee met ‘n sekere stemtoon (wat dit ookal mag wees) en hogere woorde nie. Jy’s net ‘n mens, wees een!, seg sy gedurig.

So was dit aan die begin van ons bymekaarkom. Vandag gebeur dit al minder, maar tog wanneer nodig. Ek like dit van haar. Ek haat ook predikantaans, of kanseltaal of wat-jy-dit-ook-al-wil-noem. Ek hou van mense wat eerlik en reguit hulle sê kan sê. “Sê wat jy bedoel en bedoel wat jy sê”. 

Nou vir die storie:

Gister maak ek die volgende opmerking op my FB muur: “Die ironie met die bomontploffings in Amerika is darem te skreiend om te mis: Daar word gevra: hoe kan so iets met ons gebeur, dis vreeslik!; terwyl Amerika byna daagliks ander mense met bomme bestook – in verre lande en dmv afstandbeheer – en talle onskuldiges se dood veroorsaak…
Violence begets violence…”

‘n Paar mense like dit en een of twee ander los kommentaar. 

Neef Dirk stuur gisteraand vir my ‘n boodskap. Dit lees: “Broer, lyk my jy het behoorlik die wapenrusting aan, vandag.

Fok, Ou. Ek is GATVOL vir die kak wat vir ons gevoer word. Die hele dikbril dogtertjie, wat eintlik ‘n seuntjie is, is so ‘n sprekende voorbeeld daarvan.

En die bliksemse onskuld van die wereld se westerse regerings, waarin,almal glo, maak my nog befokter! Ek kan gil!

Die blerrie Amerikaners moet ophou bid en iets doen. Ons is die liggaam van Christus, wat die kak moet doen. Self regmaak. Self. Jou vinger krap jou poephol as hy jeuk. Bid dat dit saggies moet weggaan of krap hom en kyk wat meer effektief is.

Die Messias reken, gaan kuier vir die ou in die tronk. Nie bid vir hom nie.

Maak reg dié kak, is my credo.”

Neef Dirk is een van daardie mense wat die waarheid só raak kan vat. So presies soos wat dit bedoel is. Sonder tierlantyntjies. So mooi in die eenvoud daarvan. Ek ken ook ‘n ander Neef wat die waarheid so kan raakvat. Jesus.

Ek sit vanoggend en lees deur Sy storieboek. Ek probeer preekmaak vir Sondag. Dit kan soms ‘n proses wees want die stories in hierdie boek kan soms die waarheid diep wegsteek en dus moet jy soek en krap en grawe. Maar nie altyd nie…

In die versameling stories wat ene Matteus geskryf het oor die lewe van die Ander Neef, kry jy ‘n paar versies wat presies dieselfde sê as Neef Dirk: Moenie net bid nie – doen! (Matt. 7:7-12).

Daar is talle mense wat nou vra dat ons moet bid vir die slagoffers van die Boston-bom. Ek trek ‘n gesig en trek my skouers op: Dis soos om aan tafel te sit en te bid: ‘Heer wees met/ dink aan die minder bevoorregtes’, en dan val ons weg en eet en drink en kuier lekker. Geen meer gedagtes van minderbevoorregtes en stink, vuil kinders onder brue nie. Daar is geen fout met die wegval en eet en drink en lekker kuier nie, maar wat sal dit van jou en my wegvat as ons so nou en dan na die gebed, opstaan, die kos vat en vir iemand anders gaan gee? Dat hulle pense kan vol kom en ons s’n leegbly? Of wat sal gebeur as ek die kos in die bakke, in die kar laai, die borde, eetgerei, wynglase en die wyn saamvat en saam met die mindervoorregtes gaan feesvier. Lekker skaapboud, patats, rys, gravy-sous, en kraakvars-groente? En malva-poeding en baie custard?

Moenie net bid nie – doen!

“Maak reg dié kak, is my credo” – Neef Dirk.

Myne ook! Wat is joune?

 

* Die foto is van ‘n brons beeld deur die beeldhouer Timothy Schmalz. Die beeld staan voor die Regis College in Toronto, Kanada. Dit is die “Homeless Jesus”. Twee katedrale het geweier om die beeld naby die kerke te laat aanbring. Dit is te skokkend het hulle gesê.

Om te wil, of nie te wil nie…

Maart 6, 2013

Image 

Ek is mos nie ‘n ou wat sommer doen wat van my verwag word nie – bedoelende, ek hou nie daarvan om voorgesê te word nie. Ek hou nie van reëls en regulasies nie. Wette is nie vir my nie, en ek ook nie vir wette nie. Wette is wetters! Dis hoe ek voel. Mind you, dis hoe ek nog altyd gevoel het. Op ‘n stadium tydens my skoolloopbaan, het ek vir ‘n maand of drie in die koshuis gewoon. Ek is daaruit nadat my pa gesien het ek cope nie so lekker met die roetine nie. Nee, daar’s niks fout met dissipline nie, maar ek weier dat ‘n klok vir my vertel wanneer ek moet eet, stort, boekevat, slaap, opstaan, aantrek, eet en huiswerk doen. Of, hoe ek dit moet doen. Basta!

Ek het nog altyd geleef vanuit ‘n oortuiging. Of dit rugby was, of tennis, of krieket, of korfbal, of kuier, of swot, of trek, of bly, of vry, of… Ek het dit gedoen omdat ek uit my hart uit wou. Geen ander rede nie. Sou enige ander nodig wees? As jy dit uit jou hart doen, omdat jy regtig wil, dan doen jy jou beste en geniet jy dit die meeste. Eenvoudig, nê? En moenie kom met kamtig volwasse goed soos: sommige dinge moet mens maar net doen nie; daar is pligte om na te kom ook; mens het darem sekere verantwoordelikhede… Ek weet, en ek doen daardie dinge ook. Karwas, grassny, groceries-koop, die bad se rand was… Ek praat van belangrike dinge in die lewe doen. Dit wat die lewe, die lewe maak.

Uiteindelik was dit ook die geval met my geloof. Die dag toe ek die Here, spreekwoordelik, in die oë kyk het ek gesê: Ek wil dit doen omdat ek wil, nie omdat ek moet nie, nie omdat die samelewing dit van my verwag nie, nie omdat die dominee en die CSV onderwyser so mooi smeek nie. Nie om uit die hel te bly, die ewige verdoemenis vry te spring of om God tevrede te hou nie. Nee! Slegs omdat ek regtig wil. 

Ek leef uit oortuiging. Ek kan nie anders nie. Ek wil ook nie anders nie.

Miskien is dit hoekom ek so ‘n grief het in mense wat nie sê wat hulle bedoel en bedoel wat hulle sê nie. Damnit man, hoe moeilik kan dit tog wees? Of het jy nie die moed van jou oortuiging nie?

 Die onlangse debakel rondom die Kerkbode en sy nuusredakteur (wat ek as ‘n goeie vriend beskou), het opnuut vrae by my laat opkom oor die oortuigings waarmee die NGK doen wat sy doen. Wat leef in haar hart? As ek so deur haar verklarings, amptelike standpunte, belydenisskrifte en die Handleiding (Bybel) wat sy gebruik lees dan hoor ek wonderlike dinge. Ek hoor van liefde en vergifnis, van aanvaarding en uitnodiging, van onvoorwaardelike uitreik en nader bring, van gaan soek en vind, van ‘n pa wat elke dag turend na die horison wag vir sy seun. As ek so na haar handelinge kyk, ook na my eie ervarings met haar institusionele kant, dan wonder ek wat dit is wat haar dryf? Wat is haar oortuigings? Is haar God so goed as wat sy bely? Is sy aanvaarding van mense onvoorwaardelik? Vergewe Hy maklik of moeilik? Soek Hy na mense wat anders is? Staan Hy binne dansende verhoudings met mense of net met Homself? 

Waaruit leef my kerk?

Dit is maklik en soms lekker om so na die kerk vinger te wys en te skree: “Julle bliksems! Julle is so skynheilig soos die Fariseërs van ouds.” Dit is maklik om hartseer te raak oor haar en te wonder of ek nie dalk maar moet skuif nie, dat sy geen relevansie meer het nie en dat ander staan en lag vir haar. Hoekom dien ek haar God?

Staan ek soggens in die badkamer voor die spieel, is dit ‘n ander saak. Dan kyk ek myself in die oë en vra dieselfde vrae: Wie is jou God? Hoe lyk Hy? Is Hy vriendelik en verwelkomend? Is Hy oop en eerlik? Het Hy mense lief, trek Hy hulle nader, is Hy onvoorwaardelik in sy verlange na omgang met mense? Kan ander mense dit sien? Verstaan hulle hoekom ek dit doen? Hoor hulle dit, beleef hulle dit? 

Dan vra ek: “Wat is my ooruigings? Waaruit leef ek?  Hoekom dien ek hierdie God?

Dis moeiliker om vir jouself vinger te wys en te skree: “Jou bliksem! Is jy nie soms maar so skynheilig soos die Fariseërs nie?” Dis moeiliker om hartseer te raak oor my eie foute en om te wonder oor die relevansie van my eie oortuigings. Dis moeiliker om raak te sien of daar ander is wat vir my staan en lag.

PS: Peter Rollins is vir my ‘n inspirasie met die vrae wat hy vra. Hy sê oa: “If you want to know what you really believe, don’t listen to what you say, look at what you do.”

Luister self na hom, hier: http://www.youtube.com/watch?v=8h_5h4W26os

 

Geloof soos visse

Desember 5, 2012

As kind, in die destydse Suidwes, was dit blote formaliteit dat ons oor langnaweke en tydens vakansies ons weg sou vind na die kus. Visvang was my pa se voorliefde en dus ook die gesin s’n. Ons het elke dag strand-op of strand-af gery opsoek na ‘n lekker gat waar ons seker was die vis sou byt.

Na ‘n lang dag in die son son en wind, met rooi gebrande nekke, voorarms en kuite is ons terug kamp toe vir vis-skoonmaak en ‘n lang koue bier. By die vis-skoonmaakplek, is stories van die dag se visvang gedeel met ander groot-storie-vissermanne. Op slegte vang-dae het die manne stil-stil teoriee uitgeruil. Teoriee wat vir my as jong seun te vervelig was om na te luister, veral as daar meisies in die omgewing was! Dit was baie jare gelede…

Vanoggend word ek wakker. Daar is ‘n mistigheid wat die nag effens langer laat vertoef, ‘n koel windjie beweeg lui-lui die tent se seile en ‘n vars see-reuk troetel my neus. Ek is by dieselfde kus. As 22 jaar gelede. Die see is dieselfde, ook die woestyn, die sand en die mense. Alles is net effe ouer. Ek ook. Daarom is ek nie hier vir girls, partytjie en skelm rook nie. Ek is hier om langs die water te ontspan met visstok in die hand en ‘n koue bier wat wag by die kamp. Dit is ook hoekom ek by die vis-skoonmaakplek uithang teen laatmiddag. Nee, ek het nie vis om skoon te maak nie, ek soek raad. Ek luister groot-oog na die groot-storie-vissermanne se suksesse. Hulle is egter min. Die vis is skaars en die stories kort. My vis het nog nie ingekom nie; ek luister meer na teoriee as stories. Ek soek vis!

“Julle gesien, daar was ‘n donker kol op die water? So ent agter die breekwater? Dan vang mens niks. Jy soek blinkwater!”, praat een met almal. “As die water die lyn sooo trek, sommer die kant toe en die sinker en aas in vlakwater uitspoeg, dan… dan kan jy maar los”, gesels ‘n ander in die wind. ‘n ‘Ouman’ skud sy kop: “Nee manne, nee. Die gat moet diep wees, ‘n sandbank aan beide kante met stillerige water in die duinings en groen-blou met ‘n sandjie in die voorwater. Dan vat jy pilchard en gooi om centre want daar, net daar staan die steenbrasse op hulle neuse… So amper laag-gety se tyd.” So gaan dit vir lank aan, elke man het sy eie teorie, sy eie geloof en bygelofies, sy eie dingetjies wat vir hom werk. Die gesprek is twee biere oud toe ek myself verskoon om te gaan vuur aansteek en te gaan wyn skink sodat ek die gesels kan oordink en dit wat vir my sin maak, my eie kan maak om more te sien of dit vir my ook werk.

So by die vuurtjie raak ek en ene Koos Gas aan die gesels. My tent, eintlik syne vir my gebruik, staan op ‘n onderdeel van sy kamperf. Ons deel dus ook die vuur, die vleis en die kampbestuurder se rooster. Elk geval, ons gesels: Vreemd hoeveel teoriee en planne en gelofies en dinge daar is, as dit kom by visse. Ek is nie regtig ‘n see-visserman nie, ek like die varswaterhengel-ding en verkieslik met vliegies. Daar is maar net soveel teoriee aan die neef van see-vang ook. Ons lag en deel wat ons hoor by ander langs die water, by die visskoonmaak, in die kroeg… Dis darem snaaks, ja.

Later, toe die kole mooi rooi gloei en die kinders al gaan inkruip het, raak ons ook effe bedees. Ons dink, elkeen by homself. Oor die see, die vis en geloof. Ons erken met woorde, kopknikke, en hmm-en-ha’s dat die mens nou maar eenmaal so is. So gemaak en laat staan is. Ons luister en deel en vra uit. Ons gee menings, opinies en as dit nie anders kan nie dan gee ons sommer voor dat ons oor ‘n bepaalde saak menings en opinies huldig. Ons neem so tussendeur alles ook elke mening en opinie, elke stukkie raad en wysheid, in oorweging. Ons bedink dit en besluit dan wat sin maak en wat nie. Dit wat sin maak gaan probeer ons uit, in die lewe, om te sien of dit werk. Werk dit wel, dan word dit deel van ons eie wysheid; werk dit nie gooi ons dit summier in die asblik van nuttelose inligting wat hoogstens in vertellings gebruik kan word om ander se simpelheid bloot te stel.

Toe die laaste wyn in die glase val, kyk ons diep in die vuur en verklaar: Is die geloof nie maar ook so nie? Ons maak net erns met dit wat vir ons werk? Ons het elkeen maar sy eie bygelofies oor geloof, gebed, wonderwerke, beloning, straf, Jesus, God, die kerk, die duiwel, die aarde, die einde…

Deesdae is die in ding om die wat nie soos jy glo nie, uit te kryt as ongelowig, heidens en selfs as ketters. Hoekom? Langs die water is jy nie ‘n afvallige omdat jy met ander aas as ek vang nie.

Mag ons diè belanrike ding besef en in liefde uitleef: Elkeen het geloof, soos vissermanne, oor visse…

20121221-185043.jpg

Ene Mouton se bees

November 28, 2012

ImageEk moet eerlik wees, ek het nooit gedink ek sal die dag beleef dat ‘n bees met my gesels nie.

Tydens ‘n kamp vir die predikante van ons ring, gebeur dit dat ons een oggend met Bybel in die hand die bosse instap. Tot bo-op ‘n rant. Daar word ‘n teks (dieselfde verse) aan elkeen gegee om te lees. Elkeen moet gaan stilword saam met God en die teks- aldus die opdrag. Na ‘n uur of so sal ons mekaar dan weer by die witgatboom ontmoet en ons insae deel; vertel wat God vir jou sê.

Ek kies koers teen die noorde kant van die rant af tot onder in ‘n droeë rivierloop. Ek wil ver van die ander weg, want ek wil rook en sommige van die ander ouens kan mens nogal intimiderend aan kyk, soveel so dat jy half skuldig voel oor jou swak gewoontetjie. Effe vuil, eenkant en skaam-sondig. Ek is ook nie lus vir Bybel lees nie.

Ek loop sit op ‘n klipbank onder groot bome wat oor die rivierloop hang. Dis koel hier in die skaduwee en rustig. Nie ‘n geluid nie, ook nie ‘n windjie wat roer sodat die blare en grasse kan ritsel nie. Ek steek ‘n Stuyvesant aan en lê gemaklik terug teen die klippe agter my. My gedagtes begin toe loop en ek wonder toe oor my skuldgevoelens rondom ander mense wat nie rook nie, veral Christene. En toe sommer nog verder oor die wingerd se sap waarvoor ek so lief is, die mooi wat ek in soveel vroue raaksien, die lekker lag vir ‘n raak-sê-storie wat die mensheid van ons almal in skurwe woorde blootlê…

In my enigheid ervaar ek geen skuldgevoel nie. Daar is wel ‘n effense ongemaklikheid wat hier neffens my kieliebak rondskuiwe – ongemak omdat ek soveel keer vasval in die gat van ander se verwagtinge. Hulle idees, prentjies en oortuigings. Ons leef mos maar almal onder hierdie byl wat oor ons koppe hang, nie waar nie?

Ons het almal idees wat ons lewenswyse bepaal: ons weet hoe ‘n suksesvolle persoon lyk, ons weet hoe lyk ‘n sexy meisie, ons weet hoe lyk die perfekte werk en bankrekening en kar en huis en hond, die heerlikste vakansie, die grêndste kinders en natuurlik weet ons hoe lyk en glo goeie Afrikaner Christene. Nê? En wat nou as ons idees nie met mekaar s’n ooreenstem nie? Wie s’n is reg, beter of meer waar? Hoe gaan ons dit uitmaak? Gaan ons hoegenaamd na vyf minute nog met mekaar gesels? En dit raak net moeiliker as dit later kom by die woordjies geloof en G(g)od en kerk en Christen. En nog moeiliker as ons gesels oor predikante en predikant-wees.

Ons kan verskil oor rugby, skole, vakansieplekke, karre, gholfbane, kinders grootmaak, wie is sexy en wie nie, in watter woonbuurt om te woon en waar om te belê maar as dit by daardie woordjies kom soos hierbo genoem, is daar perre! Skielik is daar gelowige en ongelowige, hel, hemel, straf, bok, skaap, draak, valse profete, dienaars van die duiwel en wat nog. Dan begin ons mekaar se integriteit ten opsigte van ons geloof en twyfels, ons G(g)ods-idees, Christenskap, ons redding en uiteindelik ook ons menswees in twyfel trek. En kort voor lank is daar vyandskap tussen goeie bure, mag kinders nie meer oor en weer kuier en speel nie, droog die uitnodigings na Saterdag se rugby kyk en braai op, verskuif een na ‘n ander kerk/gemeente, loop die skinderstories wyd en diep.

Dit is my bittere ervaring van predikant-wees, nee, van menswees binne predikant-wees. Elke ou en vrou daarbuite het ‘n idee oor ‘n predikant. Ek sê ‘n predikant, omdat hulle slegs hierdie een prentjie het waaraan hulle alle predikante meet. Gegewe hierdie prente is ingeburger in hulle verstand, versterk deur jarelange blootstelling aan predikante van weleer, familielede se geselsies en verhale oor wyle dominee so-en-so en lidmate se skeefgetrekte beelde van die gemeente se eie messias. Dominee mag nie rook nie, nie drink nie, nie lekker lag vir ou Koos-aah se raak-sê-storie wat die mensheid van ons almal in skurwe woorde blootlê, nie. Dominee mag nie die mooi in vroue raaksien nie, want wellus is ‘n slegte ding, veral vir dominees. Dominee mag nie eina bliksem sê nie, of ag fok as hy ‘n fout gemaak het nie. Hy moet heilig wees, opreg en rein, onbsmet en onbeskaamd, vlekloos en sondevry. Hy is die man van God, die Wegwyser na die hemel, die een wat ons die roede nie moet spaar nie maar ons moet kasty met sy Sondagmore-woorde van geregtigheid. As hy soos ons is, hoe sleg is ons dan nie?! Ons is in ons moer.

Die ergste is dat dit nie net lidmate, vriende en familie en die algemene samelewing is wat so dink nie. Daar is selfs predikante wat so redeneer en dink en glo en leef. Hulle is soos almal sê en hulle gee my sommer ‘n pyn in die gat. Hulle lieg!

Ek is erg bewus van my mensheid en menswees, soos ek in die koelte sit en die sonlig op my vel voel. Ek steek nog ‘n twak aan, vat ‘n sluk water uit die bottel en sê sommer so in die lug in vir myself: “Ek is nie lus vir Bybel lees nie”. Ek besluit om netnou vinnig die verse deur te gaan en dan myself uit hierdie oefening lieg deur te sê: “Ek hoor by die Here…”.

Want sê nou ek hoor nie! Dan wat? Dan wys ek dat die sonde en die vuilheid en die ellende my ingehaal en doof gemaak het vir die Almagtige se stem; ek is nie waardig nie!

Die klompie Afrikaner beeste wat al ‘n hele rukkie al weiende in die rivierlopie afloop, kom versigtig-stadig nader. Ek bly sit, uit nuuskierigheid vir wat hulle sal doen as hulle my opmerk. Stadig kom hulle aan, sleepvoet en lui in die oggend son, oppad water toe aan die onderkant van die rant. Hulle kom nader. Hulle hoewe maak dowwe plof geluide in die sagte sand. Dié wat effe hoër op teen die hang loop se hoewe klik-klak op die klippe. Een kom kyk my vierkant in die oë. Ek sê vriendelik, “More!”, en sy rittereer effens. Weer kom sy vorentoe. Die keer druk sy haar sagte nat snoet teen my arm. Die ander het intussen nader  gestaan en hulle kyk vir haar en vir my met groot oë aan. Dan begin almal weer rustig verder kou aan wat ookal. Party stap sorgeloos verder. Ander staan nog ‘n wyle en verkas dan ook rivierloop af. Die jonges kom ruik-ruik ook hier aan my broek en been, voor hulle aanstap om hulle dors te gaan les. Die oorspronklike neusdrukker staan nog hier naby my en eet. Sy kyk op, druk weer haar neus teen my arm en ek seg, “totsiens”. Sy loop agter die ander se stof aan opsoek na die nattigheid wat haar dors sal les. Terwyl hulle so ontspanne wegstap dink ek aan die lewe van ‘n bees: Hulle is maar net wat hulle is. Hulle kan nie iets anders wees nie, nie ‘n jakkals of ‘n luiperd of ‘n mens nie. Net bees. Met alles wat daarmee saamgaan, alles wat van ‘n bees ‘n bees maak. En dit is goed so, en mooi ook.
En dit is heel okay. Hulle hoef nie iets anders te wees nie.

Die neusdrukker gaan staan doer in die sand en sy kyk om, so vir oulaas. Ek sit in die oggendson, op ‘n klip, teen ‘n rant, iewers tussen Otavi en Otjiwarongo en ek steek nog ‘n Stuyvesant aan. Ek is mens. Met alles wat daarmee saamgaan. Dis al wat ek kan wees, ek kan nie anders nie. Ek wíl nie anders nie. Ek like dit. Dis lekker. Dit is goed so, en mooi ook. En dit is heel okay.

Ek hoor die ander bo-op die rant praat. Ek staan op en klim uit die rivierloop teen die rant op. Ons kry ‘n ent verder sitplek op die rotse van ‘n droë waterval, in die koelte want die son raak warm.

Dit is stil toe ek sê: “Ek hoor by die beeste…”

Ons krisis, ons eksperiment, ons vertroue…

Maart 29, 2011

Cobus Van Wyngaard skryf dat wanneer die kerk ‘n krisis beleef, die kerk in een van twee rigtings kan gaan: of ons trek laer, of ons kan iets kreatief na die tafel bring. Ons gemeente beleef tans so tipe krisis (Met krisis verwys ek egter nie na ‘n dreigende-lewe-of-dood-in-die-onmiddelike-toekoms tipe krisis nie; hoewel dit uiteindelik daarheen kan lei).

Ons gemeente is multi-kultureel en (hopelik binnekort ook twee-talig). Uit die geskiedenis en die ontwikkeling van Owamboland het dit so gebeur dat mense oor alle kleurgrense heen hulle oor die laaste aantal jare hier kom vestig het. Hierdie groep is natuurlik “non-indigenous” en oorwegend Afrikaans. Hulle kom vanuit alle denominasies en kerke en aangesien die NG gemeente Verre Noord die enigste Afrikaanse kerk met gereelde/weeklikse dienste is, woon hulle dit by.

Ons kan dus nie in alle eerlikheid sê dat ons ‘n NG kerk in de tradisionele betekenis van die woord is nie. Ons is nou ‘n inter-kerklike/-denominasionele gemeente wat ons skaar aan die kant van die Gereformeerde leer- en daarom ook deel is van die NGK Sinode van Namibië, waarbinne die oorsprong van die gemeente lê. Dit blyk geen probleem te wees vir enige van die ‘lidmate’ nie, aangesien almal dit so verstaan en respekteer en daarom ook die dienste bywoon. Dit blyk te wees dat dit vir hulle oor veel meer gaan as die denominasie/kerk.

Die huidige samestelling van ons gemeenskap en gemeente vereis egter dat ons anders moet dink as die normale NG gemeente: Hoe kan ons almal laat welkom en tuis voel? Op watter maniere kan ons almal ‘n ‘sense of ownership’ van die gemeente laat beleef? Hoe kan ons die eenheid tussen almal opbou en uitbou?

Wat ons natuurlik bring by die groot vraag: Hoe kan ons werkilik kerk wees binne hierdie unieke omstandighede? Waarop moet ons fokus?

Die gemeente voel sterk dat God besig is om met ons ‘n pad van ontdekking te stap. Ons moet ontdek wie ons binne ons konteks is, wat dit beteken om ons identiteit uit te leef binne ons gemeenskap- waaruit daar soms baie kritiek afkomstig is.

Ons het dus onlangs besluit om Padlangs, saam met God te stap en te kyk wat gebeur: Ons het afstand gedoen van die tradisionele konsep van die kerkraad en dit vervang met ‘n gemeentebestuur, sodat persone wat oorspronklik aan ander denominasies/kerke behoort daarop kan dien. Ons is in die proses om die pligte van diakens en ouderlinge aan die lidmate terug te gee- ons fokus sterker op die amp van die gelowige! Ons wil lidmate toerus om God te dien waar hulle woon en werk, en nie net in die eredienste nie. Ons wil graag God se koninkryk vestig in Owamboland op praktiese en sigbare maniere, deur lidmate en nie deur die kerk nie. Ons hoop is dat lidmate hulle gawes sal ontdek en gebruik en self bedieninge sal opdroom.

Ons is ‘n jong gemeente wat ook dra aan die las van finansiële onsekerhede. Ons het geen kerkgebou nie, geen eiendom behalwe die pastorie. Maar ons glo dat godsdiens juis dit is: diens aan God. En dit beteken diens aan ander! Daarom wil ons minder bekommerd wees oor ons eie/die gemeente se survival en meer fokus op die ver-realisering/verwerkliking van God se koninkryk vir ander.

Ja, daar is meer vrae as antwoorde. Daarom kan ons onderneming seker ‘n eksperiment genoem word, want ons het nie al die antwoorde nie. Ons try maar net gehoorsaam wees op ons gebroke en menslike manier. Ons is dit eens dat ons nie regtig weet of dit gaan werk nie, maar ons het ooreengekom om te probeer. Is ons bang? Ja! Onseker? Beslis!

Maar ons vat ‘n kans. Ons try, met vertroue dat God ons sal wys en dat ander ook saam met ons Padlangs sal stap. Ons vertrou dat meer positiewe as negatiewe hieruit sal kom, dat meer sal help as kritiseer, dat iets nuuts en kreatief hieruit gebore sal word…

Tot Sy eer!

Die dag toe ek ophou preek het…

Maart 3, 2011

Ou jaar, nuwe jaar is eintlik ‘n wonderlike tyd. Vir my. Eintlik hier van die vroeë middel Desember af.

Ek weet nie of ander mense deur hierdie bewegings van gedagtes en emosies gaan nie, maar ek doen wel. Dis asof my hele wese weet dat dit die tyd is van die begin van een of ander einde. Die ou jaar is op sy rug en die nuwe begin al byna skuins lê. Iets moet verander, wegkwyn, sterf. Iets moet gebore word. Jy ken daardie swaar swangerskapsgevoel van ‘n digter? Jy weet iets gaan gebeur, maar jy’s net nie seker wat nie. En jy sien uit daarna, want jy weet dit gaan die geboortepyne werd wees.

Dis al lank wat ek met die sekerheid binne my rondloop. Die sekerheid dat ek nie al die antwoorde het nie. En ook nie al die antwoorde hoef te hê nie. Ek’s rustig daaroor. Ek het jare gelede daarmee vrede gemaak. Ek praat van antwoorde in die algemeen, maar in die besonder van antwoorde oor die lewe, geloof en God.

Ja, ek het teologie studeer. Maar teologiese studies leer jou nie veel van God nie, wel van die ‘wetenskap’ aangaande die studie van die Bybel, godsdiens(te), sistematiese denke, die oorspronklike tale en dies meer. Maar van God self? Nie regtig nie!

Dis soos die hele debat in die Beeld oor gebed, http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bid-werk-nie-se-dominee-20110228. Gisteraand sit ek in ‘n kleingroep en daar word oor die artikel en uitlatings gesels. Elkeen gee sy insette en die gesprek vloei gemaklik. Ek maak die uitlating dat daar nie eenvoudige en maklike antwoorde in die lewe is nie, veral nie oor God, die lewe en geloof nie- wat natuurlik gebed insluit. Die vraag wat na my kant toe kom is: “Dominee, hoe antwoord jy mense tydens berading?” Sien, mense is onder die indruk dat iemand die antwoorde het. Die dominee het mos geleer hieroor.

Ons leef in ‘n tyd en wêreld waar ons al hoe meer agterkom dat elke vraag, vir verskillende persone, verskillende antwoorde kan hê. Almal ewe reg, ewe gerustellend, ewe vertroostend, ewe geloofsopbouend, al verskil hulle. Want mense verskil! Elke persoon wat saam met God padlangs oppad is, se paadjie verskil van die volgende persson s’n. Ons is elkeen uniek, daarom ook ons pad saam God. Daarom ook ons antwoorde…

Antwoorde lê nie in dogma’s en belydenisse opgesluit nie (hoewel hulle belangrike riglyne is van waar ons kan dink en redeneer). Antwoorde is opgesluit binne verhoudings. Dis binne verhoudings waar ‘n mens kan redeneer, kan kwaad word, twyfel kan uitspreek, kan skree, kan huil, kan lag en vreugde deel. En uiteindelik ook antwoorde kan vind.

Antwoorde kan nie geleer word nie!

Antwoorde word binne verhoudings ontdek, beleef en gedeel.

Terug by die swangerskap gevoel van ‘n digter. Iets het verander. Iets het gesterf en weggekwyn. Iets nuuts is gebore. Ek het besluit om op te hou preek. Ek gaan versigtiger wees om te sê: “So sê die Here…” Ek wil eerder gesels. Ek wil hê mense moet weet ek het nie al die antwoorde nie; ek gee nie voor om al die antwoorde te hê nie. Ek is bereid om saam te reis, met God, myself, my gesin, gemeente en gemeenskap. Om in verhoudings te staan en saam te soek, saam te ontdek en te deel in die ervarings. Want ons is almal saam agter God aan, padlangs.

Ek vermoed die eredienste gaan nou  anders lyk en voel. Iets anders gaan gebeur. Die vraag is hoe, wat, wie en wanneer… En ons weet natuurlik waar die antwoorde lê?

Gesinwees = Kerkwees?

Maart 16, 2010

Snaakse ding gebeur die laaste tyd. Ek het nog altyd sterk gevoel oor hierdie saak, maar besef skielik dat dit miskien nie sterk genoeg was nie. Of dat ek my roeping iewers gemis het, of gewag het dat die tyd ryp word, of so iets…

Anyway, gesinne was nog altyd vir my baie belangrik. Genuine.

Snaakse ding gebeur die laaste tyd. Ek kry met al hoe meer ouers te doen wat my wil kom sien, of wat vinnig ‘n vraag my kant toe skiet, of wat actually by my huis opdaag. Oor hulle kinders…

Kinders het my nog altyd ge-fascinate. Dalk oor ek so baie dink aan my kinderdae en ervarings daartydens. Selfs toe ek kind was. Dalk oor ek op so baie maniere nog self kind is… Hoe werk hulle koppe? Hoe ervaar hulle die lewe en die dinge in die lewe? Hoe interpreteer hulle die wereld rondom hulle? Is dit hoekom hulle soms so weird kan wees? Of hoekom ons vir hulle so weird is? En alles soms vir my?

Ek het beslis nie al die antwoorde nie- indien enige?!

Wat my wel tref, soos my houtwerk-onnie se plank op my gat, is dat alle ouers – feitlik? – lief is vir hulle kinders. Dat hulle vir hulle die beste in die wereld wil en ook probeer om dit te gee.

Maar ook dat die generasie-gaping veel groter is as wat ons ooit kon besef. En dit gaan nie noodwendig oor ouderdom hier nie, maar wel oor die kennis en verstaan wat die een generasie van die ander het.

Dit lyk my dat die meeste van ons nie regtig leef met die bewustelike besef dat daar GROOT verskille tussen generasies is nie. Ons hoor wel mense uiter dinge soos: vandag se kinders… ; ons het anders groot geword… ; in ons tyd was dinge anders… Alles waar, baie waar. Maar wie gaan sit genuine en dink oor wat so pas kwytgeraak is?

Hoekom is dinge anders? Hoekom verskil hulle? Hoe verskil hulle? En is dit noodwendig ‘n slegte ding? Kan ons nie by hulle leer nie?

Ouers het kinders lief en kinders hulle ouers, en tog kom so min gesinne werklik oor die weg. Ek praat van genuine met mekaar klaarkom, op goeie voet meeste van die tyd. Nie net wanneer pa ‘n gunsie nodig het of sussie ‘n roomys wil he nie. Meeste van die tyd, is wat ek bedoel.

Generasies het eienskappe. Elke generasie het sy eie. En hulle verskil. Omdat die tye en omstandighede waarbinne elke generasie grootword, so drasties verskil. Drasties! En daarom verstaan hulle mekaar meer gereeld as nie, verkeerd.

Ek weet nie hoe jy oor sekere dinge dink en voel nie. Ek weet nie hoe jy die wereld, die lewe ens verstaan of interpreteer nie. Daarom verstaan ek ook nie jou optrede nie. En tipies mens, is jy dan stupid, weird en van die pad af terwyl ek reg is, beter as jy, vroeer volwasse en op die pad. Die regte een.

Maar jy voel dieselfde oor my, want jy verstaan nie hoe ek die wereld, die lewe ens verstaan en interpreteer nie.

En omdat ouers en kinders van verskillende generasies is, die eienskappe van generasies nie ken of verstaan nie, kom hulle nie altyd lekker oor die weg nie. Tree kinders op sekere maniere op want sekere dinge is vir hulle belangrik; nie dieselfde dinge as wat vir pa en ma se generasie van belang is of was nie.

Ek wil waag om te se dat ons meeste van die tyd verstaan, interpreteer en reageer soos die generasie waarvan ons deel is. Natuurlik is daar uitsonderings en hoef jy my nie toe te gooi onder voorbeelde nie, ek generalize so bietjie – ek moet om my punt te kan maak.

Die Boek vertel ons van die Een wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is en vra ook dat ons Hom volg. Dat ons dissipels moet wees; dit is studente, skoliere, nabootsers, navolgers, na-apers. Dit veronderstel tog dat ons nie die waarheid, die lewe of die weg daarvan ken nie, reg? Dat ons nog moet leer en oefen?

Ook wat betref ouerswees en gesinwees?

As ons wil navolg moet ons dit seker verantwoordelik doen? Ook ouerwees en gesinwees?

Omdat ons die Lewe wil eer…

Kerk het te doen met menswees Coram Deo. Voor God. Ouerwees en gesinwees is sekerlik deel van menswees. Voor God.

Hoe betrokke is kerkwees en ouerwees en gesinwees met mekaar? Kort daar nie iewers iets nie? Mis ons nie iewers iets nie? Ek doen. Dit lyk my ander doen ook.

Is kerkwees nie familiewees en gesinwees nie? Is ons nie almal broers en susters van Hom wat die Eerste is nie?

Miskien moet kerkwees meer fokus op eenwees. Een gesin, een familie met een God en Vader van almal. Is ons nie almal ouers en grootouers en kinders en broers en susters van mekaar nie? Alles gelyk?

Is gesinwees nie kerkwees nie?

Miskien moet gesinwees meer fokus op kerkwees. ‘n Plek van aanvaarding, vreedsame verskille, vergifnis, handvat en saamstap. Een gesin, dissipels saam oppad in die spore van ons ouer Broer?

Ek is nie ‘n ouer nie, nog nie. Maar as die Lewe woord hou is ek binnekort, oor ‘n week of wat.

Ek het nie al die antwoorde nie – indien enige. Maar iewers in my groot en uitgebreide gesin is daar iemand wat weet. Wat al my padjie geloop het. Wat sal help en raad gee. Wat my sal tools gee om pa te wees. Wat saam my sal stap, Padlangs.

Miskien het ek my doel gevind? My roeping iewers langs die pad opgetel, verloor en nou weer gekry? Miskien is kerkwees vir my om ouer te wees vir my lightie.

En vir al die ander lighties en dogtertjies… En vir hulle ouers…

Miskien moet ons praat oor die gaps tussen generasies. Mekaar leer, lei en help. Ook in die kerk.

Miskien is my vraag oor ons amper-gesin se beroep na Oshakati, ook beantwoord. Miskien…

WêRELDSE KOMPROMIEë IN NG KERK

Maart 5, 2010

Ek plaas die brief presies soos dit aan die NGK en sy predikante gestuur is. Ek het geen veranderinge, hoegenaamd, aangebring nie. Ek sien uit om u menings aan te hoor. Renier Lourens.

OPE BRIEF aan NG KERK MODERATUUR, KERKBODE, EVANGELIESE INISIATIEF, HOëVELD RING en NG MOEDERGEMEENTE SECUNDA                                                                      3 Maart 2010

BESWAAR TEEN WêRELDSE (KOMPROMIEë IN) NG KERK

Opgestel deur Johann Coetzee, ‘n gelowige van die Here Jesus Christus en lid van die Ware kerk van God. Ek skryf hierdie brief in alle opregtheid, baie bewus van my eie tekortkominge. Hierdie brief is met verskeie ander gelowiges getoets en word deur hulle ondersteun. Die wêreldse kompromieë word nie beredeneer nie aangesien genoeg ander verwysings daarvoor bestaan, maar die klem van die beswaar gaan oor dat die misleiding beveg moet word. Mag God ons genadig wees!

SAMEVATTING

Agtergrond. Die afgelope tyd kom die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) al meer in die nuus oor omstrede sake soos aanvaarding van gay leraars met seker voorwaardes. Wat is dit anders as wêreldse kompromieë wat met drukgroepe binne die kerk aangegaan word. Die invloed van die “Emerging “ kerk op die leringe en sieninge v an NG leiers en teoloë word al meer sigbaar. God se onfeilbare Woord, die Bybel, word twyfelagtig/ ongeloofwaardig gemaak, wat die fondament van die Christelike geloof wegneem. Is die sinodale leiding dié van ‘n kerk wat naby sy Here lewe? Of is dit die valse kerk wat nie meer aan Christus gebonde is nie, wat die NGK daadwerklik behoort te beveg? Die Skrif is duidelik oor VALSE LERAARS, soos in 1 Joh 4:6.

Ek wil my beswaar teen hierdie wêreldse kompromieë duidelik op skrif stel, dat dit direk teenstrydig met die Skrif is en teen die leiding van die Heilige Gees, en ook die kerk se eie belydenisskrifte. Dit kom nie van God af nie, want sy skape KEN sy stem en reageer daarop!  As verwysing vir my beswaar het ek vier tipe bronne gebruik, naamlik die Skrif, die NGK se eie belydenis, ‘n NGK preek en openbaringe aan gelowiges.

Alhoewel die fokus op die dwaalleringe gerig is, kan ‘n soortgelyke beswaar gelewer word teen sommige NGK gemeentes se neigings na en stilswye oor wêreldse kompromieë. NGK gemeentelede hoor hierdie neigings vanuit die media. Stilswye van gemeentes dui op aanvaarding van die “verkeerdhede”, en is moontlik die grootste probleem op plaaslike vlak. Dit is ‘n duidelike aanwyser of gemeentes streef na Ware kerkwees of wêreldse kompromieë aanhang!

Wat sê die Skrif oor die Ware kerk? Die ware kerk sluit in: Die ware belydenis is Jesus Christus – 1 Joh 4:1-3; Ware kennis van God is deur geloof , nie deur geleerdheid nie – 1 Kor 1: 21;  Die ware voorbeeld van kerkwees is Jesus – Mat 12: 18-21;  Die ware hart van die kerk is barmhartigheid – Mat 9:13;  Ware rykdom is skatte in die hemel – Mat 10:20-21;  Die ware  gebod is liefde – Mat 22:36 – 40; Die ware Koninkryk is die wil van God – Mat 6: 33; Die ware prys vir die evangelie is vervolging em misleiding Mat 24:9-14.

JESUS se bediening was ‘buite’ die kerk van sy tyd. Hy het nie die ondersteuning van die kerk geniet nie – inteendeel, Hy het die wroeginge op die hals gehaal omdat Hy geen kompromieë aangegaan het nie, gehoorsaam aan die Vader! JESUS se optrede teenoor die KERK het duidelik valsheid/ onsuiwerheid uitgewys.  Die kerkleiers was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar helaas het hul die gebruike rondom die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was.  Jesus se waarskuwing is des te meer van toepassing op die hedendaagse kerk, sy leiers en sy lede. Nie almal wat sê ‘Here, Here’ gaan in die Koninkryk wees nie: Mat 7:21-23.

Wat bely die NGK? Om te bepaal of ‘n kerk sy doel bereik, kan na die uitlewing van die kerk se belydenis gekyk word.  Die verskillende belydenisskrifte toon aan dat dit ooreenkomstig die Skrif is, maar helaas nie suiwer geleef word nie. Dit sluit onder andere in die Twaalf Artikels van die Algemene Ongetwyfelde, Christelike Geloof, die Drie Formuliere van Eenheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls). 

Die stelling/ vraag wat met sakramente en belydenisse gevra word is ‘n aanklag :  “Glo u dat die Heilige Skrif die Woord van God is en die ware en volkome leer van die saligheid is?” Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die NGK se belydenis ooreenkoms die Skrif is. Maar hierdie geloofstelling word in al groter mate betekenisloos met agenda’s, besluite en uitsprake van sinodes en teoloë.

Drie tipe kerke. Daar is drie tipe mense, die ongereddes, die wêreldse christene en die geesvervulde christene.  Indien die kerk as ‘n versameling van hierdie tipe mense gesien word, bestaan daar dus ook drie tipe kerke, die wat nie Christus as Weg erken nie, die wat wêreldse Christelike kerke is en die wat geesvervulde of –geleide  Christelike kerke is.  Die kenmerke van die wêreldse Christelike kerk het die eienskappe van die wêreldse christen naamlik lewe in sonde (breek nie daarmee nie), het afgode,  en is nie geesvervuld nie! Is dit nie waar die NGK met sy kerkleiers haar tans bevind nie – wêreldse kerk? Net Christus is die Leier.  Die Here is nie te vinde dat sy kerk wêrelds is nie – Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseërs Mat 23:1-11

Openbaringe aan gelowiges. Daar is baie openbaringe wat die Here aan sy kinders maak – baie daarvan is in die vorm van waarskuwings. ‘n Onlangse openbaring verwys aan Bernada Fernandez oor haar besoek aan die “ander wêreld”.  Natuurlik kan daar baie gesê word oor die geldigheid daarvan, maar die boodskap daarvan is in ooreenstemming met die Skrif en dus vir my geldig. Ons moet ter harte neem van die sonde waarteen gewaarsku word. Dit sluit spesifieke waarskuwings aan kerkleiers in wat hul waarsku om suiwer te lewe en so ook die kerk.

So het die Here ook met my gepraat oor die dwalings van die kerk. Hy het bevestig dat sy Gees in mense lewe; sy kerk in die harte van mense is, daar waar mense Hom wil hê. ‘Het die kerk nou groter geword as sy Heer? Was hy maar koud of warm – nou’s hy  lou en Ek gaan hom uit my mond spuug! Hou jy by wat jy geleer het.’ Daar is ook musiek oor die valsheid in die kerk soos die CD Plastiekkansel van die sanggroep Prophet.  Hul inspirasie is uit 2 Tim 4:3, 4, en sluit hul eie vertaling  daarvan in: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”; en o die hart is siek!” klink die refreim van een van die liedjies.

Wat beteken dit? Die valse kerk of wêreldse Christelike kerk bestaan werklik – net soos in Jesus se tyd, is dit vandag ook inherent deel van die huidige kerkstrukture.  Ons moet daarteen waak en optree soos wat Jesus daarteen gewaarsku en opgetree het.

Wat vra dit? Die Skrif is duidelik oor hoe die Ware kerk van Christus behoort te wees. Die belydenisskrifte van die NGK gee ‘n nog duideliker vereiste van wat verwag word. Een van die sterk afleidings wat mens kan maak, hetsy uit die Skrif, preke van leraars of openbaringe aan gelowiges, die boodskap is duidelik en eenstemming:  Die Here wil hê ons moet net Hom aanbid en suiwer volgens sy Woord lewe. Daar is geen kompromieë wat enigsins na vore gekom het nie! In die woorde van ‘n NG leraar tydens ‘n onlangse program Bepeinsing op RSG: just do it!”

Wat vra dit van die kerk en elke gelowige?  Volharding om te lewe soos Jesus: leer van die Vader en help siekes/ verlig nood.

Gevolgtrekkings. Die NGK is op ‘n dwaalpad, wil met geleerdheid die Skrif verander sonder voldoende gebede van wat God wil hê (“hulle KEN My nie…”) en toon al die tekens van ‘n wêrelde Christelike kerk, wat kompromieë en nie die veranderinge deur die Gees van God laat bekragtig nie.  Dis dalk verstaanbaar volgens 1 Kor 2:14: ”Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hulle is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

Vir solank as die NGK nie sy fokus op sinodale vlak plaas op die Ware kerk se rol soos Jesus dit uitgeleef het, slaag die satan in sy doel om die NGK se energie en aandag te vestig op beuselagtighede wat geen ewige belang soos Jesus ons geleer het dien nie. Die Ware kerk leef in christene se harte, die NGK sal nader daaraan moet beweeg na Ware kerkwees (geesgelei) as hul nog relevant wil wees as Christelike kerk. Jesus het nie met geleerdheid gepraat nie, maar met insig en wysheid – dis hoe christene en ook die Ware Christelike kerk behoort te wees. “Wysheid begin met die DIEN van die Here”. Dus meer geloof, minder redenasies soos die teoloë (Fariseërs, skrifgeleerdes, ensovoorts).

God dui ook in die Skrif aan dat die Ware kerk gaan ly en mislei word. As mens na godsdiens wêreldwyd kyk, is dit slegs die Ware Christelike kerk wat vervolg word. Dis ‘n duidelike teken dat daar net een waarheid is en dat dit reg teenoor satan se planne staan. Die kompromie gesprekke in die NGK is dus duidelik wat satan wil hê – die NGK moet opstaan uit sy sonde en die aanslag beveg!

Pleidooi vir terugkeer na God. Die woorde van Jesus: “Ek vergewe jou, gaan en sondig nie meer nie”, wil ek die NGK toebid. Die louheid moet besweer word soos in die boodskap aan Laodisea in Open 3:15-20. Die NGK moet sy eie belydenis tot uitvoering bring – dwalinge beveg soos in die drie formuliere van eenheid uiteengesit.  Die NGK moet weer ‘n huis van gebed word! – Mat 21:13. Die sinlose praatjies moet gestop word, soos in 1 Tim 6:20-21.  As daar voortgegaan word op hierdie pad van wêreldse kompromieë, dan is die NGK se leiers ook Fariseërs en skrifgeleerdes (leraars) wat Jesus kruisig, dus huigelaars in Jesus se woorde! – Mat 23:13-36.

INHOUD

SAMEVATTING…………………………………………………………………………………………………………………. 1

1. AGTERGROND……………………………………………………………………………………………………………. 6

2. WAT Sê DIE SKRIF OOR DIE WARE KERK?…………………………………………………………………………. 7

3. WAT BELY DIE NGK?…………………………………………………………………………………………………… 11

4. DRIE TIPE KERKE………………………………………………………………………………………………………… 13

5. OPENBARINGE AAN GELOWIGES…………………………………………………………………………………. 13

6. WAT BETEKEN DIT?……………………………………………………………………………………………………. 14

7. WAT VRA DIT?………………………………………………………………………………………………………….. 15

8. GEVOLGTREKKINGS…………………………………………………………………………………………………… 16

9. PLEIDOOI VIR TERUGKEER NA GOD……………………………………………………………………………….. 16

BYLAE……………………………………………………………………………………………………………………………. 18

A. PROMOSIE MATERIAAL oor POSTMODERNE  ONTLUIKENDE KERK  (“EMERGING CHURCH”) deur WTL (Waarheid teenoor Leuen) BEDIENINGE………………………………………………………………………………………….. 18

B.   JESUS SE OPTREDE TEENOOR DIE KERK volgens EVANGELIE MATTEUS……………………………….. 21

C. DRIE TIPE MENSE volgens DIRKIE VAN DER SPUY……………………………………………………………. 27

D.   OP SOEK NA GOD … BUITE DIE KERK? deur ANNES NEL…………………………………………………… 28

E.   PLASTIEKKANSEL CD deur PROPHET…………………………………………………………………………….. 28

  1. 1. AGTERGROND

Die afgelope tyd kom die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) al meer in die nuus oor omstrede sake soos aanvaarding van gay leraars met seker voorwaardes. Wat is dit anders as wêreldse kompromieë wat met drukgroepe binne die kerk aangegaan word. Dit was ook die woorde van een van die leraars wat die bepaalde sinodesitting bygewoon het: “ dit was ‘n kompromie-besluit, anders was daar skeuring…” Ander sake sluit in die uitsprake van leraars van veral kweekskole wat die pad begin oopmaak vir “God is in almal en almal is in God”; wat is dit anders as ‘n beweging weg van geloof as basis vir redding? Ook uitsprake soos dat die “Bybel net woorde oor God is“ in plaas van die Woord van God, skep ‘n verwatering en verwêreldsing van die Christelike geloof soos die Skrif in der waarheid teen waarsku.

Dat die sinodes enigsins agendapunte soos die bestaan van die duiwel oorweeg, en of Jesus werklik opgestaan het, wek groot kommer. Dis die invloed van die sogenaamde “Emerging “ kerk op die leringe en sieninge van NG leiers en teoloë en word al meer sigbaar – sien Bylae A vir meer inligting.  God se onfeilbare Woord, die Bybel, word ook twyfelagtig/ ongeloofwaardig gemaak, wat die fondament van die Christelike geloof wegneem. Die duiwel het dan daarin geslaag om die fondamente af te breek, Is dié optredes die leiding van ‘n kerk wat naby sy Here lewe? Of is dit die valse kerk wat nie meer aan Christus gebonde is nie? – dit behoort  daadwerklik deur die NGK beveg te word.Die Skrif is duidelik oor VALSE LERAARS, naamlik:

  1. a. 1 Pet 2 Die vals leraars en hulle dwaalleer “Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. ..

Baie sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaad praat van die Weg van die waarheid. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar…”

Hierdie mense is soos droë fonteine, misvolke wat deur ‘n stormwind voortgejaag word. Vir hulle word in die diepste duisternis plek gehou. Hulle is aanmatigend en sê sinlose dinge…”

  1. b. 2Tim 3:14-17 “Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

  1. c. 1 Joh 4:6 “Ons behoort aan God, en wie vir God ken, luister na ons; wie nie aan God behoort nie, luister nie na ons nie. Hieraan kan ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaalleer onderskei.”
  • Sien ook 1 Tim 1-5 Afvalligheid van die laaste tye; 1 Tim 6:2-10 Vals leer en ware rykdom; Eseg13 Jou profete is soos jakkalse tussen die puinhope; 1 Kon12:33 -13:34 {Man van God is ongehoorsaam deur leun van “ou” profeet}

As lidmaat van die NG Moedergemeente Secunda het ek die vernuwing onder andere na ghitaar begeleiding en ander instrumente verwelkom.  Ook die fokus op die lidmaat se verantwoordelikheid om te groei, en om die roeping van die kerk weer in ere te herstel. Maar hoe vereenselwig NG gemeentes hul met die dwaalleringe van sinodes, kerkleiers en dosente sonder om in wese ook vals te wees?

Ek wil my beswaar teen hierdie wêreldse kompromieë duidelik op skrif stel, dat dit direk teenstrydig met die Skrif is en teen die leiding van die Heilige Gees, en ook die kerk se eie belydenisskrifte. Dit kom nie van God af nie, want sy skape KEN sy stem en reageer daarop!  As verwysing vir my betoog/ beswaar het ek vier tipe bronne gebuik. Die belangrikste is die Skrif hoe Jesus die kerk hanteer het, die NGK se eie belydenisskrifte, prediking soos in ‘n onlange herlewingspreek van Dirkie van der Spuy, en openbaringe aan gelowiges ingesluit myself. Dis vir my as ernstige gelowige duidelik dat die Skrif waar is, die Here stil en kragtig werk in hierdie lewe, maar deurentyd sy kinders en kerk waarsku om nie afvallig te raak nie.

Hierdie brief is met verskeie gelowiges getoets en word deur elkeen ondersteun. Alhoewel die fokus op die dwaalleringe gerig is, kan ‘n soortgelyke beswaar gelewer word teen sommige NGK gemeentes se neigings na en stilswye oor wêreldse kompromieë. Die NGK gemeentelede hoor, lees en sien die meeste aktuele onderwerpe uit media geledere. Kerkrade en predikante behoort baie meer daaroor te kommunikeer en hul sieninge deel. Stilswye vanuit gemeentes dui op aanvaarding van die “verkeerdhede”. Dit is moontlik die grootste probleem gesien op plaaslike vlak – gedagtes en voortgesette steun is dus op grond van menings wat vorm vanuit die media – baie gevaarlik, dog waar! Dit sal ook dan ‘n duidelike aanwyser raak of gemeentes streef na Ware kerkwees of wêreldse kompromieë aanhang!! Verwatering om heilig te lewe volgens die Skrif as uiting van dank- en diensbaarheid, is ‘n  verdere voorbeeld van wegbeweeg van die wesenlike van die godsdiens, Rom 12: 1-3.

  1. 2. WAT Sê DIE SKRIF OOR DIE WARE KERK?

Die stryd tussen die ware en die vals kerk (reg teenoor verkeerd) is ou nuus.  Enkele aanhalings oor die eeuoue stryd:

  1. a. Die ware belydenis is Jesus Christus; 1 Joh 4:1-3

Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

Hieraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.

En elkeen wat dit nie bely van Jesus nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichrist, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.”

  1. b. Ware kennis van God is deur geloof , nie deur geleerdheid nie: 1 Kor 1: 21

Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, die te red wat glo.”

Waar jou skat is, daar sal ook jou hart wees.”

  1. Die ware voorbeeld van kerkwees is Jesus:  Mat 12: 18-21

Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.

Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.

En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

Verwys ook na Jes 42:1-4; 11:10

  1. Die ware hart van die kerk is barmhartigheid: Mat 9:13

“Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Verwys ook na Hosia 6:6.

  1. Ware rykdom is skat in die hemel: Mat 10:20-21

“Dit alles het ek nagekom” het die (ryk) jongman gesê. ‘In watter opsig skiet ek nog te kort?’

Jesus het hom geantwoord: ‘As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.’”

Mat 6:19-21 ”Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.

Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

  1. Die ware gebod is liefde:  Mat 22:36-40

”Meneer”, vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”

Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou jou hele verstand.”

Dit is die grootste en die eerste gebod. Die tweede, wat hiermee gelykstaan, is ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’

In hierdie twee gebooie is die hele wet en profete saamgevat”

  1. Die ware Koninkryk is die wil van God Mat 6: 33

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

  1. Die ware prys vir die evangelie is vervolging en misleiding Mat 24:9-14

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en sal julle doodmaak. Julle sal deur die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.”

“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.”

“En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor.”

Jesus se optrede teenoor die kerk word vervolgens bespreek, hoe Hy die opdrag van die Vader volvoer het, daarmee eintlik buite die die kerk opgetree het. Die Evangelie van Matteus is as verwysing gebruik (sien Bylae B vir uittreksel van die betrokke gedeeltes).

JESUS se bediening was ‘buite’ die kerk van sy tyd. Hy het nie die ondersteuning van die kerk geniet nie – inteendeel, Hy het die wroeginge op die hals gehaal omdat Hy met ‘n onortokse styl geen kompromie aangegaan het nie, gehoorsaam aan die Vader!

As christen is die opdrag:  “volg jy My!”. Jesus se lewe is seker die beste voorbeeld van hoe ‘n christen behoort te lewe, en by implikasie hoe die Ware kerk behoort te wees.  Indien die kerk sou afdwaal, dan beteken volg jy My dat die Christen steeds sy Meester moet volg, en nie die kerk nie!  Dit bly ‘n persoonlike saak of mens by die feesmaal gaan aansit, die kerk is net ‘n medium wat van vorm kan verander of selfs verdwyn. Die eienskappe van Jesus se optrede (bediening) kan as volg saamgevat word:

  • Jesus was gehoorsaam aan die Vader, nie die kerk nie;
  • Jesus was saam met dissipels wat in opleiding was, wat andersins nie as dissipels sou kwalifiseer het nie (verkeerd volgens die kerk);
  • Jesus het van sy bediening in die tempel gedoen, sonder goedkeuring van die kerkleiers (mense geleer, genees);
  • Jesus het ook uitgegaan na dorpies om te bedien (mense geleer, genees);
  • Jesus het mense op hul versoek genees (hul was gereed daarvoor), maar die kerk wou dit nie toestaan nie;
  • Jesus het bepaalde bedieningsveld gehad naamlik die Jode (maar sy eie mense het Hom nie as die Christus geëin nie).

Jesus se lering het behels hoe die mens se VERHOUDINGS behoort te wees 1) KEN God (Vader liefhê) en 2) GEE OM vir naaste (liefhê soos jouself)

  • KEN die Vader (God is groter as alles) en KEN vir Jesus as HOOF van die kerk
  • Here is groter as die kerk;
  • God is groter as gebruike/ metodes/ dinge;
  • Here is groter as die leerstellings;
  • Here is groter as die mense/ agenda’s;
  • Leer van die Vader; vereer Hom deur die Gees;
  • God is liefde.
    • DIEN ander (binne en buite die kerk)
    • Lewe in die krag van die Gees wat ewig saam met ons is;
    • Lewe in geloof (genees, verdryf duiwels/ verkeerdhede);
    • Neem deel aan die kerk; ondersteun gebruike leer: “doen wat leiers sê, maar volg nie hul voorbeeld nie”.

JESUS se optrede teenoor die KERK het duidelik geen kompromie met valsheid/ onsuiwerheid getoon nie.  Inteendeel, Hy was baie uitgesproke teenoor die valsheid onder die kerkleiers van sy tyd. Die kerkleiers het die Farisëers, skrifgeleerdes, tempelhoofde, priesterhoofde, familiehoofde en Joodse Raad ingesluit, dus die volle spektrum van die destydse kerkbestuur/ -leierskap. Die volgende is ‘n opsomming van Jesus se hantering/ omskrywing van die valsheid onder die kerkleiers:

  • Hul het die gebruike rondom  die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was; die hart/ gesindheid wat belangriker as net  gehoorsaam is, het hul verloor, naamlik barmhartigheid seëvier oor die oordeel – Mat 15:2;
  • Hul was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar het nie die wysheid van insig in die Skrif gehad om dit uit te lewe nie – Mat 23: 1-3;
  • Hul uiterlike optrede was belangriker as die innerlike gesindheid – Mat 23:5;  beskryf as wit gepleisterde grafte – Mat 23:27;
  • Hul sal aan hul slegte vrugte geken word; boom/ mense sal aan hul vrugte geken word – goeie boom dra goeie vrugte, slegte boom slegte vrugte; Mat 12:33-36;
  • Dit wat hul sê is tog geloofwaardig, maar moenie hul voorbeeld volg nie; toets alles en behou die goeie – Mat 23:3;
  • Jesus antwoord hul strikvrae met wysheid, daag hul uit, waarsku en veroordeel hul skynheiligheid met vergelykings – Mat 19:1-12; 22:23-33; 22:34-46.

Die kerkleiers was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar helaas het hul die gebruike rondom die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was. Vergelyk mens die huidige uitsprake van NGK leiers, dan wil dit voorkom of die “gebod” of belydenis nou betwyfel word, in ‘n nog erger graad as die Fariseërs en die res van die kerkhoofde.  Jesus se waarskuwing is des te meer van toepassing op die hedendaagse kerk, sy leiers en sy lede.

Nie almal wat sê ‘Here, Here’ gaan in die Koninkryk wees nie:  Mat 7:21-23

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van my af, julle wat die wet van God oortree.”

  1. 3. WAT BELY DIE NGK?

Om te bepaal of ‘n kerk sy doel bereik, kan na die uitlewing van die kerk se belydenis gekyk word.  Uittreksels van die verskillende belydenisskrifte word vervolgens gegee om aan te toon dat dit ooreenkomstig die Skrif is, maar helaas nie suiwer geleef word nie. Dit sluit onder andere in die Twaalf Artikels van die Algemene Ongetwyfelde, Christelike Geloof, die Drie Formuliere van Eenheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls).

Die Twaalf Artikels lees as volg:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;

en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;

wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;

opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Ek glo in die Heilige Gees;

ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die liggaam

en ‘n ewige lewe.

Die Heidelbergse Kategismus, Sondag 21 vraag 54 bespreek die wese van die Christelike kerk:

Vraag: Wat glo jy van die heilige, algemene Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.

Die kenmerke van die WARE kerk word ook raak beskryf in Annes Nel se boek Op soek na God … buite die kerk? (sien Bylae D). Die Ware kerk is nie in ‘n struktuur vasgevang nie, maar lewe in die harte van die gelowiges, waar immers die Gees van God woon van die wat Jesus aanvaar het.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 29 bespreek die kenmerke van die ware kerk:

Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken.

Dordtse Leerreëls bespreek besluite ten opsigte van dwalinge wat geruime tyd gelede geneem is en nog net so van toepassing is. Die titels sluit in:

Hoofstuk 1 … Werwerping van die dwalings waardeur die Nederlandse kerke ‘n tyd lank in beroering gebring is (oor Goddelike uitverkiesing en verwerping)

Hoofstuk 2 … Verwerping van dwalings (oor die dood van Christus en die verlossing van die mense deur Sy dood)

Hoofstuk 5 Verwerping van die dwalings oor die leer van die volharding van die heiliges

Die sakramente van die doop en die nagmaal, asook die bevestiging van gelowiges, leraars, ouderlinge en diakens deel ook ‘n  tersaaklike stelling/ vraag:  “Glo u dat die Heilige Skrif die Woord van God is en die ware en volkome leer van die saligheid is”? Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die NGK se belydenis ooreenkoms die Skrif is. Maar hierdie geloofstelling word in al groter mate betekenisloos met agenda’s, besluite en uitsprake van sinodes en teoloë.  Die probleem kom dus met die toepassing en die uitleef daarvan te midde van die invloed van die wêreld; dis hier waar die NGK besig is om te faal, en sluit ook die nagelating van die wet en die kerklike tug in. Met ander woorde die uitsprake wat tans gemaak word, is teenstrydig met die belydenis. Die uiteinde kan ‘n aanpassing in die belydenis wees, en so word die wese van die geloof afgewater/ besmet (suiwerheid ingeboet).

  1. 4. DRIE TIPE KERKE

Die analogie wat hier te sprake kom, is afgelei van Dirkie van der Spuy se herlewingspreek by NG Moedergemeente Secunda in Januarie 2010 – sien Bylae C vir opsomming van die preek.  Daar is drie tipe mense, die ongereddes, die wêreldse christene en die geesvervulde christene.  Indien die kerk as ‘n versameling van hierdie tipe mense gesien word, bestaan daar dus ook drie tipe kerke, die wat nie Christus as Weg erken nie, die wat wêreldse Christelike kerke is en die wat geesvervulde of –geleide  Christelike kerke is.

Die kenmerke van die wêreldse Christelike kerk het die eienskappe van die wêreldse christen naamlik lewe in sonde (breek nie daarmee nie), het afgode, en is nie geesvervuld nie! Is dit nie waar die NGK met sy kerkleiers hul tans bevind nie – wêreldse kerk?

Net Christus is die Leier.  Die Here is nie te vinde dat sy kerk wêrelds is nie  –  Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseërs Mat 23:1-11

V1 “Jesus menigte toegespreek … Fariseërs en Sadduseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk.”

V3 “Julle moet alles doen en onderhou wat hul vir jul sê, maar hul voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hul doen self nie wat hul sê nie …:

V5 “Alles wat hulle doen … deur mense gesien te word … gebedsband is groot …ereplekke … rabbi genoem te word.”

V8 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is jul Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is jul Vader: die Vader in die hemel”

V10 “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is jul Leier; die Christus

V11 “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien”

  1. 5. OPENBARINGE AAN GELOWIGES

Daar is bepaalde openbaringe wat die Here aan sy kinders maak – baie daarvan is in die vorm van waarskuwings.

Ek wil na ‘n onlangse openbaring  aan Bernada Fernandez verwys oor haar besoek aan die “ander wêreld”.  Natuurlik kan daar baie gesê word oor die geldigheid daarvan, maar die boodskap daarvan is in ooreenstemming  met die Skrif en dus vir my geldig. Ons moet ter harte neem van die sonde waarteen gewaarsku word. Dit sluit spesifieke waarskuwings aan kerkleiers in wat hul waarsku om suiwer te lewe en so ook die kerk.

So het die Here ook met my gepraat oor die dwalings van die kerk, as volg:

Here, U Woord is so duidelik dat vriendskap met die wêreld vyandskap teenoor U is. Waar/ hoe kan ek inskakel by gemeentes waar ons kan gemeente wees volgens U wil?”

<< Ek wil hê dat jy naby My bly. Ek sal die pad vir jou wys. My Gees lewe in mense; my kerk is in die harte van mense. Ek is daar waar mense my wil hê >>

“Here, ek dink om te bedank uit NGK, wat is U wil asb?”

<< Het die kerk nou groter geword as sy Heer? Was hy maar koud of warm – is lou en Ek gaan hom uit my mond spuug! Hou jy by wat jy geleer het. >>

“Here, ek hou vas aan U en u Woord. Laat U Gees my lei volgens u wil.”

Daar is ook musiek oor die valsheid in die kerk soos van die sanggroep Prophet met hul CD  Plastiekkansel. Hul inspirasie is uit die Woord, en sluit hul eie vertaling  daarvan in:

2 Tim 4:3, 4 “…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle wend tot fabels.”

Prophet se vertaling: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”

“… en o die hart is siek!” klink die refreim van een van die liedjies, ‘n duidelike beeld van die valsheid van die kerk (sien Bylae D vir die volledige woorde van die liedjie).

  1. 6. WAT BETEKEN DIT?

Die valse kerk of wêreldse Christelike kerk bestaan werklik – net soos in Jesus se tyd, is dit vandag ook inherent deel van die huidige kerkstrukture.  Ons moet daarteen waak en optree soos:

  • Jesus daarteen gewaarsku en opgetree het ;
  • die belydenisskrifte, spesifiek die Dordtse Leerreëls daarteenoor standpunt ingeneem het en dit in die kerk beveg het;
  • preke van leraars beroepe doen op wêreldse christene om te groei na geesvervulde christene, dieper VERHOUDING met God en Jesus deur die Gees;
  • geopenbaar is  aan gelowiges wat  die kerk om suiwer te wees/ word, en
  • groepe dit uitsing om nie plastiek te wees maar eg/ opreg soos Jesus!
  1. 7. WAT VRA DIT?

Die Skrif is duidelik oor hoe die Ware kerk van Christus behoort te wees. Die belydenisskrifte van die NGK gee ‘n nog duideliker vereiste van wat verwag word. Een van die sterk afleidings wat mens kan maak, hetsy uit die Skrif, preke van leraars of openbaringe aan gelowiges, die boodskap is duidelik en eenstemming:

Die Here wil hê ons moet net Hom aanbid en suiwer volgens sy Woord lewe. Daar is geen kompromieë wat enigsins na vore gekom het nie!

In die woorde van ‘n NG leraar tydens ‘n onlangse program Bepeinsing op RSG: “just do it!”

Wat vra dit van die kerk en elke gelowige?  Volharding  om te lewe soos Jesus: leer van die Vader en help siekes/ verlig nood.

  • Ware gelowiges is deel van die Ware kerk:  Christus is Leier;
  • Word ernstig  “Bely… gaan doen (sondig)  nie weer nie”  (Jesus vergewe);
  • “My huis is huis van gebed” ;
  • Mat 9:12 “Ek het nie gekom vir die op die regte pad … maar vir sondaars; Ek verwag barmhartigheid”;
  • Jesus laat mense wat genees is, by kerk inskakel (reinigingsvoorskrifte volg);
  • Jesus is Here van die sabbat en die kerk:
  • Jesus antwoord Fariseërs se vrae met wysheid uit die Skrif; Hy  weet wat skrifgeleerdes dink van Hom;
  • Kerk soek ‘n teken – net teken van Jona (geloof) word gegee;
    • Jesus waarsku teen vals profete – aan hulle slegte vrugte sal hulle geken word:
    • Pasop vir mense wat ander in sonde laat val het – saad tussen onkruid
    • Spreek Hom direk uit teenoor  ‘wat hart van vol is , loop mond van oor’;
      • “Dit help niks om My te dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie”;
      • Waarom ongehoorsaam jul self die gebod ter wille van oorgelewerde gebruike (ontneem die gesag van God)  Jes 29:13 “Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met hul mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.”
      • Jesus waarsku – pasop vir die leer van die kerk;
      • Jesus jaag handelaars uit die  kerk;
      • Redeneer met insig o.a oor belasting – “Julle dwaal omdat jul nie die Skrif en ook nie die krag van God KEN nie”; “Hy is God van lewendes”;
      • Ken God in leerstellings/ uitsprake.
  1. 8. GEVOLGTREKKINGS

Die NGK is op ‘n dwaalpad, wil met geleerdheid die Skrif verander sonder voldoende gebede van wat God wil hê (“hulle KEN My nie…”). Die kerk toon al die tekens van ‘n wêreldse Christelike kerk, wat kompromieë en nie die veranderinge deur die Gees van God laat bekragtig nie. In die vroeë tyd het die profete daardie rol gespeel, maar nou het ons die Gees tot ons beskikking.  Kennis van God is deur geloof en nie deur geleerdheid nie. Verwys na 1Kor 1:18-31 – Christus, die krag en die wysheid van God. Dwalinge is verstaanbaar volgens 1 Kor 2:14:  ”Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hulle is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

Vir solank as die NGK nie sy fokus op sinodale vlak plaas op die Ware kerk se rol soos Jesus dit uitgeleef het (geloof, hoop, diensbaarheid, nederigheid, selfbeheersing, …doen dit aan die minste onder julle.., werklike  skatte is hemelse skatte, naasteliefde, ensovoorts) slaag die satan in sy doel om die NGK se energie en aandag te vestig op beuselagtighede wat geen ewige belang soos Jesus ons geleer het dien nie. Een ding is seker -die duiwel is hard aan die werk om die Christelike geloof in felheid aan te val – openlik maar ook ongemerk en onderduims.

Die Ware kerk leef in christene se harte, die NGK sal nader daaraan moet beweeg na Ware kerkwees (geesgelei) as hul nog relevant wil wees as Christelike kerk. Jesus het nie met geleerdheid gepraat nie, maar met insig en wysheid – dis hoe christene en ook die Ware Christelike kerk behoort te wees. “Wysheid begin met die DIEN van die Here”. Dus meer geloof, minder redenasies soos die teoloë (Fariseërs, skrifgeleerdes, ensovoorts).

God dui ook in die Skrif aan dat die Ware kerk gaan ly. As mens na godsdiens wêreldwyd kyk, is dit slegs die Ware Christelike kerk wat vervolg word en deurlopend aan sy kern bevraagteken word. Dis ‘n duidelike teken dat daar net een waarheid is en dat hierdie waarheid reg teenoor satan se planne staan. Die kompromie gesprekke in die NGK is dus duidelik wat satan wil hê.Die NGK moet opstaan uit sy sonde en die aanslag beveg!!!

  1. 9. PLEIDOOI VIR TERUGKEER NA GOD

Die woorde van Jesus: “Ek vergewe jou, gaan en sondig nie meer nie.”, wil ek die NGK toebid. Met verwysing na die Ou Testament, het die volk soms vir jare “weggekom” met sonde, maar as die straf gekom het, was dit ook jarelange ballingskap. Genadetyd is besig om vir die NGK uit te loop – keer terug na die wese van die godsdiens volgens Rom 12: 1, 2:

“… Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. … Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Die louheid moet besweer word soos in die boodskap aan Laodisea, Open 3:15-20 “Ek weet wat jul alles doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog koud of warm was!

Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg ….

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.”

Die NGK moet sy eie belydenis tot uitvoering bring – dwalinge beveg  soos in die drie formuliere van eenheid uiteengesit.

Die NGK moet weer ‘n huis van gebed word!  Mat 21:13 “(Jesus het) vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed wees’, maar julle maak dit ‘n rowersnes.”

Die sinlose praatjies moet gestop word, soos in  1 Tim 6:20-21 “Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie “kennis” aanhang en so van die geloof afgedwaal het.

Die genade sal by julle wees!”

As daar voortgegaan word op hierdie pad van wêreldse kompromieë, dan is die NGK se leiers ook Fariseërs en skrifgeleerdes (leraars) wat Jesus kruisig!  Dus huigelaars in Jesus se woorde … Mat 23:13-36. God is groter as die NGK struktuur!

Ek glo in ‘n lewende God wat betrokke is in hierdie wêreld, en wil onwillekeurig begin bely:

…Ek glo in die Heilige Gees;

ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges…

Die Heer HET opgestaan! Amen!

BYLAE

  1. A. PROMOSIE MATERIAAL oor POSTMODERNE  ONTLUIKENDE KERK  (“EMERGING CHURCH”) deur WTL (Waarheid teenoor Leuen) BEDIENINGE

“Sedert die vrystelling van die dokumentêre DVD Nuwe Strominge in die Teologie: Word die Hart van die Evangelie Uitgeruk?, het daar heelwat ander strome besoedelde water in die groot teologiese en kerklike see gevloei. Terwyl talle “wagters op die mure” steeds besig is om te waarsku en te stry teen vorige dwaalstrominge, het die mees resente stroom van geestelike misleiding byna ongemerk die Christelike Kerk wêreldwyd oorspoel. Hierdie uiters subtiele postmoderne “herverwoording” van die Evangelie staan bekend as die Ontluikende Kerk (Emerging Church), en is besig om in ‘n toenemende mate ‘n alles omvattende paradigma verskuiwing in elke faset van die Christendom teweeg te bring.

In hulle soeke na “nuwe maniere van kerkwees” in ‘n postmoderne tyd, het verskeie leiers van die Ontluikende Kerk gaan kers opsteek by van die voorste New Age denkers en Intergeloofs-mistici in die wêreld. In sy boek Quantum Spirituality: A Postmodern Apologetic beskryf bekende Emergent- leier Leonard Sweet, New Agers soos Matthew Fox, M. Scott Peck, Ken Wilber en David Spangler as “New Light Leaders” en sê dat hulle sy persoonlike rolmodelle en vernaamste leermeesters is. Rob Bell, ‘n ander baie prominente Ontluikende Kerk-leier, begelei sy gemeentelede in die doen van Joga- oefeninge tydens “eredienste”. Die Hindoe “Joga Meesters”, beweer hy, kan ons leer hoe om waarlik volgelinge van Jesus te wees. In sy boek Velvet Elvis, propageer hy die boek van New Ager Ken Wilber oor “Integrale Spiritualiteit”. (Soos ‘n ware postmodernis sê Wilber op sy webtuiste dat “Integrale Spiritualiteit” die hoogste vlak van spiritualiteit is waar mens ontdek dat jy uitgestyg het bo uitgediende idees dat een Godsdiens waar en ‘n ander onwaar is.) Rob Bell was ook verder ‘n aktiewe deelnemer aan die groot Seeds of Compassion Intergeloofs-konferensie van die Dalai Lama, Boeddhistiese leier van Tibet. Die Emergent leier Brain McLaren, verkondig op sy beurt dat Boeddhiste, Hindoes en Jode “volgelinge van Jesus” kan word sonder om hulle oorspronklike geloof te verlaat en Christene te word.

Talle sg “behoudende” Suid Afrikaanse teoloë en kerkleiers wat nie deur vorige dwaalstrome soos die Jesus Seminar en Nuwe Hervorming meegesleur was nie, het nou blykbaar met groot ywer ingekoop op Emergent. In ‘n poging om die kerk “relevant” te maak vir die postmoderne mens, het hierdie teoloë die deure van die kerk in SA wyd oopgegooi vir Emergent leiers soos Leonard Sweet, Rob Bell, Brain McLaren, Tony Jones, Erwin McManus, ens. In sy boek Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede: Geloofsgemeenskappe in pas met ‘n Postmoderne Wêreld, propageer prof Nelus Niemandt van Tukkies hierdie bg Emergent-leiers, hulle idees en die postmoderne paradigma sonder enige voorbehoude. Onder die opskrif: My kop is geswaai, skryf die bekende prof Stephan Joubert in sy voorwoord tot die boek: “Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers…Sy insigte is asemrowend…” Die Nuwe Drome boek sê hy, is ‘n “absolute juweel…kop-oopmaak materiaal …horison­verskuiwend…sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel…”. Joubert skryf verder: “Nelus het goed daarin geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord!”

Dit is ‘n tragiese dag vir die Kerk wanneer “behoudende” teoloë na wie baie opsien vir leiding, die lof besing van “wolwe in skaapsklere” en die deur van die skaapkraal opgooi vir hierdie sg “mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees”. Of hierdie teoloë dit uit onkunde doen en of hulle presies weet wat hulle doen, kan ‘n mens maar net wonder. Hoe dit ookal sy, die dodelike effek op niksvermoedende lidmate van die Kerk bly egter dieselfde – en dit is nie net die skape nie,  maar ook die lammertjies wat ter slagting gelei word! Nelus Niemandt se Nuwe Drome is nou ‘n voorgeskrewe boek vir teologiese studente. Op die “blogsite” van een van die teologiese studente van Tukkies, ene Cobus van Wyngaard, kan die vernietigende uitwerking van die Emergent- en vorige teologiese dwaalstrome op die geloof en denke van studente duidelik gesien word. Na wat verneem word is sowat negentig persent van die teologiese studente by Tukkies reeds deur hierdie dwalinge meegesleur. Leonard Sweet het ook reeds lankal by Tukkies opgetree en heelwat predikante in SA opgelei volgens die “nuwe” paradigma.

Die misleiding van die Emerging Church word tans op ‘n groot skaal deur die kerklike media in die Suid- Afrikaanse Christelike gemeenskap ingedra. Tydens ‘n reeks programme op Radiokansel het prof Stephan Joubert, dr Gustav Claasen en ander predikante, die insigte van Emergent leiers soos oa Leonard Sweet en Rob Bell voorgehou as die antwoord vir die kerk van vandag. Op prof Jan van der Watt se Bybelprogramme op beide RSG en Radiokansel, het prof Pieter de Villiers, professor in Spiritualiteit by Kovsies, die boeke en kontemplatiewe spiritualiteit van oa Thomas Merton, ongekwalifiseerd gepropageer. Merton was ‘n Intergeloofs-mistikus wat gelyktydig ‘n Rooms Katolieke monnik en ‘n Boeddhis was. Merton het gesê “I see no contradiction between Buddhism and Christianity….I intend to become as good a Buddhist as I can.” Die reeks Nooma DVD’s van Rob Bell vorm die sentrale tema van ‘n nuwe reeks Christelike TV programme op SABC 2 getiteld Ware Noord. Van die mees prominente Christenleiers en teoloë in SA word op Ware Noord gebruik om insette te lewer en positief aan te sluit by Rob Bell se boodskap. In die winkels van CUM Boeke rol die rande in, danksy die blitsverkoper boek The Shack, waarin ‘n tipiese Emergent / New Age verdraaing van die Drie-Eenheid verkondig word. “God die Vader” is ‘n swart vrou wat as “Pappa” bekend staan. Dit herinner sterk aan die Black Madonna en die Vader / Moedergodin van die Paganisme en Shamanisme. Die “Heilige Gees” is ‘n Oosterse vrou genaamd “Sarayu”. Sarayu is ‘n mitologiese stroom heilige water wat uit die geboortestad van die Hindoe god, Rama, vloei. Die “Jesus” in The Shack is ‘n Intergeloofs panteïstiese “Jesus” wat ontken dat hy die enigste weg tot die Vader is. Wêreldwyd is die ganse “Christendom” in vervoering oor die boek – ook hier in SA. Op talle radio- en TV-programme word die boek deur vooraanstaande Christenleiers en teoloë aanbeveel. Dit loop soos ‘n veldbrand deur die land.

Van regoor die land verneem ek van gemeentes waar die dominee die gemeentelede inlei in verskillende vorme van meditasie, kontemplasie, sentreringsgebede, Rooms Katolieke rituele, die loop van labarinte, ens. By een gemeente moes hulle selfs ‘n tipiese New Age “Ek Is” mantra opsê. Orals word Rob Bell se Noomas in kerke vertoon. The Shack word vir kinders aanbeveel in die katkisasieklas. Talle gemeentes skeur uitmekaar agv die “nuwe postmoderne manier van kerkwees”. Die Christene wat onderskei wat aan die gang is, word as “resisters” en “moeilikheidmakers” geidentifiseer en uit die gemeentes uitgewerk, terwyl die slapende meerderheid niks agterkom nie en rustig voortgaan met “kerk”. Daar is talle voorbeelde hiervan. Gemeentelede wat hierdie dwalinge uitwys en klagtes daaroor lê, kom meestal agter dat hùlle in die beskuldigde bank opeindig en die skuldiges vrygespreek word.

Die mees ontstellende aspek van die Emergent infiltrasie, is dat hulle veral die kerklike jeug van die wêreld in hulle visier het. Youth Specialties is ‘n multi-biljoen dollar Emergent jeugorganisasie wat internasionaal opereer. In hulle gratis kursusmateriaal, wat wêreldwyd deur jeugleiers en -predikante van hulle massiewe webtuiste afgelaai word, propageer hulle oa mistieke Oosterse meditasie praktyke, homoseksualiteit en masturbasie. Volgens hierdie webtuiste moet jongmense egter hulle masturbasie na ‘n “dieper” geestelike vlak neem deur hulle gedagtes op “God” te fokus wanneer hulle masturbeer! Toe my eie dogter onlangs saam met die jeuggroep van ‘n groot bekende NG Gemeente op ‘n jeugleierskursus wou gaan, moes ons uitvind dat die betrokke jeugleraar van die opleidingskursusse van Youth Specialties gebruik maak.

DIT HET LAAT GEWORD VIR DIE KERK IN HIERDIE LAND – LATER AS WAT ONS DINK! Ek wil u verseker – die tekens van die groot geestelike afval waarna ek hierbo verwys het, verteenwoordig maar net die punt van ‘n veel groter ysberg van Antichristelike Infiltrasie wat reeds ons ganse samelewing en die kerk deurtrek het. Onthou die waarskuwende woorde van die Here Jesus aan Sy gemeente in Sardis: As jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief…” Ons kan nie langer bekostig om te bekommer oor “die goeie naam” van ons Kerk en sy leiers terwyl ons die Naam van die Here van die Kerk deur die modder sleep nie! Ons kan nie langer ons eie naaktheid met vyeblare probeer verberg en voortgaan om gruwelike Antichristelike dwaalleer toe te smeer en as “Nuwe Teologie” te herinterpreteer nie. Die Skrif sê: “…moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak (Ef 5:11) Ons en ons kinders kan nie langer bekostig om soos blinde volgelinge van blinde leiers na ‘n geestelike afgrond voort te strompel nie. Jesaja het tereg gesê:  

“Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie (OV: hulle merk niks op nie) Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie… Hulle is herders sonder insig…” Oor die tragiese geskiedenis van die geestelike verval van die Kerk van Christus, kan ons maar net die woorde van Hosea 4:6 in groot rooi letters skryf: “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal ek jou verwerp…” Moenie langer onkundig bly nie. Kom sluit by ons aan vir ‘n Inligtingseminaar op Saterdag, 28 Feb 2009 en kom gesels saam oor wat ons nou te doen staan te midde van hierdie krisis in die Kerk. Verdere inligting is hierby aangeheg. èèè Groete in Christus, Sarel van der Merwe,  WTL Multimedia Bedieninge

B.   JESUS SE OPTREDE TEENOOR DIE KERK volgens EVANGELIE MATTEUS

  1. i.      Vals profete 7:15-20

V15 “Pasop vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hul verskeurende wolwe.”

V16 “Aan hul vrugte sal julle hulle ken…”

V17 “…maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte”

V19 “Elke boom wat nie goeie vrugte dra, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

V20 “So sal julle die valse profete dan aan hul vrugte ken.”

  1. Genesing van ‘n melaatse 8:1-4

V4 “Jesus sê… ‘Jy moet vir niemand vertel nie … maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”

  1. Hoe Jesus gevolg moet word 8:18-22

V19 “Skrifgeleerde … sê vir Hom: ‘Ek sal u volg waar u ook al mag gaan.”

V20 :…’Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie.’”

  1. Genesing van ‘n verlamde man 9:1-8

V2 “… Jesus… ‘Vriend wees gerus, jou sondes word vergewe.”

V3 “Party van die skrifgeleerdes het by hulself gesê; ‘ Hy praat godslasterlik”

V4 “Maar Jesus het geweet wat hul dink … sê:’ waarom het julle sulke gedagtes in jul harte?”

V6 “Maar Ek gaan nou vir jul bewys lewer … Seun volmag het… ‘Staan op, vat jou draagbaar…”

  1. v.      Roeping van Matteus 9:9-13

V11 “Toe vra die Fariseërs vir Sy dissipels: ‘Waarom eet jul leermeester saam met tollenars en sondaars?’”

V12 “Maar Jesus het dit gehoor. ‘Die wat gesond is, het die dokter nie nodig nie, maar die wat siek is.”

V13 “Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie… Ek het gekom om nie mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

  1. Genesing van ‘n stom man 9:32-34

V33 :”Nadat die duiwels uitgejaag was, het die stom man begin praat”

V34 “Maar die Fariseërs het gesê:’Dit was met behulp van die aanvoerder van die duiwel dat hy duiwels uitdryf”

  1. Jesus stuur sy dissipels uit 10:5-15

V7 “Gaan verkondig; ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom”

Aansporing om Christus te bely h10:32-33

V32 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader”

  1. Beloning 10:40 – 11:1

V41 “Wie ‘n profeet ontvang, sal ‘n profeet se beloning ontvang… wie ‘n goeie mens ontvang… sal ‘n goeie mens se beloning ontvang.”

Jesus is Here oor die Sabbat 12:1-8

V1 :Jesus… het op die sabbatdag deur gesaaides geloop… Sy dissipels … honger, are gepluk en geeët.”

V2 “Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom; ‘Kyk daar! U dissipels doen iets wat die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”

V3 :Maar Hy sê…: ‘Het jul gelees van Dawid… manne honger… huis van God ingegaan en van die oferbrood geeët”

V6 “Ek sê vir julle: ‘Hier is een wat groter is… Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie”

  1. Man met gebreklike hand 12:9-14

V9 “Jesus het… sinagoge gekom …’Mag mens op sabbatdag iemand gesond maak?’ Hulle bedoeling was om ‘n klag teen Hom te kry.”

V13 “Toe sê Hy: ‘Steek jou hand uit … sy hand was reg.”

V14 “Die Fariseërs het toe uitgegaan…”

  1. x.      Jesus en Beëlsebul 12:22-32

V22 “Fariseër … ‘Hy dryf duiwels uit met behulp van Beëlsebul”

V25 “Jesus het egter geweet wat hulle dink: “Elke koninkryk wat verdeeld is gaan ten gronde”

V28 “Aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, het die Koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom”

  1. Boom word aan sy vrugte geken 12:33-36

V34 “Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor”

  1. Teken van Jona 12:38-42

V38 “Party van die skrifgeleerdes en Fariseërs sê vir Hom: “Meneer, ons wil ‘n wonderteken van U sien”

V39 “Maar Hy antwoord: ‘’n Slegte en afvallige geslag vra ‘n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona (drie dae in ‘n vis … Jesus drie dae in aarde)

V42 “Mense van NInive sal op oordeelsdag saam met mense getuig … mense het hul immers bekeer

  1. Verklaring van die gelykenis van die onkruid 13:36-43

V41 “Die seun van die mens sal sy engele stuur en hulle sal uit die Koninkryk verwyder almal wat ander mense in die sonde laat val het, en almal wat die die wet van God oortree het”

  1. Die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte 15:1-20

V1 “Fariseërs en skrifgeleerdes … vir Hom gevra: ‘Hoekom verontagsaam u disciples die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte?”

V2”Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van jul oorgelewerde gebruike?

V5 “…So ontneem julle die woord van God se gesag ter wile van jul oorgelewerde gebruike. Huigelaars!” Die profeet Jesaja het jule mooi opgesom… ‘Hierdie volk eer my met hul mond, maar hul harte is ver van My af

V9 “Dit help niks dat hul My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie

Jes 29:13 “Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.”

  1. ‘n Twede versoek vir teken afgewys 16:1-4

V1 “Fariseërs en Sadduseërs weer Jesus op dei proef gestel”

V2 “Jesus antwoord … julle weet om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar teken van die tye … nie”

  1. Suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs 16:5-12

V12 “Toe het hulle verstaan dat Hy … bedoel het dat hul op hul hoede moet wees … vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs “

  1. Gesprek oor egskeiding 19:1-12

V3 “Daar was Fariseërs en Sadduseërs wat Hom op die proef wou stel: ‘Mag ‘n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”

V4 “Hy het geantwoord: ‘Het jul nie gelees dat die Skepper hulle van die begin man en vrou gemaak het nie?”

V7 “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou ‘n skeibrief gee, hy van haar mag skei?:

V8 “Hy antwoord “Dit is oor die hardheid van jul harte … dit was nie van die begin af so nie”

  1. Reininging van die tempel 21:12-17

V12 “Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op tempelplein koop en verkoop daar uitgejaag. Die tafels … stoele omgegooi … My huis sal ‘n huis van gebed wees”

V15 “Maar toe die priesterhoodde en skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien … (gesondmaking) was hul verontwaardig.  …Prys die Seun van Dawid (sang) … sê hulle “Hooe jy wat hulle sê? ‘Ja ‘ sê Jesus … kinders, suigelinge … sal U lof sing?”

  1. Vraag oor Jesus se gesag 21:18-22

V23 “… Jesus … tempel; Hy besig was om mense te leer, kom priesterhoofde en familiehoofde van die volk … vra: ‘Met watter gesag doen uhierdie dinge?”

V24 “Jesus … ‘Ek gaan julle een ding vra, as jul My daarop antwoord, dan sal Ek sê met watter gesag … Hulle redeneer to onder mekaar … Johannes van God af … of van mense … hule antwoord ‘Ons weet nie…”

  1. Vraag oor betaal van belasting 22:15-22

V15 “Toe het Fariseërs besluit om Jesus met ‘n vraag in ‘n val te lok. Hulle stuur van hul volgelinge … en Herodiane …’Meneer. Ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek en getrou aan die waarheid die wil van God bekend maak, sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie.”

V17 “… Is dit reg om aan sie keiser belasting te betaal?”

V18 “Jesus het deur hul valsheid gesien …’ Huigelars, waarom stel jul vir My ‘n strik? Wys vir My die muntstuk …wie se kop en naam is hierop?

V21 “”Die keiser s’n … ‘Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behort en aan God, wat aan God behoort.”

V22 “… hulle was verbaas…”

  1. Vraag oor opstanding uit die dood 22:23-33

V23 “Sadduseërs by Jesus gekom … beweer daar is nie ‘n opstanding nie.”

V29 “Jesus antwoord ‘Julle dwaal omdat jul nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie. ‘Ek is die God van Abraham … Isak, Jakob’, ‘Hy is nie die God van dooies nie, mar van lewendes.”

  1. Vraag oor grootste gebod 22:34-40

V34 “Fariseërs … vraag prober vastrek; ‘Meneer wat is die grootste gebod van die wet?
v37 “Jeus antwoord… ‘Jy moet die Here jou God liefhê … naaste liefhê soos jouself”

  1. Vraag oor Seun van Dawid 22:41-46

V41 “Fariseeërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle: ‘Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy. ‘Dawid s’n”

V45 “As Dawid Hom self Here genoem het, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?”

V46 “Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie.”

  1. Jesus waarsku teen skrifgeleerdes en Fariseërs 23:1-12

V1 “Jesus menigte toegespreek … Fariseërs en Sadduseërs   het die gesag om die wet van Moses te vertolk.”

V3 “Julle moet alles doen en onderhou wat hul vir jul sê, maar hul voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hul doen self niewat hul sê nie …:

V5 “Alles wat hulle doen … deur mense gesien te word … gebedsband is groot …ereplekke … rabbi genoem te word.”

V8 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is jul Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is jul Vader: die Vader in die hemel”

V10 “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is jul Leier; die Christus”

V11 “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien”

  1. Jesus veroordeel huigelary 23:13-28

“Ellende wag vir jul skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars. Julle sluit die deur van die Koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder die wat wel wil ingaan.:

V16 :Ellende … wat ander wil lei en self blind is”

V28 “…jul laat na: ‘geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid”

V25 “Ellende … maak buitekant van die beker en skottel skoon, maar binne vol hebsug en on matigheid”

V27 “Ellende … wit gepleisterde grafte … daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerhede”

  1. Jesus kondig straf aan 23:29-36

V29 “Huigelaars … hou grafte van profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes”

V33 “ Julle slange addergeslag! Hoe sal jul ontkom aan die straf van die hel?”

  1. Profetiese rede; rampe en vervolging 24:3-13

V11 “Daar sal baie valse profete kom, en hul sal baie mense verlei…”

V13 “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.”

  1. Profetiese rede: groot verdrukking 24:15-28

V24 “… daar sal valse christusse en vals profete na vore kom, … groot tekens doen… uitverkorenes te verlei”

Jesus wys sy verraaier aan h26: 20-25

V12 “…een van julle sal My verraai…”

  1. Jesus word gevange geneem 26:47-56

V50 “Maar Jesus sê: ‘Vriend, doen wat jy gekom het om te doen”

V52 “Jesus sê ‘Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal met die swaard omkom”

  1. Jesus voor die Joodse Raad 26:57-67

V63 “Jesus het nils gesê nie”

V64 “Is jy die Christus, die Seun van God? Jesus antwoord: ‘Dit is soos u sê’

V67 “Toe het hul in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan”

  1. Jesus word gekruisig 27:32-44

V41 “Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en familie hoofed ook gespot: ‘Ander kan Hy red, maar homself … nie”

  1. Berig van die wagte 28:11-15

V12 “Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Vertel: ‘Sy dissipels … liggaam gesteel.”

V15 “Hierdie storie word tot vandag onderdie Jode vertel”

C. DRIE TIPE MENSE volgens DIRKIE VAN DER SPUY

Herlewingsfees op 24 Januarie 2010 by NGK Moedergemeente Secunda; 1 Kor 3:1-4, 11-15

i.   Wêreldse mense – ongereddes; EK is op die troon; Christus is buite sirkel (lewe)

  • Eie natuur heers
  • Nie wedergebore
  • Nie in Christus

ii.  Wêreldse christene –gered met skade; babas op melkkos; Jesus binne sirkel (lewe) maar EK is op troon

  • Eiewillig – EK is op troon
  • Afgode
  • Sonde
  • Vrees
  • Onkundig
  • Nie Gees beheersd {KEER profesie, in plaas van dit te KEUR}

iii.  Geesvervulde christene – gered met loon; wandel met God

  • Groei geestelik (gee; uitreik; raak mense aan)
  • Bybelstudie
  • Gebed
  • Hoe word ek vervul? Kies vir Gees/ Jesus, vra net (kies teen eie EK). Wat God sê is belangrik, Sy wil – “jul sal my getuies wees”; bly gehoorsaam ,volg Hom!

Open 3;20 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur opmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom feesmaal hou, en hy saam met My.”

Joh 1: 12 “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, diè wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

D.   OP SOEK NA GOD … BUITE DIE KERK? deur ANNES NEL

Onderstaande is aanhaling uit bogenoemde boek:

“Die ware Kerk van Christus bestaan nie uit ‘n spesifieke kerk nie. Die Kerk van Christus bestaan in die harte en lewe van God se kinders regoor die wêreld. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘kerk verlaat’ en “Kerk verlaat”! Eersgenoemde is nie altyd gewens nie, maar ook nie altyd ongewens nie. Laasgenoemde is ‘n doodsvonnis.Die groot kuns sal wees om ons mensgemaakte kerkstrukture ‘n weerspieëling van God se Kerk in die breë te maak, sonder kompromieë. Dan sal daar dalk ‘n meer herkenbare ooreenkoms tussen die lyste van kerklidmaatskap en Kerklidmaatskap wees (Respondent)”

E.   PLASTIEKKANSEL CD deur PROPHET

(Koos van der Merwe, Theo Geyser @MAR Gospel Music Publishers)

2 Tim 4:3, 4 “…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle wend tot fabels.” Prophet se vertaling: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”

Plastiekkansel (woorde van liedjie)

“Plastiekkansel, plastiekkansel

Die kansel van plastiek

Die half miljoen se akoestiek

Die kleredrag boetiek

Interieur uniek

En tog die hart is siek

Sukses met statistiek

Stygend is die geldgrafiek

Die preek is byna kanoniek

Met afgeronde retoriek

En tog die hart is siek

En hoor die gees musiek

Met metronoom gekliek

Niks is hier mankoliek

Niks is hier eksentriek

En tog die hart is siek

Hoor die Heer se repliek

Hoogmoed in die heilsfabriek

Verborge foute so klassiek

Die sonde is antiek

En o die hart is siek

Want harte is nie reg nie

As harte nie gebreek is nie

En harte is nie reg nie

As dit nie broos en week is nie”


%d bloggers like this: