Ken jou donkerkant?!

Die laaste week of wat het gesprekke met lidmate (oud en jonk), kerklos en kerkloos mense nogal heelwat van my gedagtes stimuleer. Van my vrae en twyfels beantwoord en my laat besef, ja, ons is almal maar mense wat kopkrap en  wonder.

Hoekom is mense so skynheilig? Hoekom dra ons almal die masker: ek is oraait? Hoekom gee ons so voor? Ons lieg vir die wereld en mekaar; onsself!

Iewers, diep binne ons, is iets wat ons vertel dat ons nie mag swak, feilbaar of gebroke wees nie. En as ons dit wel is, dan is ons op een of ander manier “minder” as die res. Slegter, nie goed genoeg nie, mislukking.

Almal met wie ek gesels het, het hierdie gedagtes gehad. Almal.

Nou wonder ek: Wat soek ons in die kerk? Wat soek ek in die kerk op Sondae oggende? Want wat duidelik na vore kom in die gesprekke wat ek gehad het, is dat ons die bogenoemde ook in die kerk ervaar. Mense kyk vir mekaar en wonder. Ons check mekaar uit en fluister in mekaar se ore, oppad huistoe na die diens. Ons bespreek kleredrag, optrede, vals singery ens van die wat ons die oggend gesien het. En wie weet, hulle bespreek dalk ook vir ons? Iewers het ons ‘n ongeskrewe, ongepubliseerde en ongesegde idee van hoe mense moet lyk- binne en buite die kerk. En as jy nie inpas nie, dan’s daar iewers fout. Groot fout. Dalk met jou geloof?!

Ek reken ons sukkel om met onsself eerlik te wees oor wie en wat ons is. Vrajouself die vraag en beantwoord dit eerlik en opreg- tog net vir jouself: WIE IS EK?

‘n Proffie wat vir my klas gegee het, het eendag die opmerking gemaak: Jy ken jouself net waarlik, as jy jou donker kant ook ken…

Nogal iets om oor te dink! En ek het in die jare daarna geleef met die missie om my donker kant ook te leer ken, want ons ken almal ons goeie kant. Nie waar nie? Luister maar na jou eie gesprekke met ander… Wel, dankie Prof! Ek verstaan myself so bietjie beter. Ek’s nie meer so ashamed om na myself te kyk en die foute en shortcomings raak te sien nie. Ek kan ander in die oog kyk en erken, ja chomma, ek het. Ek was daar. Ek’t dit ook gedoen. Nou leef ek makliker met ander saam, en met myself. Ek verstaan hulle en het vir hulle ruimte, ook vir myself. Ek’s meer relaxed. Ek lag meer vir myself. Ek kan ander makliker troos. Ek gee moeiliker voor. Die masker kom bietjie vinniger af. Ek is ek en jy is jy en ons is almal net mens…

Miskien is dit hoekom mense soms wegbly van die kerk af? Dis die bymekaar kom plek van die heiliges, die goeies, die perfektes, die sondeloses, die wat hulle wenkbroue so hoog kan lig. Dis dalk hoekom ekself soms escape. Dis net asof die ou in die kroeg makliker met my chat as die ou wat my by die kerk groet. En tog kry ek hulle ook in die eredienste, en dan smile ons vir mekaar met ‘n oog wat getuig van solidariteit.

Is dit hoekom jongmense so skaars raak? Hulle soek aanvaarding en respek. Hulle soek iemand wat saam met hulle die pad gaan stap sonder om kommentaar te lewer. Sonder iemand wat performance soek. Hulle soek dalk net fellowship, maak nie saak met wie nie. By die kerk is dit skaars, vra my…

Ek sal die ys breek: Ek sukkel ook!

Ek hoor van die dominee/pastoor wat vertel dat die Here elke dag met hom praat. Ek besluit opslag dat ek ook die Here so wil hoor. Nou die oggend sit ek in die studeerkamer, heel gewyd en in stilte. Die Bybel is oop en ek bid: Here praat met my… Vyftig minute later sit ek steeds en bid en wag en al wat ek hoor is die karre wat by my huis verby jaag. Ek hoor ook nie elke dag die Here nie. Meestal moet ek Hom gaan soek. Hy kruip weg en hou sy lyf skaars. Soms gaan dae verby en daar’s niks. Jy is nie alleen nie, ek stap saam met jou, Padlangs. Ons is nie alleen nie, almal stap saam ek en jou, Padlangs.

Bonhoeffer, ‘n Duitse teoloog wat tydens WWII ge-execute is omdat hy deel was van ‘n conspiracy om Hitler te vermoor het my iets geleer van menswees. Hy reken God het ons geskep om net een ding te wees, MENS. Hyself het kom mens word om sy solidariteit met ons te kom bewys. Hy kom wys ons dat daar net een ding is wat ek en jy kan wees en dis mens. As ons ten volle mens is, dan eer ons God. Maar wanneer ons bo ons menslikheid wil uitstyg, wanneer ons iets anders try wees as mens, dan pleeg ons sonde!

Kom ek en jy wees eerlik met mekaar. Kom ons deel ons menswees, volledig, alles. Ons hoef nie pelle te wees nie, nie best buddies nie, maar kom ons kyk mekaar in die oog en erken: ek is nes jy! En smile dan…

Kom ons fight teen skynheilig wees. Kom ons deel ons foute, tekortkominge en gebrokenheid.

Jou sondes is my sondes. My sondes is ook joune. Ek is nie altyd so genuine happy nie. Ek score nie altyd met die girls nie. Ek’s nie die niceste ou nie. Soms lieg ek en soms vloek ek. Soms is ek lui en ander kere weier ek net plain weg…

Hoe lyk dit, mens? Kom jy saam, Padlangs?

Een Reaksie to “Ken jou donkerkant?!”

  1. Magda Kopp Says:

    Ja ons sal die pad loop totdat Jesus kom. Geen mens is goed nie behalwe God.
    Ek was grootgemaak in die NG Kerk en Sondae mag jy nie brei nie want dan steek jy die Here in oog. God sit daarbo reg om jou kop af te kap as jy lelik praat.

    Nadat ek uit die skool is en begin werk het het ek kennis gemaak met mense in die charismatiese kerk. Dit het vir my n heel ander prentjie geskildeer van wie Jesus eintlik is en dat ek met hom n persoonlike verhouding kan he. Ek is nou na al die jare n geredde kind van God sondig nog maar die sonde het geen houvas meer op my lewe nie. In die charismatiese kerk het ek regtig vir Jesus leer ken. Vandag veel later in my lewe ondervind ek baie dinge in sommige charismatiese kerke wat nie strook met die Woord van God nie.

    Ek het besef as jy die woord van die Here nie ken nie dan kan jy maklik die pad byster raak. In die wereld vandag is daar soveel dwaalleraars dat ek geskok was om te verneem dat my eie afrikaanse kerk besig is om die pad byster te raak. Ek dank die Here vir die gemeentes wat nog vashou aan die Woord.

    Kom ek noem net n paar slaggate wat ek bestudeer het.

    Die Voorspoedsteologie

    Die ontluikende kerke wat nou weg beweeg van die bybel en oorsese sprekers soos Brian McClaren, Rob Bell, se leerstellings volg. Jesus het nie regtig opgestaan nie, daar is nie n hemel en n hel nie, alle gelowe lei na dieselfde God.

    Alle kulture kan saam aanbid en ons kan van mekaar leer – n baie prominente professor se daar is waarheid in ander gelowe ons moet net mooi luister. Die nuwe kerk is die sogenaamde “Emergent Church”.

    Asseblief wees op julle hoede bly by wat daar in die bybel staan. Jesus het ons gewaarsku en wees verseker die groot misleiding is besig om die Here se kinders te verstrooi. Jesus het ook gese die groot afval gaan in die kerk begin.

    Jy is reg ons moet nie skynheilig wees nie en ek deel graag ook my foute met jou. Wie het nie foute nie ons het almal n tekort aan God se glorie en liefde.

    Ek hoor ook nie altyd vir Jesus nie maar ek weet Hy is daar en Hy het my lief want Hy het al my sondes aan die kruis vasgespyker. Hy het jou ook lief klou net vas aan Hom elke dag en Hy hoor jou jy dink nie so nie want die duiwel wil nie he ons moet Hom hoor nie. Liefde in Christus

    Magda Kopp

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.