Ons krisis, ons eksperiment, ons vertroue…

Maart 29, 2011

Cobus Van Wyngaard skryf dat wanneer die kerk ‘n krisis beleef, die kerk in een van twee rigtings kan gaan: of ons trek laer, of ons kan iets kreatief na die tafel bring. Ons gemeente beleef tans so tipe krisis (Met krisis verwys ek egter nie na ‘n dreigende-lewe-of-dood-in-die-onmiddelike-toekoms tipe krisis nie; hoewel dit uiteindelik daarheen kan lei).

Ons gemeente is multi-kultureel en (hopelik binnekort ook twee-talig). Uit die geskiedenis en die ontwikkeling van Owamboland het dit so gebeur dat mense oor alle kleurgrense heen hulle oor die laaste aantal jare hier kom vestig het. Hierdie groep is natuurlik “non-indigenous” en oorwegend Afrikaans. Hulle kom vanuit alle denominasies en kerke en aangesien die NG gemeente Verre Noord die enigste Afrikaanse kerk met gereelde/weeklikse dienste is, woon hulle dit by.

Ons kan dus nie in alle eerlikheid sê dat ons ‘n NG kerk in de tradisionele betekenis van die woord is nie. Ons is nou ‘n inter-kerklike/-denominasionele gemeente wat ons skaar aan die kant van die Gereformeerde leer- en daarom ook deel is van die NGK Sinode van Namibië, waarbinne die oorsprong van die gemeente lê. Dit blyk geen probleem te wees vir enige van die ‘lidmate’ nie, aangesien almal dit so verstaan en respekteer en daarom ook die dienste bywoon. Dit blyk te wees dat dit vir hulle oor veel meer gaan as die denominasie/kerk.

Die huidige samestelling van ons gemeenskap en gemeente vereis egter dat ons anders moet dink as die normale NG gemeente: Hoe kan ons almal laat welkom en tuis voel? Op watter maniere kan ons almal ‘n ‘sense of ownership’ van die gemeente laat beleef? Hoe kan ons die eenheid tussen almal opbou en uitbou?

Wat ons natuurlik bring by die groot vraag: Hoe kan ons werkilik kerk wees binne hierdie unieke omstandighede? Waarop moet ons fokus?

Die gemeente voel sterk dat God besig is om met ons ‘n pad van ontdekking te stap. Ons moet ontdek wie ons binne ons konteks is, wat dit beteken om ons identiteit uit te leef binne ons gemeenskap- waaruit daar soms baie kritiek afkomstig is.

Ons het dus onlangs besluit om Padlangs, saam met God te stap en te kyk wat gebeur: Ons het afstand gedoen van die tradisionele konsep van die kerkraad en dit vervang met ‘n gemeentebestuur, sodat persone wat oorspronklik aan ander denominasies/kerke behoort daarop kan dien. Ons is in die proses om die pligte van diakens en ouderlinge aan die lidmate terug te gee- ons fokus sterker op die amp van die gelowige! Ons wil lidmate toerus om God te dien waar hulle woon en werk, en nie net in die eredienste nie. Ons wil graag God se koninkryk vestig in Owamboland op praktiese en sigbare maniere, deur lidmate en nie deur die kerk nie. Ons hoop is dat lidmate hulle gawes sal ontdek en gebruik en self bedieninge sal opdroom.

Ons is ‘n jong gemeente wat ook dra aan die las van finansiële onsekerhede. Ons het geen kerkgebou nie, geen eiendom behalwe die pastorie. Maar ons glo dat godsdiens juis dit is: diens aan God. En dit beteken diens aan ander! Daarom wil ons minder bekommerd wees oor ons eie/die gemeente se survival en meer fokus op die ver-realisering/verwerkliking van God se koninkryk vir ander.

Ja, daar is meer vrae as antwoorde. Daarom kan ons onderneming seker ‘n eksperiment genoem word, want ons het nie al die antwoorde nie. Ons try maar net gehoorsaam wees op ons gebroke en menslike manier. Ons is dit eens dat ons nie regtig weet of dit gaan werk nie, maar ons het ooreengekom om te probeer. Is ons bang? Ja! Onseker? Beslis!

Maar ons vat ‘n kans. Ons try, met vertroue dat God ons sal wys en dat ander ook saam met ons Padlangs sal stap. Ons vertrou dat meer positiewe as negatiewe hieruit sal kom, dat meer sal help as kritiseer, dat iets nuuts en kreatief hieruit gebore sal word…

Tot Sy eer!

Die dag toe ek ophou preek het…

Maart 3, 2011

Ou jaar, nuwe jaar is eintlik ‘n wonderlike tyd. Vir my. Eintlik hier van die vroeë middel Desember af.

Ek weet nie of ander mense deur hierdie bewegings van gedagtes en emosies gaan nie, maar ek doen wel. Dis asof my hele wese weet dat dit die tyd is van die begin van een of ander einde. Die ou jaar is op sy rug en die nuwe begin al byna skuins lê. Iets moet verander, wegkwyn, sterf. Iets moet gebore word. Jy ken daardie swaar swangerskapsgevoel van ‘n digter? Jy weet iets gaan gebeur, maar jy’s net nie seker wat nie. En jy sien uit daarna, want jy weet dit gaan die geboortepyne werd wees.

Dis al lank wat ek met die sekerheid binne my rondloop. Die sekerheid dat ek nie al die antwoorde het nie. En ook nie al die antwoorde hoef te hê nie. Ek’s rustig daaroor. Ek het jare gelede daarmee vrede gemaak. Ek praat van antwoorde in die algemeen, maar in die besonder van antwoorde oor die lewe, geloof en God.

Ja, ek het teologie studeer. Maar teologiese studies leer jou nie veel van God nie, wel van die ‘wetenskap’ aangaande die studie van die Bybel, godsdiens(te), sistematiese denke, die oorspronklike tale en dies meer. Maar van God self? Nie regtig nie!

Dis soos die hele debat in die Beeld oor gebed, http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bid-werk-nie-se-dominee-20110228. Gisteraand sit ek in ‘n kleingroep en daar word oor die artikel en uitlatings gesels. Elkeen gee sy insette en die gesprek vloei gemaklik. Ek maak die uitlating dat daar nie eenvoudige en maklike antwoorde in die lewe is nie, veral nie oor God, die lewe en geloof nie- wat natuurlik gebed insluit. Die vraag wat na my kant toe kom is: “Dominee, hoe antwoord jy mense tydens berading?” Sien, mense is onder die indruk dat iemand die antwoorde het. Die dominee het mos geleer hieroor.

Ons leef in ‘n tyd en wêreld waar ons al hoe meer agterkom dat elke vraag, vir verskillende persone, verskillende antwoorde kan hê. Almal ewe reg, ewe gerustellend, ewe vertroostend, ewe geloofsopbouend, al verskil hulle. Want mense verskil! Elke persoon wat saam met God padlangs oppad is, se paadjie verskil van die volgende persson s’n. Ons is elkeen uniek, daarom ook ons pad saam God. Daarom ook ons antwoorde…

Antwoorde lê nie in dogma’s en belydenisse opgesluit nie (hoewel hulle belangrike riglyne is van waar ons kan dink en redeneer). Antwoorde is opgesluit binne verhoudings. Dis binne verhoudings waar ‘n mens kan redeneer, kan kwaad word, twyfel kan uitspreek, kan skree, kan huil, kan lag en vreugde deel. En uiteindelik ook antwoorde kan vind.

Antwoorde kan nie geleer word nie!

Antwoorde word binne verhoudings ontdek, beleef en gedeel.

Terug by die swangerskap gevoel van ‘n digter. Iets het verander. Iets het gesterf en weggekwyn. Iets nuuts is gebore. Ek het besluit om op te hou preek. Ek gaan versigtiger wees om te sê: “So sê die Here…” Ek wil eerder gesels. Ek wil hê mense moet weet ek het nie al die antwoorde nie; ek gee nie voor om al die antwoorde te hê nie. Ek is bereid om saam te reis, met God, myself, my gesin, gemeente en gemeenskap. Om in verhoudings te staan en saam te soek, saam te ontdek en te deel in die ervarings. Want ons is almal saam agter God aan, padlangs.

Ek vermoed die eredienste gaan nou  anders lyk en voel. Iets anders gaan gebeur. Die vraag is hoe, wat, wie en wanneer… En ons weet natuurlik waar die antwoorde lê?

Gesinwees = Kerkwees?

Maart 16, 2010

Snaakse ding gebeur die laaste tyd. Ek het nog altyd sterk gevoel oor hierdie saak, maar besef skielik dat dit miskien nie sterk genoeg was nie. Of dat ek my roeping iewers gemis het, of gewag het dat die tyd ryp word, of so iets…

Anyway, gesinne was nog altyd vir my baie belangrik. Genuine.

Snaakse ding gebeur die laaste tyd. Ek kry met al hoe meer ouers te doen wat my wil kom sien, of wat vinnig ‘n vraag my kant toe skiet, of wat actually by my huis opdaag. Oor hulle kinders…

Kinders het my nog altyd ge-fascinate. Dalk oor ek so baie dink aan my kinderdae en ervarings daartydens. Selfs toe ek kind was. Dalk oor ek op so baie maniere nog self kind is… Hoe werk hulle koppe? Hoe ervaar hulle die lewe en die dinge in die lewe? Hoe interpreteer hulle die wereld rondom hulle? Is dit hoekom hulle soms so weird kan wees? Of hoekom ons vir hulle so weird is? En alles soms vir my?

Ek het beslis nie al die antwoorde nie- indien enige?!

Wat my wel tref, soos my houtwerk-onnie se plank op my gat, is dat alle ouers – feitlik? – lief is vir hulle kinders. Dat hulle vir hulle die beste in die wereld wil en ook probeer om dit te gee.

Maar ook dat die generasie-gaping veel groter is as wat ons ooit kon besef. En dit gaan nie noodwendig oor ouderdom hier nie, maar wel oor die kennis en verstaan wat die een generasie van die ander het.

Dit lyk my dat die meeste van ons nie regtig leef met die bewustelike besef dat daar GROOT verskille tussen generasies is nie. Ons hoor wel mense uiter dinge soos: vandag se kinders… ; ons het anders groot geword… ; in ons tyd was dinge anders… Alles waar, baie waar. Maar wie gaan sit genuine en dink oor wat so pas kwytgeraak is?

Hoekom is dinge anders? Hoekom verskil hulle? Hoe verskil hulle? En is dit noodwendig ‘n slegte ding? Kan ons nie by hulle leer nie?

Ouers het kinders lief en kinders hulle ouers, en tog kom so min gesinne werklik oor die weg. Ek praat van genuine met mekaar klaarkom, op goeie voet meeste van die tyd. Nie net wanneer pa ‘n gunsie nodig het of sussie ‘n roomys wil he nie. Meeste van die tyd, is wat ek bedoel.

Generasies het eienskappe. Elke generasie het sy eie. En hulle verskil. Omdat die tye en omstandighede waarbinne elke generasie grootword, so drasties verskil. Drasties! En daarom verstaan hulle mekaar meer gereeld as nie, verkeerd.

Ek weet nie hoe jy oor sekere dinge dink en voel nie. Ek weet nie hoe jy die wereld, die lewe ens verstaan of interpreteer nie. Daarom verstaan ek ook nie jou optrede nie. En tipies mens, is jy dan stupid, weird en van die pad af terwyl ek reg is, beter as jy, vroeer volwasse en op die pad. Die regte een.

Maar jy voel dieselfde oor my, want jy verstaan nie hoe ek die wereld, die lewe ens verstaan en interpreteer nie.

En omdat ouers en kinders van verskillende generasies is, die eienskappe van generasies nie ken of verstaan nie, kom hulle nie altyd lekker oor die weg nie. Tree kinders op sekere maniere op want sekere dinge is vir hulle belangrik; nie dieselfde dinge as wat vir pa en ma se generasie van belang is of was nie.

Ek wil waag om te se dat ons meeste van die tyd verstaan, interpreteer en reageer soos die generasie waarvan ons deel is. Natuurlik is daar uitsonderings en hoef jy my nie toe te gooi onder voorbeelde nie, ek generalize so bietjie – ek moet om my punt te kan maak.

Die Boek vertel ons van die Een wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is en vra ook dat ons Hom volg. Dat ons dissipels moet wees; dit is studente, skoliere, nabootsers, navolgers, na-apers. Dit veronderstel tog dat ons nie die waarheid, die lewe of die weg daarvan ken nie, reg? Dat ons nog moet leer en oefen?

Ook wat betref ouerswees en gesinwees?

As ons wil navolg moet ons dit seker verantwoordelik doen? Ook ouerwees en gesinwees?

Omdat ons die Lewe wil eer…

Kerk het te doen met menswees Coram Deo. Voor God. Ouerwees en gesinwees is sekerlik deel van menswees. Voor God.

Hoe betrokke is kerkwees en ouerwees en gesinwees met mekaar? Kort daar nie iewers iets nie? Mis ons nie iewers iets nie? Ek doen. Dit lyk my ander doen ook.

Is kerkwees nie familiewees en gesinwees nie? Is ons nie almal broers en susters van Hom wat die Eerste is nie?

Miskien moet kerkwees meer fokus op eenwees. Een gesin, een familie met een God en Vader van almal. Is ons nie almal ouers en grootouers en kinders en broers en susters van mekaar nie? Alles gelyk?

Is gesinwees nie kerkwees nie?

Miskien moet gesinwees meer fokus op kerkwees. ‘n Plek van aanvaarding, vreedsame verskille, vergifnis, handvat en saamstap. Een gesin, dissipels saam oppad in die spore van ons ouer Broer?

Ek is nie ‘n ouer nie, nog nie. Maar as die Lewe woord hou is ek binnekort, oor ‘n week of wat.

Ek het nie al die antwoorde nie – indien enige. Maar iewers in my groot en uitgebreide gesin is daar iemand wat weet. Wat al my padjie geloop het. Wat sal help en raad gee. Wat my sal tools gee om pa te wees. Wat saam my sal stap, Padlangs.

Miskien het ek my doel gevind? My roeping iewers langs die pad opgetel, verloor en nou weer gekry? Miskien is kerkwees vir my om ouer te wees vir my lightie.

En vir al die ander lighties en dogtertjies… En vir hulle ouers…

Miskien moet ons praat oor die gaps tussen generasies. Mekaar leer, lei en help. Ook in die kerk.

Miskien is my vraag oor ons amper-gesin se beroep na Oshakati, ook beantwoord. Miskien…

WêRELDSE KOMPROMIEë IN NG KERK

Maart 5, 2010

Ek plaas die brief presies soos dit aan die NGK en sy predikante gestuur is. Ek het geen veranderinge, hoegenaamd, aangebring nie. Ek sien uit om u menings aan te hoor. Renier Lourens.

OPE BRIEF aan NG KERK MODERATUUR, KERKBODE, EVANGELIESE INISIATIEF, HOëVELD RING en NG MOEDERGEMEENTE SECUNDA                                                                      3 Maart 2010

BESWAAR TEEN WêRELDSE (KOMPROMIEë IN) NG KERK

Opgestel deur Johann Coetzee, ‘n gelowige van die Here Jesus Christus en lid van die Ware kerk van God. Ek skryf hierdie brief in alle opregtheid, baie bewus van my eie tekortkominge. Hierdie brief is met verskeie ander gelowiges getoets en word deur hulle ondersteun. Die wêreldse kompromieë word nie beredeneer nie aangesien genoeg ander verwysings daarvoor bestaan, maar die klem van die beswaar gaan oor dat die misleiding beveg moet word. Mag God ons genadig wees!

SAMEVATTING

Agtergrond. Die afgelope tyd kom die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) al meer in die nuus oor omstrede sake soos aanvaarding van gay leraars met seker voorwaardes. Wat is dit anders as wêreldse kompromieë wat met drukgroepe binne die kerk aangegaan word. Die invloed van die “Emerging “ kerk op die leringe en sieninge v an NG leiers en teoloë word al meer sigbaar. God se onfeilbare Woord, die Bybel, word twyfelagtig/ ongeloofwaardig gemaak, wat die fondament van die Christelike geloof wegneem. Is die sinodale leiding dié van ‘n kerk wat naby sy Here lewe? Of is dit die valse kerk wat nie meer aan Christus gebonde is nie, wat die NGK daadwerklik behoort te beveg? Die Skrif is duidelik oor VALSE LERAARS, soos in 1 Joh 4:6.

Ek wil my beswaar teen hierdie wêreldse kompromieë duidelik op skrif stel, dat dit direk teenstrydig met die Skrif is en teen die leiding van die Heilige Gees, en ook die kerk se eie belydenisskrifte. Dit kom nie van God af nie, want sy skape KEN sy stem en reageer daarop!  As verwysing vir my beswaar het ek vier tipe bronne gebruik, naamlik die Skrif, die NGK se eie belydenis, ‘n NGK preek en openbaringe aan gelowiges.

Alhoewel die fokus op die dwaalleringe gerig is, kan ‘n soortgelyke beswaar gelewer word teen sommige NGK gemeentes se neigings na en stilswye oor wêreldse kompromieë. NGK gemeentelede hoor hierdie neigings vanuit die media. Stilswye van gemeentes dui op aanvaarding van die “verkeerdhede”, en is moontlik die grootste probleem op plaaslike vlak. Dit is ‘n duidelike aanwyser of gemeentes streef na Ware kerkwees of wêreldse kompromieë aanhang!

Wat sê die Skrif oor die Ware kerk? Die ware kerk sluit in: Die ware belydenis is Jesus Christus – 1 Joh 4:1-3; Ware kennis van God is deur geloof , nie deur geleerdheid nie – 1 Kor 1: 21;  Die ware voorbeeld van kerkwees is Jesus – Mat 12: 18-21;  Die ware hart van die kerk is barmhartigheid – Mat 9:13;  Ware rykdom is skatte in die hemel – Mat 10:20-21;  Die ware  gebod is liefde – Mat 22:36 – 40; Die ware Koninkryk is die wil van God – Mat 6: 33; Die ware prys vir die evangelie is vervolging em misleiding Mat 24:9-14.

JESUS se bediening was ‘buite’ die kerk van sy tyd. Hy het nie die ondersteuning van die kerk geniet nie – inteendeel, Hy het die wroeginge op die hals gehaal omdat Hy geen kompromieë aangegaan het nie, gehoorsaam aan die Vader! JESUS se optrede teenoor die KERK het duidelik valsheid/ onsuiwerheid uitgewys.  Die kerkleiers was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar helaas het hul die gebruike rondom die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was.  Jesus se waarskuwing is des te meer van toepassing op die hedendaagse kerk, sy leiers en sy lede. Nie almal wat sê ‘Here, Here’ gaan in die Koninkryk wees nie: Mat 7:21-23.

Wat bely die NGK? Om te bepaal of ‘n kerk sy doel bereik, kan na die uitlewing van die kerk se belydenis gekyk word.  Die verskillende belydenisskrifte toon aan dat dit ooreenkomstig die Skrif is, maar helaas nie suiwer geleef word nie. Dit sluit onder andere in die Twaalf Artikels van die Algemene Ongetwyfelde, Christelike Geloof, die Drie Formuliere van Eenheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls). 

Die stelling/ vraag wat met sakramente en belydenisse gevra word is ‘n aanklag :  “Glo u dat die Heilige Skrif die Woord van God is en die ware en volkome leer van die saligheid is?” Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die NGK se belydenis ooreenkoms die Skrif is. Maar hierdie geloofstelling word in al groter mate betekenisloos met agenda’s, besluite en uitsprake van sinodes en teoloë.

Drie tipe kerke. Daar is drie tipe mense, die ongereddes, die wêreldse christene en die geesvervulde christene.  Indien die kerk as ‘n versameling van hierdie tipe mense gesien word, bestaan daar dus ook drie tipe kerke, die wat nie Christus as Weg erken nie, die wat wêreldse Christelike kerke is en die wat geesvervulde of –geleide  Christelike kerke is.  Die kenmerke van die wêreldse Christelike kerk het die eienskappe van die wêreldse christen naamlik lewe in sonde (breek nie daarmee nie), het afgode,  en is nie geesvervuld nie! Is dit nie waar die NGK met sy kerkleiers haar tans bevind nie – wêreldse kerk? Net Christus is die Leier.  Die Here is nie te vinde dat sy kerk wêrelds is nie – Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseërs Mat 23:1-11

Openbaringe aan gelowiges. Daar is baie openbaringe wat die Here aan sy kinders maak – baie daarvan is in die vorm van waarskuwings. ‘n Onlangse openbaring verwys aan Bernada Fernandez oor haar besoek aan die “ander wêreld”.  Natuurlik kan daar baie gesê word oor die geldigheid daarvan, maar die boodskap daarvan is in ooreenstemming met die Skrif en dus vir my geldig. Ons moet ter harte neem van die sonde waarteen gewaarsku word. Dit sluit spesifieke waarskuwings aan kerkleiers in wat hul waarsku om suiwer te lewe en so ook die kerk.

So het die Here ook met my gepraat oor die dwalings van die kerk. Hy het bevestig dat sy Gees in mense lewe; sy kerk in die harte van mense is, daar waar mense Hom wil hê. ‘Het die kerk nou groter geword as sy Heer? Was hy maar koud of warm – nou’s hy  lou en Ek gaan hom uit my mond spuug! Hou jy by wat jy geleer het.’ Daar is ook musiek oor die valsheid in die kerk soos die CD Plastiekkansel van die sanggroep Prophet.  Hul inspirasie is uit 2 Tim 4:3, 4, en sluit hul eie vertaling  daarvan in: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”; en o die hart is siek!” klink die refreim van een van die liedjies.

Wat beteken dit? Die valse kerk of wêreldse Christelike kerk bestaan werklik – net soos in Jesus se tyd, is dit vandag ook inherent deel van die huidige kerkstrukture.  Ons moet daarteen waak en optree soos wat Jesus daarteen gewaarsku en opgetree het.

Wat vra dit? Die Skrif is duidelik oor hoe die Ware kerk van Christus behoort te wees. Die belydenisskrifte van die NGK gee ‘n nog duideliker vereiste van wat verwag word. Een van die sterk afleidings wat mens kan maak, hetsy uit die Skrif, preke van leraars of openbaringe aan gelowiges, die boodskap is duidelik en eenstemming:  Die Here wil hê ons moet net Hom aanbid en suiwer volgens sy Woord lewe. Daar is geen kompromieë wat enigsins na vore gekom het nie! In die woorde van ‘n NG leraar tydens ‘n onlangse program Bepeinsing op RSG: just do it!”

Wat vra dit van die kerk en elke gelowige?  Volharding om te lewe soos Jesus: leer van die Vader en help siekes/ verlig nood.

Gevolgtrekkings. Die NGK is op ‘n dwaalpad, wil met geleerdheid die Skrif verander sonder voldoende gebede van wat God wil hê (“hulle KEN My nie…”) en toon al die tekens van ‘n wêrelde Christelike kerk, wat kompromieë en nie die veranderinge deur die Gees van God laat bekragtig nie.  Dis dalk verstaanbaar volgens 1 Kor 2:14: ”Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hulle is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

Vir solank as die NGK nie sy fokus op sinodale vlak plaas op die Ware kerk se rol soos Jesus dit uitgeleef het, slaag die satan in sy doel om die NGK se energie en aandag te vestig op beuselagtighede wat geen ewige belang soos Jesus ons geleer het dien nie. Die Ware kerk leef in christene se harte, die NGK sal nader daaraan moet beweeg na Ware kerkwees (geesgelei) as hul nog relevant wil wees as Christelike kerk. Jesus het nie met geleerdheid gepraat nie, maar met insig en wysheid – dis hoe christene en ook die Ware Christelike kerk behoort te wees. “Wysheid begin met die DIEN van die Here”. Dus meer geloof, minder redenasies soos die teoloë (Fariseërs, skrifgeleerdes, ensovoorts).

God dui ook in die Skrif aan dat die Ware kerk gaan ly en mislei word. As mens na godsdiens wêreldwyd kyk, is dit slegs die Ware Christelike kerk wat vervolg word. Dis ‘n duidelike teken dat daar net een waarheid is en dat dit reg teenoor satan se planne staan. Die kompromie gesprekke in die NGK is dus duidelik wat satan wil hê – die NGK moet opstaan uit sy sonde en die aanslag beveg!

Pleidooi vir terugkeer na God. Die woorde van Jesus: “Ek vergewe jou, gaan en sondig nie meer nie”, wil ek die NGK toebid. Die louheid moet besweer word soos in die boodskap aan Laodisea in Open 3:15-20. Die NGK moet sy eie belydenis tot uitvoering bring – dwalinge beveg soos in die drie formuliere van eenheid uiteengesit.  Die NGK moet weer ‘n huis van gebed word! – Mat 21:13. Die sinlose praatjies moet gestop word, soos in 1 Tim 6:20-21.  As daar voortgegaan word op hierdie pad van wêreldse kompromieë, dan is die NGK se leiers ook Fariseërs en skrifgeleerdes (leraars) wat Jesus kruisig, dus huigelaars in Jesus se woorde! – Mat 23:13-36.

INHOUD

SAMEVATTING…………………………………………………………………………………………………………………. 1

1. AGTERGROND……………………………………………………………………………………………………………. 6

2. WAT Sê DIE SKRIF OOR DIE WARE KERK?…………………………………………………………………………. 7

3. WAT BELY DIE NGK?…………………………………………………………………………………………………… 11

4. DRIE TIPE KERKE………………………………………………………………………………………………………… 13

5. OPENBARINGE AAN GELOWIGES…………………………………………………………………………………. 13

6. WAT BETEKEN DIT?……………………………………………………………………………………………………. 14

7. WAT VRA DIT?………………………………………………………………………………………………………….. 15

8. GEVOLGTREKKINGS…………………………………………………………………………………………………… 16

9. PLEIDOOI VIR TERUGKEER NA GOD……………………………………………………………………………….. 16

BYLAE……………………………………………………………………………………………………………………………. 18

A. PROMOSIE MATERIAAL oor POSTMODERNE  ONTLUIKENDE KERK  (“EMERGING CHURCH”) deur WTL (Waarheid teenoor Leuen) BEDIENINGE………………………………………………………………………………………….. 18

B.   JESUS SE OPTREDE TEENOOR DIE KERK volgens EVANGELIE MATTEUS……………………………….. 21

C. DRIE TIPE MENSE volgens DIRKIE VAN DER SPUY……………………………………………………………. 27

D.   OP SOEK NA GOD … BUITE DIE KERK? deur ANNES NEL…………………………………………………… 28

E.   PLASTIEKKANSEL CD deur PROPHET…………………………………………………………………………….. 28

  1. 1. AGTERGROND

Die afgelope tyd kom die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) al meer in die nuus oor omstrede sake soos aanvaarding van gay leraars met seker voorwaardes. Wat is dit anders as wêreldse kompromieë wat met drukgroepe binne die kerk aangegaan word. Dit was ook die woorde van een van die leraars wat die bepaalde sinodesitting bygewoon het: “ dit was ‘n kompromie-besluit, anders was daar skeuring…” Ander sake sluit in die uitsprake van leraars van veral kweekskole wat die pad begin oopmaak vir “God is in almal en almal is in God”; wat is dit anders as ‘n beweging weg van geloof as basis vir redding? Ook uitsprake soos dat die “Bybel net woorde oor God is“ in plaas van die Woord van God, skep ‘n verwatering en verwêreldsing van die Christelike geloof soos die Skrif in der waarheid teen waarsku.

Dat die sinodes enigsins agendapunte soos die bestaan van die duiwel oorweeg, en of Jesus werklik opgestaan het, wek groot kommer. Dis die invloed van die sogenaamde “Emerging “ kerk op die leringe en sieninge van NG leiers en teoloë en word al meer sigbaar – sien Bylae A vir meer inligting.  God se onfeilbare Woord, die Bybel, word ook twyfelagtig/ ongeloofwaardig gemaak, wat die fondament van die Christelike geloof wegneem. Die duiwel het dan daarin geslaag om die fondamente af te breek, Is dié optredes die leiding van ‘n kerk wat naby sy Here lewe? Of is dit die valse kerk wat nie meer aan Christus gebonde is nie? – dit behoort  daadwerklik deur die NGK beveg te word.Die Skrif is duidelik oor VALSE LERAARS, naamlik:

  1. a. 1 Pet 2 Die vals leraars en hulle dwaalleer “Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. ..

Baie sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaad praat van die Weg van die waarheid. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar…”

Hierdie mense is soos droë fonteine, misvolke wat deur ‘n stormwind voortgejaag word. Vir hulle word in die diepste duisternis plek gehou. Hulle is aanmatigend en sê sinlose dinge…”

  1. b. 2Tim 3:14-17 “Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

  1. c. 1 Joh 4:6 “Ons behoort aan God, en wie vir God ken, luister na ons; wie nie aan God behoort nie, luister nie na ons nie. Hieraan kan ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaalleer onderskei.”
  • Sien ook 1 Tim 1-5 Afvalligheid van die laaste tye; 1 Tim 6:2-10 Vals leer en ware rykdom; Eseg13 Jou profete is soos jakkalse tussen die puinhope; 1 Kon12:33 -13:34 {Man van God is ongehoorsaam deur leun van “ou” profeet}

As lidmaat van die NG Moedergemeente Secunda het ek die vernuwing onder andere na ghitaar begeleiding en ander instrumente verwelkom.  Ook die fokus op die lidmaat se verantwoordelikheid om te groei, en om die roeping van die kerk weer in ere te herstel. Maar hoe vereenselwig NG gemeentes hul met die dwaalleringe van sinodes, kerkleiers en dosente sonder om in wese ook vals te wees?

Ek wil my beswaar teen hierdie wêreldse kompromieë duidelik op skrif stel, dat dit direk teenstrydig met die Skrif is en teen die leiding van die Heilige Gees, en ook die kerk se eie belydenisskrifte. Dit kom nie van God af nie, want sy skape KEN sy stem en reageer daarop!  As verwysing vir my betoog/ beswaar het ek vier tipe bronne gebuik. Die belangrikste is die Skrif hoe Jesus die kerk hanteer het, die NGK se eie belydenisskrifte, prediking soos in ‘n onlange herlewingspreek van Dirkie van der Spuy, en openbaringe aan gelowiges ingesluit myself. Dis vir my as ernstige gelowige duidelik dat die Skrif waar is, die Here stil en kragtig werk in hierdie lewe, maar deurentyd sy kinders en kerk waarsku om nie afvallig te raak nie.

Hierdie brief is met verskeie gelowiges getoets en word deur elkeen ondersteun. Alhoewel die fokus op die dwaalleringe gerig is, kan ‘n soortgelyke beswaar gelewer word teen sommige NGK gemeentes se neigings na en stilswye oor wêreldse kompromieë. Die NGK gemeentelede hoor, lees en sien die meeste aktuele onderwerpe uit media geledere. Kerkrade en predikante behoort baie meer daaroor te kommunikeer en hul sieninge deel. Stilswye vanuit gemeentes dui op aanvaarding van die “verkeerdhede”. Dit is moontlik die grootste probleem gesien op plaaslike vlak – gedagtes en voortgesette steun is dus op grond van menings wat vorm vanuit die media – baie gevaarlik, dog waar! Dit sal ook dan ‘n duidelike aanwyser raak of gemeentes streef na Ware kerkwees of wêreldse kompromieë aanhang!! Verwatering om heilig te lewe volgens die Skrif as uiting van dank- en diensbaarheid, is ‘n  verdere voorbeeld van wegbeweeg van die wesenlike van die godsdiens, Rom 12: 1-3.

  1. 2. WAT Sê DIE SKRIF OOR DIE WARE KERK?

Die stryd tussen die ware en die vals kerk (reg teenoor verkeerd) is ou nuus.  Enkele aanhalings oor die eeuoue stryd:

  1. a. Die ware belydenis is Jesus Christus; 1 Joh 4:1-3

Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

Hieraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.

En elkeen wat dit nie bely van Jesus nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichrist, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.”

  1. b. Ware kennis van God is deur geloof , nie deur geleerdheid nie: 1 Kor 1: 21

Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, die te red wat glo.”

Waar jou skat is, daar sal ook jou hart wees.”

  1. Die ware voorbeeld van kerkwees is Jesus:  Mat 12: 18-21

Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.

Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.

En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

Verwys ook na Jes 42:1-4; 11:10

  1. Die ware hart van die kerk is barmhartigheid: Mat 9:13

“Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Verwys ook na Hosia 6:6.

  1. Ware rykdom is skat in die hemel: Mat 10:20-21

“Dit alles het ek nagekom” het die (ryk) jongman gesê. ‘In watter opsig skiet ek nog te kort?’

Jesus het hom geantwoord: ‘As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.’”

Mat 6:19-21 ”Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.

Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

  1. Die ware gebod is liefde:  Mat 22:36-40

”Meneer”, vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”

Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou jou hele verstand.”

Dit is die grootste en die eerste gebod. Die tweede, wat hiermee gelykstaan, is ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’

In hierdie twee gebooie is die hele wet en profete saamgevat”

  1. Die ware Koninkryk is die wil van God Mat 6: 33

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

  1. Die ware prys vir die evangelie is vervolging en misleiding Mat 24:9-14

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en sal julle doodmaak. Julle sal deur die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.”

“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.”

“En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor.”

Jesus se optrede teenoor die kerk word vervolgens bespreek, hoe Hy die opdrag van die Vader volvoer het, daarmee eintlik buite die die kerk opgetree het. Die Evangelie van Matteus is as verwysing gebruik (sien Bylae B vir uittreksel van die betrokke gedeeltes).

JESUS se bediening was ‘buite’ die kerk van sy tyd. Hy het nie die ondersteuning van die kerk geniet nie – inteendeel, Hy het die wroeginge op die hals gehaal omdat Hy met ‘n onortokse styl geen kompromie aangegaan het nie, gehoorsaam aan die Vader!

As christen is die opdrag:  “volg jy My!”. Jesus se lewe is seker die beste voorbeeld van hoe ‘n christen behoort te lewe, en by implikasie hoe die Ware kerk behoort te wees.  Indien die kerk sou afdwaal, dan beteken volg jy My dat die Christen steeds sy Meester moet volg, en nie die kerk nie!  Dit bly ‘n persoonlike saak of mens by die feesmaal gaan aansit, die kerk is net ‘n medium wat van vorm kan verander of selfs verdwyn. Die eienskappe van Jesus se optrede (bediening) kan as volg saamgevat word:

  • Jesus was gehoorsaam aan die Vader, nie die kerk nie;
  • Jesus was saam met dissipels wat in opleiding was, wat andersins nie as dissipels sou kwalifiseer het nie (verkeerd volgens die kerk);
  • Jesus het van sy bediening in die tempel gedoen, sonder goedkeuring van die kerkleiers (mense geleer, genees);
  • Jesus het ook uitgegaan na dorpies om te bedien (mense geleer, genees);
  • Jesus het mense op hul versoek genees (hul was gereed daarvoor), maar die kerk wou dit nie toestaan nie;
  • Jesus het bepaalde bedieningsveld gehad naamlik die Jode (maar sy eie mense het Hom nie as die Christus geëin nie).

Jesus se lering het behels hoe die mens se VERHOUDINGS behoort te wees 1) KEN God (Vader liefhê) en 2) GEE OM vir naaste (liefhê soos jouself)

  • KEN die Vader (God is groter as alles) en KEN vir Jesus as HOOF van die kerk
  • Here is groter as die kerk;
  • God is groter as gebruike/ metodes/ dinge;
  • Here is groter as die leerstellings;
  • Here is groter as die mense/ agenda’s;
  • Leer van die Vader; vereer Hom deur die Gees;
  • God is liefde.
    • DIEN ander (binne en buite die kerk)
    • Lewe in die krag van die Gees wat ewig saam met ons is;
    • Lewe in geloof (genees, verdryf duiwels/ verkeerdhede);
    • Neem deel aan die kerk; ondersteun gebruike leer: “doen wat leiers sê, maar volg nie hul voorbeeld nie”.

JESUS se optrede teenoor die KERK het duidelik geen kompromie met valsheid/ onsuiwerheid getoon nie.  Inteendeel, Hy was baie uitgesproke teenoor die valsheid onder die kerkleiers van sy tyd. Die kerkleiers het die Farisëers, skrifgeleerdes, tempelhoofde, priesterhoofde, familiehoofde en Joodse Raad ingesluit, dus die volle spektrum van die destydse kerkbestuur/ -leierskap. Die volgende is ‘n opsomming van Jesus se hantering/ omskrywing van die valsheid onder die kerkleiers:

  • Hul het die gebruike rondom  die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was; die hart/ gesindheid wat belangriker as net  gehoorsaam is, het hul verloor, naamlik barmhartigheid seëvier oor die oordeel – Mat 15:2;
  • Hul was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar het nie die wysheid van insig in die Skrif gehad om dit uit te lewe nie – Mat 23: 1-3;
  • Hul uiterlike optrede was belangriker as die innerlike gesindheid – Mat 23:5;  beskryf as wit gepleisterde grafte – Mat 23:27;
  • Hul sal aan hul slegte vrugte geken word; boom/ mense sal aan hul vrugte geken word – goeie boom dra goeie vrugte, slegte boom slegte vrugte; Mat 12:33-36;
  • Dit wat hul sê is tog geloofwaardig, maar moenie hul voorbeeld volg nie; toets alles en behou die goeie – Mat 23:3;
  • Jesus antwoord hul strikvrae met wysheid, daag hul uit, waarsku en veroordeel hul skynheiligheid met vergelykings – Mat 19:1-12; 22:23-33; 22:34-46.

Die kerkleiers was goed opgelei in die Skrifte en het geweet wat dit beteken, maar helaas het hul die gebruike rondom die gebooie hoër geag as die Een wie se gebooie dit was. Vergelyk mens die huidige uitsprake van NGK leiers, dan wil dit voorkom of die “gebod” of belydenis nou betwyfel word, in ‘n nog erger graad as die Fariseërs en die res van die kerkhoofde.  Jesus se waarskuwing is des te meer van toepassing op die hedendaagse kerk, sy leiers en sy lede.

Nie almal wat sê ‘Here, Here’ gaan in die Koninkryk wees nie:  Mat 7:21-23

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van my af, julle wat die wet van God oortree.”

  1. 3. WAT BELY DIE NGK?

Om te bepaal of ‘n kerk sy doel bereik, kan na die uitlewing van die kerk se belydenis gekyk word.  Uittreksels van die verskillende belydenisskrifte word vervolgens gegee om aan te toon dat dit ooreenkomstig die Skrif is, maar helaas nie suiwer geleef word nie. Dit sluit onder andere in die Twaalf Artikels van die Algemene Ongetwyfelde, Christelike Geloof, die Drie Formuliere van Eenheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls).

Die Twaalf Artikels lees as volg:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;

en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;

wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;

opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Ek glo in die Heilige Gees;

ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die liggaam

en ‘n ewige lewe.

Die Heidelbergse Kategismus, Sondag 21 vraag 54 bespreek die wese van die Christelike kerk:

Vraag: Wat glo jy van die heilige, algemene Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.

Die kenmerke van die WARE kerk word ook raak beskryf in Annes Nel se boek Op soek na God … buite die kerk? (sien Bylae D). Die Ware kerk is nie in ‘n struktuur vasgevang nie, maar lewe in die harte van die gelowiges, waar immers die Gees van God woon van die wat Jesus aanvaar het.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 29 bespreek die kenmerke van die ware kerk:

Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken.

Dordtse Leerreëls bespreek besluite ten opsigte van dwalinge wat geruime tyd gelede geneem is en nog net so van toepassing is. Die titels sluit in:

Hoofstuk 1 … Werwerping van die dwalings waardeur die Nederlandse kerke ‘n tyd lank in beroering gebring is (oor Goddelike uitverkiesing en verwerping)

Hoofstuk 2 … Verwerping van dwalings (oor die dood van Christus en die verlossing van die mense deur Sy dood)

Hoofstuk 5 Verwerping van die dwalings oor die leer van die volharding van die heiliges

Die sakramente van die doop en die nagmaal, asook die bevestiging van gelowiges, leraars, ouderlinge en diakens deel ook ‘n  tersaaklike stelling/ vraag:  “Glo u dat die Heilige Skrif die Woord van God is en die ware en volkome leer van die saligheid is”? Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die NGK se belydenis ooreenkoms die Skrif is. Maar hierdie geloofstelling word in al groter mate betekenisloos met agenda’s, besluite en uitsprake van sinodes en teoloë.  Die probleem kom dus met die toepassing en die uitleef daarvan te midde van die invloed van die wêreld; dis hier waar die NGK besig is om te faal, en sluit ook die nagelating van die wet en die kerklike tug in. Met ander woorde die uitsprake wat tans gemaak word, is teenstrydig met die belydenis. Die uiteinde kan ‘n aanpassing in die belydenis wees, en so word die wese van die geloof afgewater/ besmet (suiwerheid ingeboet).

  1. 4. DRIE TIPE KERKE

Die analogie wat hier te sprake kom, is afgelei van Dirkie van der Spuy se herlewingspreek by NG Moedergemeente Secunda in Januarie 2010 – sien Bylae C vir opsomming van die preek.  Daar is drie tipe mense, die ongereddes, die wêreldse christene en die geesvervulde christene.  Indien die kerk as ‘n versameling van hierdie tipe mense gesien word, bestaan daar dus ook drie tipe kerke, die wat nie Christus as Weg erken nie, die wat wêreldse Christelike kerke is en die wat geesvervulde of –geleide  Christelike kerke is.

Die kenmerke van die wêreldse Christelike kerk het die eienskappe van die wêreldse christen naamlik lewe in sonde (breek nie daarmee nie), het afgode, en is nie geesvervuld nie! Is dit nie waar die NGK met sy kerkleiers hul tans bevind nie – wêreldse kerk?

Net Christus is die Leier.  Die Here is nie te vinde dat sy kerk wêrelds is nie  -  Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseërs Mat 23:1-11

V1 “Jesus menigte toegespreek … Fariseërs en Sadduseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk.”

V3 “Julle moet alles doen en onderhou wat hul vir jul sê, maar hul voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hul doen self nie wat hul sê nie …:

V5 “Alles wat hulle doen … deur mense gesien te word … gebedsband is groot …ereplekke … rabbi genoem te word.”

V8 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is jul Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is jul Vader: die Vader in die hemel”

V10 “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is jul Leier; die Christus

V11 “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien”

  1. 5. OPENBARINGE AAN GELOWIGES

Daar is bepaalde openbaringe wat die Here aan sy kinders maak – baie daarvan is in die vorm van waarskuwings.

Ek wil na ‘n onlangse openbaring  aan Bernada Fernandez verwys oor haar besoek aan die “ander wêreld”.  Natuurlik kan daar baie gesê word oor die geldigheid daarvan, maar die boodskap daarvan is in ooreenstemming  met die Skrif en dus vir my geldig. Ons moet ter harte neem van die sonde waarteen gewaarsku word. Dit sluit spesifieke waarskuwings aan kerkleiers in wat hul waarsku om suiwer te lewe en so ook die kerk.

So het die Here ook met my gepraat oor die dwalings van die kerk, as volg:

Here, U Woord is so duidelik dat vriendskap met die wêreld vyandskap teenoor U is. Waar/ hoe kan ek inskakel by gemeentes waar ons kan gemeente wees volgens U wil?”

<< Ek wil hê dat jy naby My bly. Ek sal die pad vir jou wys. My Gees lewe in mense; my kerk is in die harte van mense. Ek is daar waar mense my wil hê >>

“Here, ek dink om te bedank uit NGK, wat is U wil asb?”

<< Het die kerk nou groter geword as sy Heer? Was hy maar koud of warm – is lou en Ek gaan hom uit my mond spuug! Hou jy by wat jy geleer het. >>

“Here, ek hou vas aan U en u Woord. Laat U Gees my lei volgens u wil.”

Daar is ook musiek oor die valsheid in die kerk soos van die sanggroep Prophet met hul CD  Plastiekkansel. Hul inspirasie is uit die Woord, en sluit hul eie vertaling  daarvan in:

2 Tim 4:3, 4 “…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle wend tot fabels.”

Prophet se vertaling: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”

“… en o die hart is siek!” klink die refreim van een van die liedjies, ‘n duidelike beeld van die valsheid van die kerk (sien Bylae D vir die volledige woorde van die liedjie).

  1. 6. WAT BETEKEN DIT?

Die valse kerk of wêreldse Christelike kerk bestaan werklik – net soos in Jesus se tyd, is dit vandag ook inherent deel van die huidige kerkstrukture.  Ons moet daarteen waak en optree soos:

  • Jesus daarteen gewaarsku en opgetree het ;
  • die belydenisskrifte, spesifiek die Dordtse Leerreëls daarteenoor standpunt ingeneem het en dit in die kerk beveg het;
  • preke van leraars beroepe doen op wêreldse christene om te groei na geesvervulde christene, dieper VERHOUDING met God en Jesus deur die Gees;
  • geopenbaar is  aan gelowiges wat  die kerk om suiwer te wees/ word, en
  • groepe dit uitsing om nie plastiek te wees maar eg/ opreg soos Jesus!
  1. 7. WAT VRA DIT?

Die Skrif is duidelik oor hoe die Ware kerk van Christus behoort te wees. Die belydenisskrifte van die NGK gee ‘n nog duideliker vereiste van wat verwag word. Een van die sterk afleidings wat mens kan maak, hetsy uit die Skrif, preke van leraars of openbaringe aan gelowiges, die boodskap is duidelik en eenstemming:

Die Here wil hê ons moet net Hom aanbid en suiwer volgens sy Woord lewe. Daar is geen kompromieë wat enigsins na vore gekom het nie!

In die woorde van ‘n NG leraar tydens ‘n onlangse program Bepeinsing op RSG: “just do it!”

Wat vra dit van die kerk en elke gelowige?  Volharding  om te lewe soos Jesus: leer van die Vader en help siekes/ verlig nood.

  • Ware gelowiges is deel van die Ware kerk:  Christus is Leier;
  • Word ernstig  “Bely… gaan doen (sondig)  nie weer nie”  (Jesus vergewe);
  • “My huis is huis van gebed” ;
  • Mat 9:12 “Ek het nie gekom vir die op die regte pad … maar vir sondaars; Ek verwag barmhartigheid”;
  • Jesus laat mense wat genees is, by kerk inskakel (reinigingsvoorskrifte volg);
  • Jesus is Here van die sabbat en die kerk:
  • Jesus antwoord Fariseërs se vrae met wysheid uit die Skrif; Hy  weet wat skrifgeleerdes dink van Hom;
  • Kerk soek ‘n teken – net teken van Jona (geloof) word gegee;
    • Jesus waarsku teen vals profete – aan hulle slegte vrugte sal hulle geken word:
    • Pasop vir mense wat ander in sonde laat val het – saad tussen onkruid
    • Spreek Hom direk uit teenoor  ‘wat hart van vol is , loop mond van oor’;
      • “Dit help niks om My te dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie”;
      • Waarom ongehoorsaam jul self die gebod ter wille van oorgelewerde gebruike (ontneem die gesag van God)  Jes 29:13 “Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met hul mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.”
      • Jesus waarsku – pasop vir die leer van die kerk;
      • Jesus jaag handelaars uit die  kerk;
      • Redeneer met insig o.a oor belasting – “Julle dwaal omdat jul nie die Skrif en ook nie die krag van God KEN nie”; “Hy is God van lewendes”;
      • Ken God in leerstellings/ uitsprake.
  1. 8. GEVOLGTREKKINGS

Die NGK is op ‘n dwaalpad, wil met geleerdheid die Skrif verander sonder voldoende gebede van wat God wil hê (“hulle KEN My nie…”). Die kerk toon al die tekens van ‘n wêreldse Christelike kerk, wat kompromieë en nie die veranderinge deur die Gees van God laat bekragtig nie. In die vroeë tyd het die profete daardie rol gespeel, maar nou het ons die Gees tot ons beskikking.  Kennis van God is deur geloof en nie deur geleerdheid nie. Verwys na 1Kor 1:18-31 – Christus, die krag en die wysheid van God. Dwalinge is verstaanbaar volgens 1 Kor 2:14:  ”Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hulle is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

Vir solank as die NGK nie sy fokus op sinodale vlak plaas op die Ware kerk se rol soos Jesus dit uitgeleef het (geloof, hoop, diensbaarheid, nederigheid, selfbeheersing, …doen dit aan die minste onder julle.., werklike  skatte is hemelse skatte, naasteliefde, ensovoorts) slaag die satan in sy doel om die NGK se energie en aandag te vestig op beuselagtighede wat geen ewige belang soos Jesus ons geleer het dien nie. Een ding is seker -die duiwel is hard aan die werk om die Christelike geloof in felheid aan te val – openlik maar ook ongemerk en onderduims.

Die Ware kerk leef in christene se harte, die NGK sal nader daaraan moet beweeg na Ware kerkwees (geesgelei) as hul nog relevant wil wees as Christelike kerk. Jesus het nie met geleerdheid gepraat nie, maar met insig en wysheid – dis hoe christene en ook die Ware Christelike kerk behoort te wees. “Wysheid begin met die DIEN van die Here”. Dus meer geloof, minder redenasies soos die teoloë (Fariseërs, skrifgeleerdes, ensovoorts).

God dui ook in die Skrif aan dat die Ware kerk gaan ly. As mens na godsdiens wêreldwyd kyk, is dit slegs die Ware Christelike kerk wat vervolg word en deurlopend aan sy kern bevraagteken word. Dis ‘n duidelike teken dat daar net een waarheid is en dat hierdie waarheid reg teenoor satan se planne staan. Die kompromie gesprekke in die NGK is dus duidelik wat satan wil hê.Die NGK moet opstaan uit sy sonde en die aanslag beveg!!!

  1. 9. PLEIDOOI VIR TERUGKEER NA GOD

Die woorde van Jesus: “Ek vergewe jou, gaan en sondig nie meer nie.”, wil ek die NGK toebid. Met verwysing na die Ou Testament, het die volk soms vir jare “weggekom” met sonde, maar as die straf gekom het, was dit ook jarelange ballingskap. Genadetyd is besig om vir die NGK uit te loop – keer terug na die wese van die godsdiens volgens Rom 12: 1, 2:

“… Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. … Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Die louheid moet besweer word soos in die boodskap aan Laodisea, Open 3:15-20 “Ek weet wat jul alles doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog koud of warm was!

Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg ….

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.”

Die NGK moet sy eie belydenis tot uitvoering bring – dwalinge beveg  soos in die drie formuliere van eenheid uiteengesit.

Die NGK moet weer ‘n huis van gebed word!  Mat 21:13 “(Jesus het) vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed wees’, maar julle maak dit ‘n rowersnes.”

Die sinlose praatjies moet gestop word, soos in  1 Tim 6:20-21 “Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie “kennis” aanhang en so van die geloof afgedwaal het.

Die genade sal by julle wees!”

As daar voortgegaan word op hierdie pad van wêreldse kompromieë, dan is die NGK se leiers ook Fariseërs en skrifgeleerdes (leraars) wat Jesus kruisig!  Dus huigelaars in Jesus se woorde … Mat 23:13-36. God is groter as die NGK struktuur!

Ek glo in ‘n lewende God wat betrokke is in hierdie wêreld, en wil onwillekeurig begin bely:

…Ek glo in die Heilige Gees;

ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges…

Die Heer HET opgestaan! Amen!

BYLAE

  1. A. PROMOSIE MATERIAAL oor POSTMODERNE  ONTLUIKENDE KERK  (“EMERGING CHURCH”) deur WTL (Waarheid teenoor Leuen) BEDIENINGE

“Sedert die vrystelling van die dokumentêre DVD Nuwe Strominge in die Teologie: Word die Hart van die Evangelie Uitgeruk?, het daar heelwat ander strome besoedelde water in die groot teologiese en kerklike see gevloei. Terwyl talle “wagters op die mure” steeds besig is om te waarsku en te stry teen vorige dwaalstrominge, het die mees resente stroom van geestelike misleiding byna ongemerk die Christelike Kerk wêreldwyd oorspoel. Hierdie uiters subtiele postmoderne “herverwoording” van die Evangelie staan bekend as die Ontluikende Kerk (Emerging Church), en is besig om in ‘n toenemende mate ‘n alles omvattende paradigma verskuiwing in elke faset van die Christendom teweeg te bring.

In hulle soeke na “nuwe maniere van kerkwees” in ‘n postmoderne tyd, het verskeie leiers van die Ontluikende Kerk gaan kers opsteek by van die voorste New Age denkers en Intergeloofs-mistici in die wêreld. In sy boek Quantum Spirituality: A Postmodern Apologetic beskryf bekende Emergent- leier Leonard Sweet, New Agers soos Matthew Fox, M. Scott Peck, Ken Wilber en David Spangler as “New Light Leaders” en sê dat hulle sy persoonlike rolmodelle en vernaamste leermeesters is. Rob Bell, ‘n ander baie prominente Ontluikende Kerk-leier, begelei sy gemeentelede in die doen van Joga- oefeninge tydens “eredienste”. Die Hindoe “Joga Meesters”, beweer hy, kan ons leer hoe om waarlik volgelinge van Jesus te wees. In sy boek Velvet Elvis, propageer hy die boek van New Ager Ken Wilber oor “Integrale Spiritualiteit”. (Soos ‘n ware postmodernis sê Wilber op sy webtuiste dat “Integrale Spiritualiteit” die hoogste vlak van spiritualiteit is waar mens ontdek dat jy uitgestyg het bo uitgediende idees dat een Godsdiens waar en ‘n ander onwaar is.) Rob Bell was ook verder ‘n aktiewe deelnemer aan die groot Seeds of Compassion Intergeloofs-konferensie van die Dalai Lama, Boeddhistiese leier van Tibet. Die Emergent leier Brain McLaren, verkondig op sy beurt dat Boeddhiste, Hindoes en Jode “volgelinge van Jesus” kan word sonder om hulle oorspronklike geloof te verlaat en Christene te word.

Talle sg “behoudende” Suid Afrikaanse teoloë en kerkleiers wat nie deur vorige dwaalstrome soos die Jesus Seminar en Nuwe Hervorming meegesleur was nie, het nou blykbaar met groot ywer ingekoop op Emergent. In ‘n poging om die kerk “relevant” te maak vir die postmoderne mens, het hierdie teoloë die deure van die kerk in SA wyd oopgegooi vir Emergent leiers soos Leonard Sweet, Rob Bell, Brain McLaren, Tony Jones, Erwin McManus, ens. In sy boek Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede: Geloofsgemeenskappe in pas met ‘n Postmoderne Wêreld, propageer prof Nelus Niemandt van Tukkies hierdie bg Emergent-leiers, hulle idees en die postmoderne paradigma sonder enige voorbehoude. Onder die opskrif: My kop is geswaai, skryf die bekende prof Stephan Joubert in sy voorwoord tot die boek: “Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers…Sy insigte is asemrowend…” Die Nuwe Drome boek sê hy, is ‘n “absolute juweel…kop-oopmaak materiaal …horison­verskuiwend…sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel…”. Joubert skryf verder: “Nelus het goed daarin geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord!”

Dit is ‘n tragiese dag vir die Kerk wanneer “behoudende” teoloë na wie baie opsien vir leiding, die lof besing van “wolwe in skaapsklere” en die deur van die skaapkraal opgooi vir hierdie sg “mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees”. Of hierdie teoloë dit uit onkunde doen en of hulle presies weet wat hulle doen, kan ‘n mens maar net wonder. Hoe dit ookal sy, die dodelike effek op niksvermoedende lidmate van die Kerk bly egter dieselfde – en dit is nie net die skape nie,  maar ook die lammertjies wat ter slagting gelei word! Nelus Niemandt se Nuwe Drome is nou ‘n voorgeskrewe boek vir teologiese studente. Op die “blogsite” van een van die teologiese studente van Tukkies, ene Cobus van Wyngaard, kan die vernietigende uitwerking van die Emergent- en vorige teologiese dwaalstrome op die geloof en denke van studente duidelik gesien word. Na wat verneem word is sowat negentig persent van die teologiese studente by Tukkies reeds deur hierdie dwalinge meegesleur. Leonard Sweet het ook reeds lankal by Tukkies opgetree en heelwat predikante in SA opgelei volgens die “nuwe” paradigma.

Die misleiding van die Emerging Church word tans op ‘n groot skaal deur die kerklike media in die Suid- Afrikaanse Christelike gemeenskap ingedra. Tydens ‘n reeks programme op Radiokansel het prof Stephan Joubert, dr Gustav Claasen en ander predikante, die insigte van Emergent leiers soos oa Leonard Sweet en Rob Bell voorgehou as die antwoord vir die kerk van vandag. Op prof Jan van der Watt se Bybelprogramme op beide RSG en Radiokansel, het prof Pieter de Villiers, professor in Spiritualiteit by Kovsies, die boeke en kontemplatiewe spiritualiteit van oa Thomas Merton, ongekwalifiseerd gepropageer. Merton was ‘n Intergeloofs-mistikus wat gelyktydig ‘n Rooms Katolieke monnik en ‘n Boeddhis was. Merton het gesê “I see no contradiction between Buddhism and Christianity….I intend to become as good a Buddhist as I can.” Die reeks Nooma DVD’s van Rob Bell vorm die sentrale tema van ‘n nuwe reeks Christelike TV programme op SABC 2 getiteld Ware Noord. Van die mees prominente Christenleiers en teoloë in SA word op Ware Noord gebruik om insette te lewer en positief aan te sluit by Rob Bell se boodskap. In die winkels van CUM Boeke rol die rande in, danksy die blitsverkoper boek The Shack, waarin ‘n tipiese Emergent / New Age verdraaing van die Drie-Eenheid verkondig word. “God die Vader” is ‘n swart vrou wat as “Pappa” bekend staan. Dit herinner sterk aan die Black Madonna en die Vader / Moedergodin van die Paganisme en Shamanisme. Die “Heilige Gees” is ‘n Oosterse vrou genaamd “Sarayu”. Sarayu is ‘n mitologiese stroom heilige water wat uit die geboortestad van die Hindoe god, Rama, vloei. Die “Jesus” in The Shack is ‘n Intergeloofs panteïstiese “Jesus” wat ontken dat hy die enigste weg tot die Vader is. Wêreldwyd is die ganse “Christendom” in vervoering oor die boek – ook hier in SA. Op talle radio- en TV-programme word die boek deur vooraanstaande Christenleiers en teoloë aanbeveel. Dit loop soos ‘n veldbrand deur die land.

Van regoor die land verneem ek van gemeentes waar die dominee die gemeentelede inlei in verskillende vorme van meditasie, kontemplasie, sentreringsgebede, Rooms Katolieke rituele, die loop van labarinte, ens. By een gemeente moes hulle selfs ‘n tipiese New Age “Ek Is” mantra opsê. Orals word Rob Bell se Noomas in kerke vertoon. The Shack word vir kinders aanbeveel in die katkisasieklas. Talle gemeentes skeur uitmekaar agv die “nuwe postmoderne manier van kerkwees”. Die Christene wat onderskei wat aan die gang is, word as “resisters” en “moeilikheidmakers” geidentifiseer en uit die gemeentes uitgewerk, terwyl die slapende meerderheid niks agterkom nie en rustig voortgaan met “kerk”. Daar is talle voorbeelde hiervan. Gemeentelede wat hierdie dwalinge uitwys en klagtes daaroor lê, kom meestal agter dat hùlle in die beskuldigde bank opeindig en die skuldiges vrygespreek word.

Die mees ontstellende aspek van die Emergent infiltrasie, is dat hulle veral die kerklike jeug van die wêreld in hulle visier het. Youth Specialties is ‘n multi-biljoen dollar Emergent jeugorganisasie wat internasionaal opereer. In hulle gratis kursusmateriaal, wat wêreldwyd deur jeugleiers en -predikante van hulle massiewe webtuiste afgelaai word, propageer hulle oa mistieke Oosterse meditasie praktyke, homoseksualiteit en masturbasie. Volgens hierdie webtuiste moet jongmense egter hulle masturbasie na ‘n “dieper” geestelike vlak neem deur hulle gedagtes op “God” te fokus wanneer hulle masturbeer! Toe my eie dogter onlangs saam met die jeuggroep van ‘n groot bekende NG Gemeente op ‘n jeugleierskursus wou gaan, moes ons uitvind dat die betrokke jeugleraar van die opleidingskursusse van Youth Specialties gebruik maak.

DIT HET LAAT GEWORD VIR DIE KERK IN HIERDIE LAND – LATER AS WAT ONS DINK! Ek wil u verseker – die tekens van die groot geestelike afval waarna ek hierbo verwys het, verteenwoordig maar net die punt van ‘n veel groter ysberg van Antichristelike Infiltrasie wat reeds ons ganse samelewing en die kerk deurtrek het. Onthou die waarskuwende woorde van die Here Jesus aan Sy gemeente in Sardis: As jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief…” Ons kan nie langer bekostig om te bekommer oor “die goeie naam” van ons Kerk en sy leiers terwyl ons die Naam van die Here van die Kerk deur die modder sleep nie! Ons kan nie langer ons eie naaktheid met vyeblare probeer verberg en voortgaan om gruwelike Antichristelike dwaalleer toe te smeer en as “Nuwe Teologie” te herinterpreteer nie. Die Skrif sê: “…moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak (Ef 5:11) Ons en ons kinders kan nie langer bekostig om soos blinde volgelinge van blinde leiers na ‘n geestelike afgrond voort te strompel nie. Jesaja het tereg gesê:  

“Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie (OV: hulle merk niks op nie) Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie… Hulle is herders sonder insig…” Oor die tragiese geskiedenis van die geestelike verval van die Kerk van Christus, kan ons maar net die woorde van Hosea 4:6 in groot rooi letters skryf: “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal ek jou verwerp…” Moenie langer onkundig bly nie. Kom sluit by ons aan vir ‘n Inligtingseminaar op Saterdag, 28 Feb 2009 en kom gesels saam oor wat ons nou te doen staan te midde van hierdie krisis in die Kerk. Verdere inligting is hierby aangeheg. èèè Groete in Christus, Sarel van der Merwe,  WTL Multimedia Bedieninge

B.   JESUS SE OPTREDE TEENOOR DIE KERK volgens EVANGELIE MATTEUS

  1. i.      Vals profete 7:15-20

V15 “Pasop vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hul verskeurende wolwe.”

V16 “Aan hul vrugte sal julle hulle ken…”

V17 “…maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte”

V19 “Elke boom wat nie goeie vrugte dra, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

V20 “So sal julle die valse profete dan aan hul vrugte ken.”

  1. Genesing van ‘n melaatse 8:1-4

V4 “Jesus sê… ‘Jy moet vir niemand vertel nie … maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”

  1. Hoe Jesus gevolg moet word 8:18-22

V19 “Skrifgeleerde … sê vir Hom: ‘Ek sal u volg waar u ook al mag gaan.”

V20 :…’Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie.’”

  1. Genesing van ‘n verlamde man 9:1-8

V2 “… Jesus… ‘Vriend wees gerus, jou sondes word vergewe.”

V3 “Party van die skrifgeleerdes het by hulself gesê; ‘ Hy praat godslasterlik”

V4 “Maar Jesus het geweet wat hul dink … sê:’ waarom het julle sulke gedagtes in jul harte?”

V6 “Maar Ek gaan nou vir jul bewys lewer … Seun volmag het… ‘Staan op, vat jou draagbaar…”

  1. v.      Roeping van Matteus 9:9-13

V11 “Toe vra die Fariseërs vir Sy dissipels: ‘Waarom eet jul leermeester saam met tollenars en sondaars?’”

V12 “Maar Jesus het dit gehoor. ‘Die wat gesond is, het die dokter nie nodig nie, maar die wat siek is.”

V13 “Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie… Ek het gekom om nie mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

  1. Genesing van ‘n stom man 9:32-34

V33 :”Nadat die duiwels uitgejaag was, het die stom man begin praat”

V34 “Maar die Fariseërs het gesê:’Dit was met behulp van die aanvoerder van die duiwel dat hy duiwels uitdryf”

  1. Jesus stuur sy dissipels uit 10:5-15

V7 “Gaan verkondig; ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom”

Aansporing om Christus te bely h10:32-33

V32 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader”

  1. Beloning 10:40 – 11:1

V41 “Wie ‘n profeet ontvang, sal ‘n profeet se beloning ontvang… wie ‘n goeie mens ontvang… sal ‘n goeie mens se beloning ontvang.”

Jesus is Here oor die Sabbat 12:1-8

V1 :Jesus… het op die sabbatdag deur gesaaides geloop… Sy dissipels … honger, are gepluk en geeët.”

V2 “Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom; ‘Kyk daar! U dissipels doen iets wat die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”

V3 :Maar Hy sê…: ‘Het jul gelees van Dawid… manne honger… huis van God ingegaan en van die oferbrood geeët”

V6 “Ek sê vir julle: ‘Hier is een wat groter is… Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie”

  1. Man met gebreklike hand 12:9-14

V9 “Jesus het… sinagoge gekom …’Mag mens op sabbatdag iemand gesond maak?’ Hulle bedoeling was om ‘n klag teen Hom te kry.”

V13 “Toe sê Hy: ‘Steek jou hand uit … sy hand was reg.”

V14 “Die Fariseërs het toe uitgegaan…”

  1. x.      Jesus en Beëlsebul 12:22-32

V22 “Fariseër … ‘Hy dryf duiwels uit met behulp van Beëlsebul”

V25 “Jesus het egter geweet wat hulle dink: “Elke koninkryk wat verdeeld is gaan ten gronde”

V28 “Aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, het die Koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom”

  1. Boom word aan sy vrugte geken 12:33-36

V34 “Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor”

  1. Teken van Jona 12:38-42

V38 “Party van die skrifgeleerdes en Fariseërs sê vir Hom: “Meneer, ons wil ‘n wonderteken van U sien”

V39 “Maar Hy antwoord: ‘’n Slegte en afvallige geslag vra ‘n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona (drie dae in ‘n vis … Jesus drie dae in aarde)

V42 “Mense van NInive sal op oordeelsdag saam met mense getuig … mense het hul immers bekeer

  1. Verklaring van die gelykenis van die onkruid 13:36-43

V41 “Die seun van die mens sal sy engele stuur en hulle sal uit die Koninkryk verwyder almal wat ander mense in die sonde laat val het, en almal wat die die wet van God oortree het”

  1. Die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte 15:1-20

V1 “Fariseërs en skrifgeleerdes … vir Hom gevra: ‘Hoekom verontagsaam u disciples die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte?”

V2”Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van jul oorgelewerde gebruike?

V5 “…So ontneem julle die woord van God se gesag ter wile van jul oorgelewerde gebruike. Huigelaars!” Die profeet Jesaja het jule mooi opgesom… ‘Hierdie volk eer my met hul mond, maar hul harte is ver van My af

V9 “Dit help niks dat hul My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie

Jes 29:13 “Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.”

  1. ‘n Twede versoek vir teken afgewys 16:1-4

V1 “Fariseërs en Sadduseërs weer Jesus op dei proef gestel”

V2 “Jesus antwoord … julle weet om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar teken van die tye … nie”

  1. Suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs 16:5-12

V12 “Toe het hulle verstaan dat Hy … bedoel het dat hul op hul hoede moet wees … vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs “

  1. Gesprek oor egskeiding 19:1-12

V3 “Daar was Fariseërs en Sadduseërs wat Hom op die proef wou stel: ‘Mag ‘n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”

V4 “Hy het geantwoord: ‘Het jul nie gelees dat die Skepper hulle van die begin man en vrou gemaak het nie?”

V7 “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou ‘n skeibrief gee, hy van haar mag skei?:

V8 “Hy antwoord “Dit is oor die hardheid van jul harte … dit was nie van die begin af so nie”

  1. Reininging van die tempel 21:12-17

V12 “Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op tempelplein koop en verkoop daar uitgejaag. Die tafels … stoele omgegooi … My huis sal ‘n huis van gebed wees”

V15 “Maar toe die priesterhoodde en skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien … (gesondmaking) was hul verontwaardig.  …Prys die Seun van Dawid (sang) … sê hulle “Hooe jy wat hulle sê? ‘Ja ‘ sê Jesus … kinders, suigelinge … sal U lof sing?”

  1. Vraag oor Jesus se gesag 21:18-22

V23 “… Jesus … tempel; Hy besig was om mense te leer, kom priesterhoofde en familiehoofde van die volk … vra: ‘Met watter gesag doen uhierdie dinge?”

V24 “Jesus … ‘Ek gaan julle een ding vra, as jul My daarop antwoord, dan sal Ek sê met watter gesag … Hulle redeneer to onder mekaar … Johannes van God af … of van mense … hule antwoord ‘Ons weet nie…”

  1. Vraag oor betaal van belasting 22:15-22

V15 “Toe het Fariseërs besluit om Jesus met ‘n vraag in ‘n val te lok. Hulle stuur van hul volgelinge … en Herodiane …’Meneer. Ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek en getrou aan die waarheid die wil van God bekend maak, sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie.”

V17 “… Is dit reg om aan sie keiser belasting te betaal?”

V18 “Jesus het deur hul valsheid gesien …’ Huigelars, waarom stel jul vir My ‘n strik? Wys vir My die muntstuk …wie se kop en naam is hierop?

V21 “”Die keiser s’n … ‘Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behort en aan God, wat aan God behoort.”

V22 “… hulle was verbaas…”

  1. Vraag oor opstanding uit die dood 22:23-33

V23 “Sadduseërs by Jesus gekom … beweer daar is nie ‘n opstanding nie.”

V29 “Jesus antwoord ‘Julle dwaal omdat jul nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie. ‘Ek is die God van Abraham … Isak, Jakob’, ‘Hy is nie die God van dooies nie, mar van lewendes.”

  1. Vraag oor grootste gebod 22:34-40

V34 “Fariseërs … vraag prober vastrek; ‘Meneer wat is die grootste gebod van die wet?
v37 “Jeus antwoord… ‘Jy moet die Here jou God liefhê … naaste liefhê soos jouself”

  1. Vraag oor Seun van Dawid 22:41-46

V41 “Fariseeërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle: ‘Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy. ‘Dawid s’n”

V45 “As Dawid Hom self Here genoem het, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?”

V46 “Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie.”

  1. Jesus waarsku teen skrifgeleerdes en Fariseërs 23:1-12

V1 “Jesus menigte toegespreek … Fariseërs en Sadduseërs   het die gesag om die wet van Moses te vertolk.”

V3 “Julle moet alles doen en onderhou wat hul vir jul sê, maar hul voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hul doen self niewat hul sê nie …:

V5 “Alles wat hulle doen … deur mense gesien te word … gebedsband is groot …ereplekke … rabbi genoem te word.”

V8 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is jul Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is jul Vader: die Vader in die hemel”

V10 “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is jul Leier; die Christus”

V11 “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien”

  1. Jesus veroordeel huigelary 23:13-28

“Ellende wag vir jul skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars. Julle sluit die deur van die Koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder die wat wel wil ingaan.:

V16 :Ellende … wat ander wil lei en self blind is”

V28 “…jul laat na: ‘geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid”

V25 “Ellende … maak buitekant van die beker en skottel skoon, maar binne vol hebsug en on matigheid”

V27 “Ellende … wit gepleisterde grafte … daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerhede”

  1. Jesus kondig straf aan 23:29-36

V29 “Huigelaars … hou grafte van profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes”

V33 “ Julle slange addergeslag! Hoe sal jul ontkom aan die straf van die hel?”

  1. Profetiese rede; rampe en vervolging 24:3-13

V11 “Daar sal baie valse profete kom, en hul sal baie mense verlei…”

V13 “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.”

  1. Profetiese rede: groot verdrukking 24:15-28

V24 “… daar sal valse christusse en vals profete na vore kom, … groot tekens doen… uitverkorenes te verlei”

Jesus wys sy verraaier aan h26: 20-25

V12 “…een van julle sal My verraai…”

  1. Jesus word gevange geneem 26:47-56

V50 “Maar Jesus sê: ‘Vriend, doen wat jy gekom het om te doen”

V52 “Jesus sê ‘Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal met die swaard omkom”

  1. Jesus voor die Joodse Raad 26:57-67

V63 “Jesus het nils gesê nie”

V64 “Is jy die Christus, die Seun van God? Jesus antwoord: ‘Dit is soos u sê’

V67 “Toe het hul in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan”

  1. Jesus word gekruisig 27:32-44

V41 “Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en familie hoofed ook gespot: ‘Ander kan Hy red, maar homself … nie”

  1. Berig van die wagte 28:11-15

V12 “Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Vertel: ‘Sy dissipels … liggaam gesteel.”

V15 “Hierdie storie word tot vandag onderdie Jode vertel”

C. DRIE TIPE MENSE volgens DIRKIE VAN DER SPUY

Herlewingsfees op 24 Januarie 2010 by NGK Moedergemeente Secunda; 1 Kor 3:1-4, 11-15

i.   Wêreldse mense – ongereddes; EK is op die troon; Christus is buite sirkel (lewe)

  • Eie natuur heers
  • Nie wedergebore
  • Nie in Christus

ii.  Wêreldse christene –gered met skade; babas op melkkos; Jesus binne sirkel (lewe) maar EK is op troon

  • Eiewillig – EK is op troon
  • Afgode
  • Sonde
  • Vrees
  • Onkundig
  • Nie Gees beheersd {KEER profesie, in plaas van dit te KEUR}

iii.  Geesvervulde christene – gered met loon; wandel met God

  • Groei geestelik (gee; uitreik; raak mense aan)
  • Bybelstudie
  • Gebed
  • Hoe word ek vervul? Kies vir Gees/ Jesus, vra net (kies teen eie EK). Wat God sê is belangrik, Sy wil – “jul sal my getuies wees”; bly gehoorsaam ,volg Hom!

Open 3;20 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur opmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom feesmaal hou, en hy saam met My.”

Joh 1: 12 “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, diè wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

D.   OP SOEK NA GOD … BUITE DIE KERK? deur ANNES NEL

Onderstaande is aanhaling uit bogenoemde boek:

“Die ware Kerk van Christus bestaan nie uit ‘n spesifieke kerk nie. Die Kerk van Christus bestaan in die harte en lewe van God se kinders regoor die wêreld. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘kerk verlaat’ en “Kerk verlaat”! Eersgenoemde is nie altyd gewens nie, maar ook nie altyd ongewens nie. Laasgenoemde is ‘n doodsvonnis.Die groot kuns sal wees om ons mensgemaakte kerkstrukture ‘n weerspieëling van God se Kerk in die breë te maak, sonder kompromieë. Dan sal daar dalk ‘n meer herkenbare ooreenkoms tussen die lyste van kerklidmaatskap en Kerklidmaatskap wees (Respondent)”

E.   PLASTIEKKANSEL CD deur PROPHET

(Koos van der Merwe, Theo Geyser @MAR Gospel Music Publishers)

2 Tim 4:3, 4 “…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle wend tot fabels.” Prophet se vertaling: “In die laaste dae sal die tempelmafia die ore streel & harte in plastiek verander…”

Plastiekkansel (woorde van liedjie)

“Plastiekkansel, plastiekkansel

Die kansel van plastiek

Die half miljoen se akoestiek

Die kleredrag boetiek

Interieur uniek

En tog die hart is siek

Sukses met statistiek

Stygend is die geldgrafiek

Die preek is byna kanoniek

Met afgeronde retoriek

En tog die hart is siek

En hoor die gees musiek

Met metronoom gekliek

Niks is hier mankoliek

Niks is hier eksentriek

En tog die hart is siek

Hoor die Heer se repliek

Hoogmoed in die heilsfabriek

Verborge foute so klassiek

Die sonde is antiek

En o die hart is siek

Want harte is nie reg nie

As harte nie gebreek is nie

En harte is nie reg nie

As dit nie broos en week is nie”

Slegte pelle? Great!

February 21, 2010

Iewers in die gesprek met my belydenisklas kom die vraag op: “Wie van julle het slegte pelle?” ‘n Klomp hande gaan op. Eintlik is dit almal se hande wat opgaan en ek smile. Ek smile want ek kan sien, hier kom ‘n ding. Wat dink gaan kos en baie gesels. En amper net soveel wyn. En baie bid, om te verstaan.

Die volgende een is vanselfsprekend. “Hoekom is hulle sleg? Wat doen hulle?” Almal wil-wil gelyk praat. Ek kom agter, hulle is eerlik en opreg- soos net die jongklomp kan wees: Hulle vloek, hulle rook en drink. Hulle slaap rond…

Ek begin dadelik met myself ‘n gesprek (en hoop om dit hier voort te sit, so gee maar jou mening). Hoe meet ons mense? Wanneer is iemand werklik goed of sleg? Kan ons hoegenaamd die besluit op onsself neem? Ek ken baie mense wat “sleg” is, maar eintlik is hulle so goed. So genuine in hulle omgee vir ander. Ja, hulle vloek, hulle rook en drink en ja, party van hulle slaap rond, maar…

Ek ken ook “goeie” mense. Mense wat bykans geen drank gebruik nie. Niks. Hulle haat rokers en rook, is omgewingsvriendelik, hou altyd by die padreels, glimlag vir almal, skud blad en vra altyd: hoe gaan dit? Die Bybel is heilig en moet na geluister word, die kerk is goed en die dominee nice. Hulle slaap nie rond nie, maar…

Feit bly staan, daar is “goeie” mense en “slegte” mense daar buite. Wie is wie? Nee, regtig. Dink bietjie daaroor. Wie is werklik wie?

Ons meet mense met ons eie standaarde. Menslikes. En ek weet, ons almal weet eintlik dis nie hoe dit werk nie; dis nie reg nie. Maar ons hou daarmee aan. Ons ken die Sondagskool antwoord, maar ook net in ons koppe. Slegte mense is mense wat rook en drink en hoereer en drugs gebruik en vloek en lieg en… Noem maar op. Goeie mense is die mense wat nie daai dinge doen nie; of dit net min doen; of net goed genoeg kan voorgee dat hulle dit nie doen nie.

Ek ken slegte mense. Mense wat al die bogenoemde en nog wat doen, maar wanneer dit by omgee vir ander kom kan niemand by hulle kers vashou nie. Hulle het ‘n liefde vir mense, harte wat bloei vir ander se swaarkry, siele wat huil by ander se trane. Hulle gee en help en leef saam met die Stukkendes, die Eensames, die Hongeres en Armes. Hulle het selfs ‘n hart vir die Goeies! Kan jy glo?

Ek ken goeie mense. Mense wat glad nie die bogenoemde doen nie. Hulle praat nie eens daaroor nie, maar wanneer dit omgee vir hulleself kom kan niemand by hulle kers vashou nie. Hulle het ‘n liefde vir hulleself en hulle eie, hulle harte bloei vir hulle swaarkry, hulle siele huil by hulle eie trane. Hulle moet tog net nie stukkend, eensaam, honger of arm wees nie. Hulle het nie ‘n hart vir die Slegtes nie. Dit kan jy glo.

Feit bly staan, daar is “goeie” mense en “slegte” mense daar buite. Wie is wie? Nee, regtig. Dink bietjie daaroor. Wie is werklik wie?

Richard Dawkins is van mening dat omgee vir ander, eintlik ‘n evolusionere ding is. Ons gee vir ander van ons spesie om, omdat dit die voortbestaan van die mens verseker. Dit help ook dat ander dalk weer op hulle beurt na ons sal omsien. Survival instinct! Daarom is mense goed. Eintlik deel van die selfish gene. Ons het dus nie God nodig om goed te wees nie. Kyk hoeveel ateiste reik uit na ander wat in nood verkeer.

En hy’t ‘n punt beet. Nie die survival instinct deel nie- dalk tog?!. Maar daar is net soveel mense wat ander koelbloedig vermoor uit selfsug. Die punt wat hy aanraak is die vraag wat hy glo hy het beantwoord: Het mense God nodig om goed te wees?

Ek wonder: “Wat het die Fillipyn en die Amazone-Indiaan met my survival te make? Hoekom worry ek oor die ouens in Haiti wat onder die rommel le? Dalk het dit iets te doen met dit wat ons almal in gemeen het, mens-wees; my mens-wees? Dat ek na God se beeld geskape is, en hy ook? Dat wanneer hy seerkry, honger is, eensaam is en stukkend rondloop, God self ook seerkry, honger, eensaam en verwond is. En omdat God dit voel, voel ek dit ook?

Om Dawkins te antwoord moet ek ‘n vraag vra. “Staan dit God nie vry om ook ateiste te gebruik om vir mense te sorg nie? Al besef hulle dit nie. Al glo hulle nie in sy bestaan nie.”

Ons skep baie maklik die kategoriee van Goeies en Slegtes; gemeet aan menslike standaarde. Ek vra myself: wat het rook en drink en al die ander dinge te make met die raaksien van God se beeld in ander mense? Is dit werklik die dinge wat ons met blindheid slaan? Of is dit eerder ons eie reels en standaarde?

Het ons God nodig om aan ander goed te doen? Nee. Het ons God nodig om sy beeld in ander raak te sien? Ja. Beslis! En dan kan ons nie anders as om daarop te reageer nie.

Feit bly staan, daar is “goeie” mense en “slegte” mense daar buite. Wie is wie? Nee, regtig. Dink bietjie daaroor. Wie is werklik wie?

Is die Goeies nie dalk die wat tussen die rookwalms en bier, die vloek en die leuen die beeld van God in ander raaksien en dit dien nie? Is die Slegtes nie dalk die wat tussen mesgemaakte reels en standaarde verdwaal en die beeld van God in ander miskyk nie?

Ek wonder, so Padlangs, waar staan ek? Onder watter sambreel en opskrif? Ek wat so maklik die foute van ander kan uitwys en net so maklik al klaar weer kategoriee geskep het…

Sien ek God se beeld in ander?

Boontjie kry sy loontjie – of nie?

February 16, 2010

“Wys jou net hoe diep is die hele verdienste-konsep by mens ingegrawe.” Ware woorde van ‘n pel van my, nadat ek hom vertel het hoe ek voel. Ook maar mens… Ekke.

My vrou is al ‘n maand lank in die hospitaal. Komplikasies met die swangerskap en tekens wil-wil wys dat die kind eerder vroeer as later sy opwagting gaan maak. Die koms van ‘n langverwagte kleintjie behoort begroet te word met opwinding, afwagting en smiles to match. Is mos?

Wel… Hoe kan ek dit sagkens stel? Ek is erg bekommerd, benoud en verward. Wat as die lightie eerder vroeer kom as later, soos wat dit lyk gaan gebeur? Wat van sy ontwikkeling en kanse op survival en al die dinge wat daarmee saamgaan? ‘n Ou ontwikkel tot ‘n grensgeval op die skaal van panic! Jy worry, wonder en vra vrae wat nie normaalweg by jou opkom nie.

Hoekom nou dit?

Wanneer het ek waar en wat verkeerd gedoen? Het ek iewers iemand te na gekom? Iets verkeerd gese? Is dit iewers in die verre verlede? Wat?! Sal ‘n goeie daad of drie dalk die Guns in my rigting laat swaai, die Skaal na my kant toe laat tip? Wat van bid? Meer, harder, aanhoudend?

Hoekom ekke? Ek is tog ‘n goeie mens, dan nie? Ek probeer hard om oraait te leef, niemand skade aan te doen nie, aan ander goed te doen waar moontlik en… En, ek is immers ‘n predikant! Ek doen God se werk! Hoekom ek?! Ek verdien mos nie dit nie?

En dan wonder ek. Wat van die mense wie se dogtertjie gister in die swembad geval en later in die hopitaal dood is? Of die ouers wat hulle kind ‘n paar honderd meter van hulle huis af dood in die straat aantref ? Of die man wat moet please explain hoekom hy skielik sy werk verloor het, vir g’n skynbare rede nie? Die vrou in Benoni wat deur grasdakwerkers verkrag is, helder oordag?

Hoe voel hulle? Wat gaan hulle deur en hoeveel te meer vra hulle nie wat ek wil weet nie? Hoeveel keer harder skree hulle nie ten hemele nie? Wat het hulle gedoen om dit te verdien?

En al die ander miljoene daar buite?

“Wys jou net hoe diep is die hele verdienste-konsep by mens ingegrawe.” Ja… Is my antwoord.

Laat ons eerlik wees oor hoe ons is, ek en jy. Padlangs, saam.

Ons is goeie mense daarom moet dit met ons goed gaan. As jy sleg is en stront aanjaag sal jy daarvoor betaal; dan verdien jy jou ongeluk, suipgat! Jy kry wat jy verdien- op die ou einde.

Ons dra dit in ons geloofslewe ook in, ek en jy. Ja, glo ons, God het ons gered. Nee genuine, Hy het. Maar…

As ek so na myself kyk en luister, dan besef ek hoe groot hierdie maar eintlik is. Hoeveel keer doen en se ek nie dinge om net seker te maak ek hou Hom tevrede nie? Want se nou net iets gebeur? Miskien, net miskien kan ek seker maak Hy help my uit my penarie, sorg dat dit of dat nie gebeur nie. Sorg dat my geloof en my redding nog okay is, nie? Sorg dat ek kry wat ek verdien…?

Moeilike woord hierdie. Verdien. Ek is seker die Groot Boek se dat ek niks verdien of kan verdien nie. Dat niks regtig van my afhang nie. Niks nie. Dat wat ek het en wie ek is eintlik van die Gewer af kom. Ook my redding. Tog vind ek myself gereeld waar ek op die punt staan om dinge aan te vang of kwyt te raak in ‘n poging (meestal onbewuste poging) om iets by my verlossing te voeg. Om seker te maak ek verdien om gered te word! Net in case, jy weet? In case die Redder nie al die bases cover nie. Mens weet nooit!

Dan het ons die cheek om te se, ons glo. Ja, die Man aan die kruis het alles betaal. Hy het my verlos. Ek is Syne. Bla, bla, bla…

Wys my dade en my woorde en my gedagtes dit? Trust ek genuine die Boek van Beloftes? Die Belofte Self: Jy is Myne, niks sal jou uit my hand ruk nie; Ek is die Lewe… Weet ek dat ek Syne is en dat ek niks verdien of kan verdien nie? En dat dit okay is? Dat al die bases ge-cover is? Dat dit wat Hy gee absoluut verniet is? Dat selfs my vertroue en geloof in Hom ook van Hom af kom? Dat Hy eintlik alles is? Verlosser, Liefde, Vergifnis, Genade, Geloof… dis Hy!

Nee, dit doen nie.

Ek verdien nie dat my vrou alleen in die hospitaal moet wees vir, God alleen weet, hoe lank nie. Ek verdien nie om te worry oor my ongebore lightie en sy groei en gesondheid nie. En…

Ek verdien nie dat die Oor na my ge-moan en groan luister nie. Ek verdien nie dat die Hand na my vrou en kind omsien nie. Ek verdien nie Sy beskerming op my weeklikse Pretoria trip nie. Ek verdien nie die Verlosser, Liefde, Vergifnis, Genade of Geloof nie.

Eintlik behoort ek nie eers hierdie Pad te stap nie, maar ek is gekies. En dis al wat tel…

Ken jou donkerkant?!

February 3, 2010

Die laaste week of wat het gesprekke met lidmate (oud en jonk), kerklos en kerkloos mense nogal heelwat van my gedagtes stimuleer. Van my vrae en twyfels beantwoord en my laat besef, ja, ons is almal maar mense wat kopkrap en  wonder.

Hoekom is mense so skynheilig? Hoekom dra ons almal die masker: ek is oraait? Hoekom gee ons so voor? Ons lieg vir die wereld en mekaar; onsself!

Iewers, diep binne ons, is iets wat ons vertel dat ons nie mag swak, feilbaar of gebroke wees nie. En as ons dit wel is, dan is ons op een of ander manier “minder” as die res. Slegter, nie goed genoeg nie, mislukking.

Almal met wie ek gesels het, het hierdie gedagtes gehad. Almal.

Nou wonder ek: Wat soek ons in die kerk? Wat soek ek in die kerk op Sondae oggende? Want wat duidelik na vore kom in die gesprekke wat ek gehad het, is dat ons die bogenoemde ook in die kerk ervaar. Mense kyk vir mekaar en wonder. Ons check mekaar uit en fluister in mekaar se ore, oppad huistoe na die diens. Ons bespreek kleredrag, optrede, vals singery ens van die wat ons die oggend gesien het. En wie weet, hulle bespreek dalk ook vir ons? Iewers het ons ‘n ongeskrewe, ongepubliseerde en ongesegde idee van hoe mense moet lyk- binne en buite die kerk. En as jy nie inpas nie, dan’s daar iewers fout. Groot fout. Dalk met jou geloof?!

Ek reken ons sukkel om met onsself eerlik te wees oor wie en wat ons is. Vrajouself die vraag en beantwoord dit eerlik en opreg- tog net vir jouself: WIE IS EK?

‘n Proffie wat vir my klas gegee het, het eendag die opmerking gemaak: Jy ken jouself net waarlik, as jy jou donker kant ook ken…

Nogal iets om oor te dink! En ek het in die jare daarna geleef met die missie om my donker kant ook te leer ken, want ons ken almal ons goeie kant. Nie waar nie? Luister maar na jou eie gesprekke met ander… Wel, dankie Prof! Ek verstaan myself so bietjie beter. Ek’s nie meer so ashamed om na myself te kyk en die foute en shortcomings raak te sien nie. Ek kan ander in die oog kyk en erken, ja chomma, ek het. Ek was daar. Ek’t dit ook gedoen. Nou leef ek makliker met ander saam, en met myself. Ek verstaan hulle en het vir hulle ruimte, ook vir myself. Ek’s meer relaxed. Ek lag meer vir myself. Ek kan ander makliker troos. Ek gee moeiliker voor. Die masker kom bietjie vinniger af. Ek is ek en jy is jy en ons is almal net mens…

Miskien is dit hoekom mense soms wegbly van die kerk af? Dis die bymekaar kom plek van die heiliges, die goeies, die perfektes, die sondeloses, die wat hulle wenkbroue so hoog kan lig. Dis dalk hoekom ekself soms escape. Dis net asof die ou in die kroeg makliker met my chat as die ou wat my by die kerk groet. En tog kry ek hulle ook in die eredienste, en dan smile ons vir mekaar met ‘n oog wat getuig van solidariteit.

Is dit hoekom jongmense so skaars raak? Hulle soek aanvaarding en respek. Hulle soek iemand wat saam met hulle die pad gaan stap sonder om kommentaar te lewer. Sonder iemand wat performance soek. Hulle soek dalk net fellowship, maak nie saak met wie nie. By die kerk is dit skaars, vra my…

Ek sal die ys breek: Ek sukkel ook!

Ek hoor van die dominee/pastoor wat vertel dat die Here elke dag met hom praat. Ek besluit opslag dat ek ook die Here so wil hoor. Nou die oggend sit ek in die studeerkamer, heel gewyd en in stilte. Die Bybel is oop en ek bid: Here praat met my… Vyftig minute later sit ek steeds en bid en wag en al wat ek hoor is die karre wat by my huis verby jaag. Ek hoor ook nie elke dag die Here nie. Meestal moet ek Hom gaan soek. Hy kruip weg en hou sy lyf skaars. Soms gaan dae verby en daar’s niks. Jy is nie alleen nie, ek stap saam met jou, Padlangs. Ons is nie alleen nie, almal stap saam ek en jou, Padlangs.

Bonhoeffer, ‘n Duitse teoloog wat tydens WWII ge-execute is omdat hy deel was van ‘n conspiracy om Hitler te vermoor het my iets geleer van menswees. Hy reken God het ons geskep om net een ding te wees, MENS. Hyself het kom mens word om sy solidariteit met ons te kom bewys. Hy kom wys ons dat daar net een ding is wat ek en jy kan wees en dis mens. As ons ten volle mens is, dan eer ons God. Maar wanneer ons bo ons menslikheid wil uitstyg, wanneer ons iets anders try wees as mens, dan pleeg ons sonde!

Kom ek en jy wees eerlik met mekaar. Kom ons deel ons menswees, volledig, alles. Ons hoef nie pelle te wees nie, nie best buddies nie, maar kom ons kyk mekaar in die oog en erken: ek is nes jy! En smile dan…

Kom ons fight teen skynheilig wees. Kom ons deel ons foute, tekortkominge en gebrokenheid.

Jou sondes is my sondes. My sondes is ook joune. Ek is nie altyd so genuine happy nie. Ek score nie altyd met die girls nie. Ek’s nie die niceste ou nie. Soms lieg ek en soms vloek ek. Soms is ek lui en ander kere weier ek net plain weg…

Hoe lyk dit, mens? Kom jy saam, Padlangs?

‘n Bier saam met Jesus!

February 1, 2010

“Dit is Donderdagaand. Dis nogals laat, seker so 22:30.  Ek en ‘n pel sit in Pretoria, in ‘n kroeg. Nou net hier ingestap, op pad huis toe vanaf die hospitaal waar my vrou le. Ons besluit om vinnig ‘n bier te drink en dan te gaan inkruip. Hier langs my sit ‘n vrou*, maar jy kan sommer op ‘n afstand sien sy het jare aan haar kant; miskien ‘n paar ander dinge ook. En baggage. Tonne daarvan!”

“Ek is moeg en nie baie lus vir chat nie, daarom die bier en dan die bed. Skielik gewaar Johnny V ‘n ou wat hy jare gelede mee saam gekuier het en hy gaan groet. Hulle raak aan’t gesels en daar sit ek… Raai wat? Ek het geweet dit gaan kom… Sy draai na my kant toe, groet en begin gesels. Sy worry nie wie ek is, waar ek vandaan kom of wat ek hier soek nie. Nee, sy gesels. Sh#*t, dink ek. Ek’s nie lus vir hierdie storie nie. Dronk mense is almal dieselfde: sit en suip en later wanneer die dronkverdriet hulle wil omsingel, is God wonderlik, hulle miskien  die pad ietwat byster, en tog vreeslik lief vir Hom. Die Here weet!”

“My antwoorde is kort, nie onbeskof nie. Net kort genoeg om jou te laat weet ek is nie lus vir chit-chat nie. Ek wil my bier drink en waai! Ek gooi ‘n oog om te kyk of ek Johnny V se aandag kan trek; die regte skelm kop knik sal hom laat weet: tyd om te skuif. Dit gebeur nie…”

Dis mos hoe ons is. Ons almal. Kyk mense so deur, weeg hulle op die een of ander skaal. Mensgemaak, effens krom, die teenwigte werk saam met ons mood-swings… Jy weet waarvan ek praat.

My skaal weeg op ‘n afstand. Sommer met die intrapslag kon ek al sien, die girl is nie lekker nie. Iets is fout. Die rooi liggies gaan aan; bly weg. Sy lyk deurgetrap, moeg, op, sif, vuil en boonop getrek ook. Onversorg, plooie, olierige hare, los bloes of hemp of wat ookal… Jy weet hoe lyk sulke mense. Die drop-outs. Die slap-gatte wat net rondloop vir kwaadgeld, bedel en dalk iewers ‘n los plesiertjie. En my mood is nie lekker nie. Sy score ‘n ronde nul!

My bier word aange-pass en my gedagtes begin loop. Ek wonder hoe het die Timmerman gelyk het? Was hy vir die girls ‘n stunner? Was sy hare elke dag gewas, sy klere oraait? Hoe het sy asem geruik? En sy voete? Was hy die tipe ou met wie ek sou wou chat in Nasaret se local pub? Of nie? Ek wonder…

Soos ek dit verstaan was hy nie regtig die local hero nie. Glad nie! Inteendeel, sy tipe was van die soort van wie jy liewer weggebly het. Jy’t sou net met hom chat as hy jou stoel regmaak, of ‘n nuwe ring-seat op jou toilet sit, tafel afskuur, of so iets. Maar chat-buddies? Nooit! So, het jy hom in die kroeg gesien, dan het jy liewers by jou pelle gaan staan en gesels oor die paaie wat te klipperig is terwyl die res van die wereld s’n geplavei is, die prys van vis wat onbeheerbaar styg, die kerk wat aanhou geld vra, die volk wat nie tot rewolusie wil oorgaan nie, en vrouens… Terwyl julle lag oor hy cheap drank drink. Met sy vuil hare, skurwe voete, geskifte klere en rough looks. Ga! Mens shower darem eers voor jy uitgaan.

Dietrich Bonhoeffer reken ons moet onsself vra: Waar is Jesus? Sy antwoord is eenvoudig. Straight forward. So eenvoudig dat dit die wind uit my seile haal. God is slegs te vinde in verhoudings! God kan op geen ander plek wees as binne verhoudings nie. God kan nie buite verhoudings om bestaan nie! Bare with me…

God skep die mens om met hom in verhouding te wees, reg? Van al die skepsels is dit ons wat met Hom kan praat en redeneer. Net ons staan in ‘n verhouding met Hom. Ons staan ook in verhouding met ander mense, reg? Hoekom anders is Mamma Eva geskep? En al die ander daarna? En ons staan in verhouding met die natuur, right? Dus, die enigste manier om Hom te ken is in verhoudings; die enigste manier wat ander Hom kan ontmoet is in verhoudings. Die enigste manier om Hom te eer is in… Verhoudings!

Hier sit die vrou toe nou, en ons begin gesels. Ja, ek ook. Want iewers  binne-in my hoor ek Dietrich se stem. Nee! Iewers hoor ek ‘n Ambagsman se woorde wat praat van naaste liefde, van omgee vir die armes, die weduwees en die weeskindertjies, van aanvaarding van die verwerptes. Ek onthou dat die Ambagsman uitgeskel is vir ‘n vraat en ‘n wynsuiper. En ek bly sit…

Later kry ek nog ‘n bier en ek sit. Want ek kuier saam met Jesus; met sy vuil hare, deurleefde klere, ge-chipte naels en gebarste lippe. Want ek is arm… Aan liefde, aanvaarding en omgee vir ander.

*Henriette. Sy is ‘n gerehabiliteerde heroin-verslaafde wat God ken. Genuine. Haar looks het my valsheid ontbloot. Haar liefde vir mense (my) en hulle stories (ook myne), het my teruggebring. Thanks, Henriette! Jy stap saam met my, Padlangs.

Oop oog en half gesig, stap jy saam?

Januarie 21, 2010

Dis nou al lank dat ek hieroor wonder, moet ek of moet ek  nie? Dis nou begin met ‘n blog. Uiteindelik hierdie week het ek besluit om dit wel te doen. Dis nou met ‘n blog…

Die motivering hier agter is meer-ledig: Eerstens wil ek eksperimenteer met die jeug; sal hulle my journey volg? Sal hulle padlangs met my saamgaan as ek iets van myself met hulle deel? Oor geloof, twyfel, vrae vra, my joys en sorrows ens? Tweedens wil ek iets “deposit”, neersit of plaas. Iets gee vir ander om oor te dink, hulle help om meer eerlik te wees oor hulle eie menswees en wat dit alles insluit. Derdens is dit miskien ‘n poging om Christene te help om na hulleself te kyk; om my te help om ook na myself te kyk en te besef maar ons is almal dieselfde. Almal net mense, almal onperfek maak nie saak hoeveel ons voorgee nie, elkeen met ‘n kruis- sommige van ons het selfs dalk dieselfde kruis… Vierdens is dit omdat ek ook soms net wil eerlik wees, striaght forward sonder om enige politieke of social game te speel. Vyfdens omdat ek dit sal like as ander mense wat ook so voel, dalk inspired sal wees om ‘n bydrae te lewer tot my lewe en denke en al die ander dinge wat ek reeds genoem het.

Vanwaar die Padlangs?

“Attack me, I do this myself, but attack me rather than the path I follow and which I point out to anyone who asks me where I think it lies. If I know the way home and am walking along it drunkenly, is it any less the right way because I am staggering from side to side!”

Hierdie woorde van Tolstoy was die inspirasie agter die naam van my blog. Ek is op reis erens heen. Ek volg Iemand. Ek try, laat ek dit eerder so stel. Ek is soms op die pad en soms nie, soms naby die pad en soms nie. As jy my soek sal my my wel daar kry; daar waar ek myself meestal vind, Padlangs.

En as ek die Heilige Boek reg verstaan, dan vertel die stories ons iets van menswees, iets wat ons almal is, iets wat geeneen van kan ontsnap nie al gee ons hoe ookal al voor- ons is almal iewers opreis, Padlangs.

En as Jesus se woorde waar is, wanneer Hy stories vertel oor paaie en waarheid en lewe, dan moet die p ‘n hoofletter wees…


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.